Die Storie van Oom Braam, Sipho, Andries en Thembi

Miskien is die storie oor Oom Braam?

Miskien is dit oor Sipho, Andries en Thembi.

Miskien is die storie oor Iemand heeltemal anders?

Hoe dit ookal sy, dis die moerse saamtrek in Bloemfontein, nou onlangs (April 2017), wat Frans herhinner aan Oom Braam-hulle.

Veral die ding wat Oom Angus gese het: we go home to put our house in order, we put the Bible first, the change starts with us.

Dit was 1990 toe Frans vir Oom Braam ontmoet het, daar, ver, in die ou Kalahari.

Teen daai tyd was Oom Braam al ‘n suksesvolle boer.

Hy’t die wins gehad van die stabiliteit van die 70’s en die vroee 80’s.

En van ‘n Pa wat voor hom geboer het.

As’t ware pad vir hom gemaak het.

Op grond wat die Ingelse Regering uitgesit het, na die 2de Wereld Oorlog.

Sy Pa was Italie toe vir die Queen en die 3000ha, dorsland, sonder water of pad of kamp of heining of huis of stoor, dit en ‘n paar beeste was Oom Braam se Pa se beloning.

Nie net syne nie.

‘n Paar ander ‘die-hards’ sin ook.

Natuurlik met die verwagting dat hulle kos sal produseer, en voedsel sekuriteit sal skep vir ‘n Empire oor wie die son nooit sak nie.

Hulle het met die beeste, ‘n ou hout wa, ‘n paar flenter tente en de nodigste voorade uit Vryburg pad gevat plaas toe.

Oom Braam se Pa het nooit oor die oorlog gepraat nie.

Hy’t darem sy jong vrou, twee perde, ‘n paar donkies en ‘n handjie vol arbeiders ook saam met hom gevat.

En hy’t geboer.

Poste gebou.

Kampe gemaak.

Leeus en luiperds en jag luiperds en Wilde Honde en Weer Wolwe wat sy kallers wil vang en sy beeste wil verniel verjaag en geskiet en gejag en ge’trap’.

Toe Braam oppad was, so teen 1950, toe staan daar al ‘n huisie en ‘n stoor.

En in die stoor ‘n paar implemente.

Op ‘n droee land het mielies gelowig gegroei.

En die handjie vol beeste was al mooi besig om te ontwikkel in ‘n kudde.

Teen die tyd dat Oom Braam skool klaar gemaak het, het die 3000ha gegroei na 6000, die huis was geriefliker en die kudde beeste het ‘n gieie bydra gemaak tot voedsel sekuriteit.

Toe Frans Oom Braam ontmoet, was Oom Braam se Pa semi-retired en die boerdery het seepglad geloop op 12000ha met ‘n kudde van 1200 koeie.

Oom Braam se twee seuns was al op Universiteit – die 1stes in sy gesin om te werk aan ‘n graad en sy dogters was in die laaste jare van skool.

Die kinders met wie Oom Braam as kind gespeel het, het hom nie meer klein-basie geroep nie. Hulle het groot geword, nes Oom Braam, en hulle kinders het groot geword saam met Oom Braam se kinders, en terwyl Oom Braam se kinders in Bloemfontein uithang in De Ja Vu, het hulle kinders gehelp om 1200 beeste te versorg.

Jy kan dink, kalf tyd was ‘n bedrywigheid en speen tyd ‘n gedoente.

Oom Braam het gespog met 98% kalf syfer, jaar in en jaar uit.

Sy beeste het rekords gebreek en pryse gewen.

Hormone en voere en anti-biotikas het hom help winste maak waarvan sy Pa nooit gedroom het nie.

En toe’s Oom Braam eendag Bloemfontein toe om na n nuwe trekker te gaan kyk, sy seuns te groet en oor Harrismith huistoe te mik, want daar was ‘n ou wat ‘n bul gehad het waarin Oom Braam belang gestel het.

1200 koeie het ‘n hele paar bulle nodig en om kwaliteit vleis te boer, moet jy bele in kwaliteit bulle.

In Bloemfontein het alles glad geloop.

Die nuwe MasseyFerguson sou dalk op die plaas wees nog voor Oom Braam.

In Harrismith het dit anders afgeloop.

Niks fout met die bul nie.

Die is gekoop en gestuur.

Maar die aand, toe’s daar ‘n ou wat Oom Braam se om saam met hom stadsaal toe te gaan. Hoe hy dit reggekry het en wie presies hy was weet niemand tot vandag toe nie.

Moet my nie verkeerd verstaan nie.

Oom Braam was nog altyd ‘n goeie ou.

Sout van die aarde.

Maar Sondag oggend was vir Kerk.

Elke ander oggend was vir werk.

En in die aand het Oom Braam ‘n Braamfyn verkies bo ‘n Sondagskool les.

In elk geval – Oom Braam het gegaan, en niks was ooit weer dieselfde nie.

Hy’t by die huis gekom, sy vrou in die bakkie gelaai en met haar ‘n ver end die veld in gery.

Daar, onder ‘n groot ou Kameel Doringboom, het hy in die koelte van die laat middag parkeer en naderhand sy hart leeg gemaak.

Hy’t haar vertel.

Waar hy was.

Wat hy gehoor het.

Wat in hom gebeur het.

Sy was verlig.

Sy dag sy’t kak aangejaag, of na 22 jaar se gedeelde lewe het hy besluit sy moet ingeruil word vir ‘n nuwwer model.

‘Ek dien net myself’, se hy vir haar.

‘Die man, daar in Harrismith, hy het gepraat oor die ‘ryk jong man’ wat by Jesus gekom het.

‘Vir hom gevra het wat hy moet doen om hom te kan volg.

‘En toe se Jesus vir hom, gaan verkoop al jou goed, gee die geld weg, en kom dan terug.

‘Fokkit, Bessie.  Ek’t daai storetjie al 20 maal gehoor.  Maar nou die aand.  Daar in die saaltjie.  Ek weet nie.  Dit was ‘n nuwe storie wat ek gehoor het.  ‘n Ander storie.

Bessie het net geluister.

Sy is lief vir haar Braampie van altyd af.  Sy ‘adore’ hom.  En sy weet, as hy haar hier na die groot ou Kameelboom toe  bring, dan is dit diep hartsgoed wat hy nodig het om te praat.

Daar was net twee ander kere wat hy haar hierheen uitgery het.

Lank terug toe hulle net-net nie meer kinders was nie.

Daar was ‘n kombers op die sand en ‘n piekniek op die kombers.

En ‘n ‘proposal’ op sy lippe.

En ‘n baby 9 maande later in die kot.

En dan was daar die keer toe haar Braampie se sussie in die ongeluk dood is.

Die boom is hulle kapel.

Hulle bruidskamer.

Hulle heilige plek.

‘In die storie.  Daai ryk ou.  Hy’t nie kans gesien vir die ding wat Jesus vir hom gese het nie.  En ek se jou.  Toe ek die ding hoor.  Bliksem, ek het ook nie kans gesien vir die ding nie.

‘Die man daar op Harrismith.  Hy’t gese die Here is vanaand by ons in die saal.

‘Ek sweer, Bessie.  Hy was reg.

‘Hy was nie net in daai saal nie.

‘Die eerste ‘gap’ wat ek gekry het, het ek myself uit die voete gemaak.

‘Klub toe gemik vir ‘n fynetjie.

‘Die donner.

‘Hy’s saam met my.

‘Die prediker?’, vra Bessie verdwaas.

‘Nee-nee.  Die Here.

‘Hy’s saam met my uit daai saal.  Ek’t skaar my eerste slukkie gevat toe’s Hy hier in my ore.’

‘En jy Braam?’

‘Ek voeter amper van my stoetjie af.

‘Jy ken my.  Ek is nie ‘n ou vir die goed nie.

‘Maar ek se jou.  Daar in die klub.  By die kroeg.  Los my not-de-fok.

‘Wat gaan jy maak?’, vra Hy.

‘Gaan jy jou huis in orde stel?’

‘Gaan jy die Bybel eerste sit?’

‘Gaan jy My dien?’

‘Gelukkig ken die ouens op Harrismith my nie.  Ek se jou, as hulle my geken het, sou hulle geweet het iets is aan die broei.

‘My Pop.’

‘Jy weet.’

Oom Braam praat stadig.

Asof hy nie eintlik die woorde het om die ding wat in hom gebeur het, te se nie.

‘Ek’s ‘n fokkin bliksem.’

‘Net vir myself.’

‘Al die bleddie jare.’

‘Ek maak myself ryk.’

‘Meer en meer en fokkin meer.’

‘Dis nooit verdomp genoeg nie.’

‘Jy weet, die Here is saam my daar uit die kroeg uit.  ‘n Stalker se ek jou.  In die bakkie.  Al die pad hiernatoe.  Hy sit seker nou daar agter op die baal.  Fokkin los my nie uit nie.

‘Daai ryk jong man.

‘Hy wou he wat die Here het om te gee.

‘Maar hy wou dit he op sy eie terme.

‘En dit werk nie, my Pop.

‘Dit fokken werk nooit nie.

‘Dis soos Hermaans wat sy lone wil he, sonder om een dag sy kop uit die stroois te steek.

‘Ek is soos Hermaans.

”n Sleg arbeider.

‘Jy’s ‘n goeie man’, kom Bessie tussen beide.

‘Kak!’, protester Oom Braam.

‘Jy kyk mooi na jou mense.  Jy versorg ons.  Jy smokkel nie.  En as iemand hulp nodig het, dan’s jy daar.’

‘Goed se moer, my Pop.

‘Ek is miskien nie sleg nie.  Of dalk darem nie kak-sleg nie.  Maar ek is nie goed nie.  En in elk geval, so lyk dit my, maak nie saak wat jy doen nie.  As jy jouself dien, dan kan jy maar die mooiste goed doen, dit beteken fokkol.  Want jy help net jouself.’

Hulle het lank daar in hulle bruidskamer-kapel gesels.

Oom Braam het sy hart prober leegmaak.

Op die ou einde, toe die bakkie se ligte soos spoke oor die lang gras speel, het Oom Braam die ding vir sy Bessie gese:’Ek weet nie wat gebeur het nie, my Pop.  Ek weet nie wat dit alles beteken nie.  Ek weet nie waarheen dit ons gaan vat of wat ek moet doen nie.  Maar iets het gebeur.  En ek wil graag klaar aan myself gedien wees.  Ek’s sorry.  Ons twee.  Ons deel dekades en ek was nie ‘n goeie man nie.  Ek het jou saam met my gesleep in my ‘self-serving slime’.  Jy, die mooiste van alle vroue.  Ek het jou besmet met my stront.  Ek hoop jy kan my vergewe.  En ek hoop ons kan saam op die nuwe pad stap.’

Die volgende oggend is Oom Braam af na die strooise.

Hy’t nie veel geslaap die nag nie.

Hy’t gebid.

En gedink.

Gelees.

Hy’s in by Hendrik se huis.

‘Nou wats dit nou vanmore, Basie?’, was die verbaaste uitroep.

Oom Braam het kom om verskoning vra.

‘Hendrik.  Jy en ek, en Gert en Hermaans, ons was maters as kinders.  Ons het saam gespeel.  Saam kak aangejaag.  Saam slae gekry en saam die eerste keer dronk geword op jou Pa se bier.

‘En ek is vorentoe.  En hier is julle.

‘My kinders is vorentoe.

‘En hier is julle kinders.

‘Ek is jammer, my vriend.  Ek is ‘n kak vriend.  Nie een dag het ek aan julle gedink nie.  Toe ek hoerskool toe is, toe fok julle die veld in agter wegloop bokke.

‘In elk geval.

‘Op ‘n manier kan mens nie die kak wat jy gemaak het, wegmaak nie.

‘Maar mens kan probeer om nie nuwe kak te maak nie.

‘Julle is my een voor.  Julle is al Oupa’s en Ouma’s. My laaities fok nog rond.

‘Julle kinders is my kinders.

‘En julle kleinkinders is nou my klein-kinders.

‘Sorry dat ek dit nie geweet het nie.

En Oom Braam het ‘n Juffroutjie van die dorp af laat kom.

En hy’t ‘n voorskooltjie begin, net daar naby sy huis, tussen sy huis en die strooise.

Nie ‘n halfgebakte ding nie.

“‘n Fokkin ordentlike ding waar ek my eie kinders sal stuur,” het hy gese.

Met al die toerusting wat nodig is.

En ‘sy klein-kinders’ is geskool.

Die voorskool het ‘n Laerskool geword.

Die een Juffroutjie het 6 Juffrouens geword.

En die 12 ‘kleinkinders’ het 60 geword, met nog ‘kleinkinders’ wat van buur-plase af aangedra word om te kom deel in dit wat Oom Braam vir sy mense doen.

Een aand, net so ‘n paar weke na Oom Braam se skool mooi op dreef gekom het, was hy en Bessie by die Boeresaal.

In een hoek het die staats veaarts en staats dokter gesit en ‘Stout’ drink.

‘n Paar manne het gestaan en ‘darts’ speel.

Bessie en van die ander vrouens was besig om aartappeldis aanmekaar te slaan, want die vleis was amper gaar.

En toe die kinders die vleis inbring.

En almal ‘n lekker bord geskep het.

Toe se Oom Braam:”Manne!  Julle weet ek was in Harrismith.  Julle weet ook dat iets nou anders is.  Ek weet nie wat dit is nie, maar ids anders.  In elk geval.  As ek siek word, dan klim ek in my bakkie en ek ry Vryburg toe.  En as hulle my nie in Vryburg kan help nie, dan stoot ek deur Bleomfontein toe.  En as ek te fokkin siek is om in my bakkie te klim, dan laat kom ek ‘n fokkin chopper en vlieg.  Maar ons werkers is nie so lucky nie.  As hulle siek is, dan moet hulle wag tot Donderdag om die dokter te sien, want hy’t baie plekke om by te kom.  En as hulle baie siek is, dan moet hulle wag tot Saterdag, vir die ‘patient transport’ om hulle hospitaal toe te vat.  En wie weet wat daar gebeur.  Die mense is ons mense.  Hulle werk vir ons.  Hulle is ons hande.  Baie van hulle het saam met ons groot geword.  En saam met ons gespeel.  En ons is ryk.  En hulle is arm.  Want die Ingelse het vir ons die grond gegee.  En ons het dit geboer.  As ek doodgaan wil ek wragtig nie net onthou word vir die fokkin vetste Os op die veiling nie.  Ook nie vir daai aand toe ek met my bakkie op die sandhoop op gejaag het, sonder om te weet nie, en rustig daar op die sandhoop vorentoe gestoot het, asof ek nog oppad is, totdat Schalkie aan die venster klop en vir my vra wat ek maak.  Ek wil onthou word as iemand wat nie net vir himself geleef het nie.  Iemand wat nie himself gedien het nie.  So ek het gedink dis tyd dat ons ons eie hospital begin.’

En hulle het.

‘n Paar van hulle saam.

En dit was beter vir die mense.

En hulle het ingehaak by die plaaslike staat skool.  Net ‘n Laerskool, maar darem ‘n skool.  En hulle het sportgronde gebou.  En hulle het ‘beheerraad-onderwysers’ aangestel.  En hulle het heel gemaak en reggemaak.  En opgegradeer.

‘Ons kan tot more sit en ‘bitch’ oor wat die staat nie doen nie’, het Oom Braam gese.

‘Of ons kan van ons selfsugtige gatte af opstaan en ordentlike mense wees.’

En hulle was.

Die skool het floreer.

En die hospital.

En die voorskool op die plaas.

Later het hulle ‘n bus gekoop en ‘n drywer aangestel.

Om kinders na ‘n ordentlike Hoerskool te vat.

‘Nie een fokkin kind van hierdie wereld sal met standard vyf te vrede wees nie.  Nie een fokkin kind sal op 12 die veld ingejaag word om bokke te soek nie.  Dai kak is op ‘n einde,’ het Oom Braam gese.

En dit was.

‘As dit nie goed genoeg is vir my kinders nie, is die nie goed genoeg vir jou kinders nie’, het Oom Braam aan Hendrik en Gert en Hermaans verduidelik.’

En vandag is, 27 jaar na daai aand in Harrismith, is Sipho Oom Braam se prokeur.

Hy en Andries en Thembi was die eerste geslag wat uit Oom Braam se strooise voorskool toe gebring is.

En Andries is Oom Braam se ‘Personal Banker’.

En Thembi is onderwyseres by die Laerskool.  En Voorsitter van die Trust wat die Beheer-raad Poste dra.

Hulle is maar net 3.

Die 7 verpleegsters van die klein privaat hospitaaltjie wat 27 jaar gelede gebore is kom almal van die plase af.

Binnekort sal die dokter ook ‘n boorling wees.

En Hermaans se kind, jy sal dit nie glo nie, hy is nou sy eie boer.

Pa en seun saam.

Oom Braam het 3000ha gekoop.

‘Ek gaan nie laat jy my bedonner nie.  Ons is ‘partners’ en as jy my wys die Landbou Graad wat jy in Bloemfontein gaan haal het is iets werd, dan sal ek ophou om jou ‘partner’ te wees.’

En hy het.

Opgehou.

Want Hermaans se kleintjie het nie sy kleuterjare aan ‘n opgebruikte Ouma se tiet deurgebring nie.

Hy’s geskool.

Met die beste moontlike skool.

En hy’t geleer van karrakter.

En opstaan.

En werk vir wat jy wil he.

Hy’t geleer van goed wees en goed doen.

En teen die tyd dat hy begin boer het, hy en sy Pa, op hulle eie grond, was hy nie net nog ‘n ‘slaaf’ met ‘n ‘slaaf-mentaliteit’ wat oor dekades en dekades gekweek is nie.

Hy was ‘n mens.

‘n Man.

Wat weet van reg en verkeerd.

Wat ken van werk en beplan en doen.

Nie om himself te dien nie.

Maar om die Here te dien wat Oom Braam daai aand van die saal af, na die kroeg, na die bakkie, na die plaas gevolg het en nooit weggegaan het nie.

Dis goed om te se: ‘we will put our house in order.’

Dis puik om te se: ‘South Africa belongs to Jesus.’

Dis uitstekend om te se: ‘we will put the Bible first.’

Dis wat Oom Braam gedoen het.

En dit maak my opgewonde dat 1 miljoen ouens met hulle Fortuners en GSX650’s en Choppers Wilde Als toe gemik het en die ‘sinners prayer’ gese het en die ‘wind’ op hulle gesigte gevoel het en hulle ‘commit’ het aan ‘the change begins with us’.

Want 27 jaar van nou, wat de fok ookal met Zuma en die ANC en die DA en Mmusi gebeur … 27 jaar van nou sal Suid Afrika ‘n helemal ander plek wees.

Want dis hoe dit lyk as ons ophou om onsself te dien.

En begin om die Here te dien.

Oom Braam is nie regtig nie.

Dis sommer ‘n storie wat ek opgemaak het.

Fok.

Imagine hy was regtig.

Victor Hugo se in sy boek Les Misrables: “God delivers over to men his visible will in events …”

Wat ek en jy doen, terwyl ons Hom dien – dit is sy wil.

En as ek en jy Hom dien, regtig dien, soos Oom Braam van ons storie, dan word Zuma en al die ander kak irrelevant.

En jy kan nou maar beswaar maak, soos ouens sekerlik doen en se, ja, maar ek het nie 1200 beeste op 12000ha nie en ‘n bank vol geld nie.

Ek los jou met wat Oom Braam vir die predikantjie van die plaaslike Kerk gese het, toe die allerhande redes uitdink om vir Oom Braam te oortuig om die geld wat hy nou mors op skole en hospitale eerder vir die Kerk te gee, sodat die Kerk kan doen wat hy moet.

“Wie de fok dien jy?  Jy dien net jou fokken self en jou eie fokkin belang, jou sleg moer.  Jy praat, praat, praat oor die Here dit en die Here dat, maar jy’s ‘n bleddie ‘con-artist’, want dit gaan nie vir jou oor die Here nie, dit gaan net oor jouself.  Wake-up!  En luister ‘n slag na Die Here van Wie jy so praat.  Hy’s bleddie ‘relentless’.  Hy sal aanhou.  Maar jy moet fokkin ophou.  Ek en jy en almal van ons sort.  Ons moet fokkin ophou om onsself te dien en van ons selfsugtige gate af opstaan en ‘be the change’, ‘by serving God’ en daars nie ‘n manier dat ek of jy God kan dien, solank as wat ons nog onsself dien nie.  So komaan dominee, ‘be a man’ en ‘own-up to all the shit’ en kom ons doen dit soos ons nog altyd veronderstel was om dit te doen.”

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s