oor Frans Reisema

Frans Reisema is ‘n fiktiewe karrakter.

Dit gese, die goed wat hy dink en beleef, dit is gebaseer op werklike gebeure, en tog bly dit fiksie, want wanneer ons ‘n storie vertel, is dit ‘n storie en nie werklikheid nie.

Ek is dankbaar vir Frans, hy stel my instaat om oor goed te praat wat miskien buite perke is, of waaroor ek te bang is om te praat – en, die vryheid van ‘n storie gee my die geleentheid om te vertel op so ‘n manier, dat ten minste ek dink dis eerlik en sonder voorbehoud.

In elk geval, ek hoop jy geniet Frans se stories.

Hy reis maar.

En in sy reis leef hy.