oor theunis pienaar

Ek kom van Port Elizabeth.

Ek is gebore op George, maar ek het nooit daar gewoon nie. Dit was die naaste dorp aan Hartenbos met ‘n ordentlike hospitaal.

In 1989 skryf ek Matriek by Andrew Rabie Hoerskool.

Ek is hoofseun. Voorsitter van die CSV. Redenaars en Debat kampioen in die Oos Kaap.

Ek kom deur met ‘n gebrekkig C-simbool.

Ek speel slot vir die skool se 2de Rugby span.

Ek dink nie my Pa het my een van die twee al vergewe nie.

Na skool is dit diensplig. My looitjie val op die Vloot en goeie tye wag op my in Saldanah Baai en Simonstad.

Ek doen ‘n BA-graad aan die Universiteit van Port Elizabeth. Grieks. Hebreeus. Sosiologie en Bybelkunde.

Dan Bloemfontein toe. Ek gaan predikant word. En van Bloenfontein af al die pad noord tot op die Botswana-grens om die oorgang te maak van proponent na propperse dominee in die klein dorpie Bray.

Goeie jare.

Mooi jare.

Saam met mense wat is soos die wereld waarin hulle woon: eindeloos.

Maar tuisdorp roep en in 2002 kom ek en my Zuko en ons twee kinders terug na Port Elizabeth.

Nog ‘n gemeente van die NG Kerk.

En dan ‘n vrye Kerk vir amper twee jaar.

En dan radio.

Vir amper agt jaar.

Wat ‘n belewenis. Om media te probeer skep wat werklik onafhanklik is van staat en kerk.

En in die proses te sien hoe mense blom en word en vorder.

En in die proses te besef, ‘happiness’ is elkeen van ons se grootste, diepste behoefte.

Wit, swart, bruin, geel.

Christen, Jood, Moslem.

Getroud en ongetroud.

Jonk en oud.

En ek begin daaroor lees.

En ek begin daaroor praat.

En ek begin daaroor skryf.

En dan kry ek kans om dit te studeer.

En ons pak ons huisie op. En ons verkoop ons erf-goedjies. En ons pak die reis na die verre noordelike Ooste aan.

Jiamusi in China.

Hier lees ek antieke skrywers se gedagtes oor ‘happiness’ en gee klas om die pot aan die kook te hou, leer Chinees en leer van lewe in ‘n wereld onbekend.

En dis waar ek nou is.

En ek hoop

dat iewers

op een of ander manier

die mense van my saad

sal ontdek dat ons nie hoef te haat

om te wees

en te leef

en te deel.

Dat ons ‘happy’ kan wees, sonder afguns of meerderwaardigheid.

‘Happy’ ten spyte van ons bitter-soet geskiedenis en al die ‘kennis in ons bloed’.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s