Frans Reisema en die Krismis Boodskap

‚Äč

Hy’t nie gedink hy sal ooit weer ‘n Krismis boodskap bring nie.

Sy 1ste Krismis boodskap was baie jare gelede bedien.

Hy was ‘n klein seuntjie.

Dit was ‘n ander tyd.

‘n Ander wereld.

Salvia Singel.

‘n Soel Somers aand.

‘n Opgewonde mense in die pastorie se groot agterplaas.

Kurry Bunnies.

Pannekoeke.

Javvels.

Frans in ‘n lang wit laken, soos ‘n Romein, handoek om die kop, met ‘n lang riet-stok in die hand.

Opgedress soos ‘n herder.

Kaalvoet op die groen gras.

En op ‘n stadium kom al die klein herdertjies, soos skapies, bymekaar gejaag, en dan sing hulle, soos Engele:”Herders op die ope velde, het die nag die Engle koor, met die blye Evangelie, uit die Hemel aangehoor.”

Die ooms en tannies ‘ooo’ en ‘aah’, kyk hoe pragtig is die kindertjies.

‘n Mooi Krismis aand.

Later het Frans by die Beachview Strandoord vir ‘n handjievol vakansiegangers in sandale en kort broeke vertel van die gebeure van ‘n aand in Bethlehem.

En in die Kalahari vir boere en onderwysers.

En in die middestad van Port Elizabeth vir Dokters en Prokureurs en sakemanne.

Asof hulle nie geweet het van die gebeure nie.

En toe, een aand, laat in Oktober, toe’t Frans vir oulaas voor mense gestaan, nie om vir hulle te vertel van die Krismis gebeure nie, want mens praat nie in daai omgewing, in die laat Lente oor Bethlehem en herders en wyse manne nie.

Daai aand, sonder dat iemand geweet het, het hy koebaai gese.

Vir hulle.

En vir ‘n stuk van sy lewe.

Nie omdat hy nie meer in die Krismis storie geglo het nie.

Omdat die lewe nie toevallig is nie.

En ons nie die kaptein van ons eie skip is nie.

Ons is nie die Meester van ons eie Bestemming nie.

Eintlik, in Frans se hart, was dit nog altyd die ‘boodskap’ van Krismis.

Vanoggend lees hy ‘invloedryke teoloe’ se gesprek.

Hy’s ver van al die goed.

Hy sit in China, in die kombuis van sy ‘village’ huis.

Drink ‘n koppie koffie wat hy gemaak het met moer wat op JD.com bestel is en met ‘n elektriese scooter-trokkie in die ‘village’ afgelewer is.

Die manne, die slim ouens wat naby aan die hartklop van die Afrikaanse Kerke in Suid Afrika is, en nie te ver staan van die hartklop van Evangeliese en Gereformeerde Kerke in Europa en Amerika nie, wonder of dominees en predikante moedig genoeg sal wees, die jaar, om eerlik te wees daaroor dat die ding van ‘n maagdelike geboorte en ‘n stal en ‘n God wat mens word, en ‘n Engele koor, sommer maar fabel is.

Storie, gebou oor eeue heen, om mense te mislei.

Frans skud sy kop.

Dis nie somer waar hy is nie.

En Krismis, hier, is versierde bome, goue letters en ‘n ou vet man met rooi klere en ‘n lang grys baard.

Miskien is dit maar Krismis, oral?

Nie dat Krismis ‘n ‘heilige tyd’ is, meer as enige ander tyd nie.

Die geskenke, die saam-wees van familie en vriende, die kuier en eet, dis alles baie mooi.

En lekker.

Maar, as hy nou reg onthou, is die ‘tyd’ van die jaar histories misplaas.

En in elk geval, die ‘geboorte’ is nie so belangrik soos die lewe nie.

“So this is when you celebrate the birth of your God?” vra iemand vir Frans.

Mmmm

Nee.

Maar hoe verduidelik jy nou dit?

Vir iemand met beperkte Engels, as jou eie Chinees nog meer beperk is?

En tempels vol staan met groot goue beelde?

Van ‘n span gode wat maklike genoeg is om twee rugby spanne, met reserwes en afrigters op te maak?

God is nie gebore nie.

God is.

Van voor tyd.

Van ewigheid tot ewigheid.

God is die Oorsprong van alles.

God is die Bron en die Brongewer.

God is die Onderhouer.

En die rigtingewer.

Ons.

Ons weet hiervan.

En ons probeer hard om ‘n houvas hierop te kry.

Ons bou altare, met growwe klip, en brand karkasse.

Ons laat torings styg hoog die hemel in, in Babel.

Ons smelt oorbelle en armbande, maak ‘n kalf, en dans daarom.

Ons ontwerp en sit aan mekaar, groot geboue, met kruise en kerse en duiwe en prentjies teen die mure en in die ruite.

Oorweldigende geboue wat ons klein laat voel.

En ons hoop, iewers in dit alles, sal ons aan God se kleed kan raak.

Krismis se vir ons, ons hoef ons nie in te span, om te probeer om naby God te kom nie.

God is met ons.

As daar nie ‘n stal was nie.

As daar nie ‘n maagd Maria was nie.

As daar nie herders was en wyse manne met goud wierook en mirre nie.

Dan was daar ook nie ‘n skepping nie.

Dan is daar nie ‘n God nie.

Dis nie complicated nie.

Of God is.

Of God is nie.

‘There is no middle ground’.

En as God is, dan is God God.

Onverklaarbaar.

On verduidelik baar.

Meer as wat ons hart of intelek kan beskryf of beduie.

Teoloog?

Theos Logos?

Wat ‘n laster.

Hoe kan ‘n mens so verwaand wil wees, om te kenne te wil gee, dat hy Godskennis het?

Dat hy God bestudeer het.

En nou kan se, dis hoe dit is.

Miskien is dit waarom die teoloe so ywerig is om mietes en fabels op die tafel te sit, want in al die jare van studie kon hulle God jie onder die vergrootglas en mikroskoop ingedruk kry nie – en as hulle dit nie kon doen nie, dan kan God nie wees nie?

Maar God is.

Dit weet Frans.

In sy hart.

Hy’t al probeer om die wete af te skud.

Hy’t gelees.

Alles wat hy kon lees.

Al die verduidelikings.

Al die idees.

En hy’t probeer leef, sonder God.

Asof hy God eenkant toe kan stoot.

Asof God eenkant toe stoot baar is.

God is.

Die Oorsprong.

Van alles.

En almal.

Een God.

Erken deur Jood en Moslem en Christen.

Die God van Genesis.

Van Abraham en Ishmael, Isak en Jakob.

Van Jakob se 12 seuns en Moses en Josua.

Van Dawid.

Van Salomo.

Van elke mens wat nog ooit was en is en sal wees.

Van Frans.

Nie die goedkoop ‘Jesus’ van die Kerk wie se verdienste so onvoldoende is dat mense moet doen en probeer en offer en anders leef, om guns te wen nie.

God.

Begin.

En Ewigheid.

Verbind aan hierdie bestaan.

En elke ander bestaan.

“Nee. Ek kan dit nie vir jou bewys nie. Sorry, man. Vat ‘n oomblik. Sit onder ‘n boom. Maak jou oe toe en se ‘hallo’. En luister.

“Jy sal God hoor. Want God is nie ver nie. Maar God is ook nie ‘over bearing’ nie.

“Luister goed.

“Want God is nie ‘n storm wind en donderweer nie.

“Luister vir die fluister.

“Met jou wese.

“Ek kan God nie vir jou wys nie.

“Ek kan God nie vir jou verduidelik nie.

“Ek is nie ‘n teoloog nie.

“Daar is nie so iets nie.

“Dis alles ‘smoke en mirrors’.

“God wys Self.

“God praat Self.

“God is.

“En daarom is ons.

“En daarom het ons nuwe dae.

“En lewens vol met betekenis.

“God is.

“En daarom kan ons, midde in die ‘loss and gain and loss again’, lewe.

“Vol.

“Met liefde en vreugde en vrede.

“Ontvang.

“Met geduld.

“Vriendelikheid.

“Goedhartigheid.

“Getrouheid.

“Nederigheid.

“En self beheersing.

“Nie offers op ‘n ‘crude’ altaar om God se guns te wen nie.

“Geskenke.

“Uit God se hand.

“Om ons te gee, wat ons is.

“En was.

“En sal wees.

“Om ons te ‘enable’ om te wees.

“Ons kan baie praat.

“Baie spekuleer.

“Maar iewers, in dit alles, het ons nodig om terug te kom hierby.

Se Frans vir die wind.

Die eenvoudige opslaan tafel in sy kombuis.

Die yskas en die stoof.

Want daar is niemand anders vir wie hy dit kan se nie.

En daarvoor is hy ook dankbaar.

Want, ook dit, is Gods geskenk.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s