Frans Reisema en die Tempel

ā€‹

Vanmiddag is Frans by die Tempel.

Dis ‘n ou Tempel.

Een van die oudstes in die omgewing.

Eeue gelede, nog in Qing Dinastie, het mense van Beijing en Tianjin ver gereis om hier te kom bid.

Die ‘Emperor’ het hier, teen die mooi berghange vir homself ‘n tydelike paleis gebou en die monnike het ‘n massiewe pot uit koper beslaan, waarin ‘pap’, of wat westerlinge ‘sop’ sou noem, vir 1000 mense voorberei kon word.

Die pot staan nog hier.

Die ‘duisend-monde-pot’ word dit nou genoem en daar word vertel, pelgrims het geglo as jy uit die pot sop ge-eet het dan sou dit nie net jou honger stil nie, dit sal jou algemene gesondheid goed maak en selfs ligte krankhede genees.

Miskien is daar waarheid in?

Dat mense wat hierheen gekom het, ‘n groter welstand ontdek het, nie soseer omdat die sop in die pot betowerd was nie, maar omdat hulle ‘n reis onderneem het, vir ‘n oomblik uit hulle sisteem geklim het, die geskarrel van elke dag agter gelaat het en kom fokus het op iets anders?

Frans is nie hier om te bid nie.

Nie dat hy ongelowig is nie.

Geloof het nog altyd in Frans gelewe.

Vandat hy kan onthou het hy geleef met ‘n wete, ‘n oortuiging dat God is.

Lank voor sy Ma hom laat kniel het, hom toegewyd voorgegaan het en hom ‘help’ bid het “Jesus, maak my hartjie rein, vergewe my sonde, en neem my lewe, laat dit U gewy wees”, het Frans op sy eie gebid.

Hy onthou die dag.

Vandag weer.

Terwyl hy dink aan die dowee spieel waarin ons kyk.

Sy sussie was ‘n babatjie, miskien ‘n paar maande oud.

En hy’t met haar gespeel.

Sy was sy geskenk.

‘n Geskenk vir baie ander.

Maar syne ook.

Want hy’t gehoor van die God wat vir Abraham ‘n seun gegee het.

En vir Dawid gehelp het om Goliat met ‘n klein wit klippie en sy eie reuse swaard te verslaan.

En vir Moses die plae laat bring het.

En manna uit die Hemel.

Die God wat ‘n See oopgekloof het en water uit ‘n klip laat kom het en vir Daniel in die leeu kuil en die vuur oond beskerm het.

En die God het hy gevra vir ‘n sussie, onwetend dat wat hy vra ook is vir ‘n ma om eers van klier kanker genees te word en ouers wat nie meer kinders wou he nie te bring op ‘n plek waar hulle ‘n dogtertjie met oop arms ontvang.

Sy was so tussen kruip en loop.

Al miskien 7 of 8 maande saam met hom.

En hy’t haar opgetel.

Met sy 5 jarige seuntjies arms.

Die gang af gedra na waar hy speelgoed neergesit het om haar mee te vermaak.

By die punt van die gang het hy gegly op ‘n teelepel wat op die mat gele het.

Hy’t geval.

Met haar in sy arms.

Hy’t seergekry.

Sy kop gestamp teen ‘n arm leuning van een van die stoele in die TV kamer.

Hy’t gebloei.

Hy onthou die bloed.

Die bloed.

Sy’t ook seergekry.

Hy’t gedink dis haar bloed.

En dit was vir hom erger.

Want hy was lief vir sy sussie.

Van voor sy gebore is.

Sy’t gehuil.

Hart stogtelik.

Soos net ‘n baba dogtertjie van nog nie 9 maande nie kan huil.

En hy’t gehuil.

Oor die stamp teen die kop.

En oor die onvermoe.

Oor die goeie bedoelinge wat skeef loop.

In sy lewe sou Frans nog baie daaroor huil.

Hy was nie ‘stout’ nie.

Hy’t dit geweet.

Maar op ‘n manier is dit wat in die oomblik kom sit het en sy Ma het die Evangeliese oomblik uitgekoop, midde in die storm van 2 huilende kinders, om vir hom te verduidelik dat ons baie verkeerde dinge sal doen en ons enigste hoop, ons enigste troos, is dat Jesus ons vergewe en ons help aan die lewe.

Frans is dankbaar vir sy Ma.

Nes hy het sy ook maar net kon kyk in ‘n dowwe spieel.

Haar spieel was die Evangelies Gereformeerde Blye Boodskap wat in die NG Kerk van die sestiger en die sewentiger opgehou is.

Dit was deur beskikking haar spieel.

Want as daar ‘n God is dan’t God tog sekerlik beskik dat sy aan die Suid punt van Afrika gebore is, die eerste dogter van Andries Daniel Faber en Catherine Dorothy Verster, wie sou groot word om te trou met die seun van ‘n Franse vlugteling en ‘n Ierse Katoliek wat sy lewe sou gee aan bediening van die Evangelie en sakramente en bevestiging van huwelike en hou van begrafnisse?

Beskikking.

As daar ‘n God is, dan was die God tog sekerlik nie afwesig, 1000 jaar gelede, hier by die ‘Tempel van die Wolk Woning’ in die Jishing Berge, waar ‘n duisend mense op een slag sop ge eet het uit ‘n enkele pot nie?

Frans en sy dogtertjie stap die Tempel deur.

Van wierook bak na wierook bak.

Op teen die trappies.

Die eerste bid plek is vir gewone goed soos kos en klere.

Hulle elkeen steek 3 wierook stokkies aan en plant dit langs ander wierook stokkies buite die kamer waar die beelde van Bhuddas wag.

Binne, voor die groot beeld van ‘n effe oorgewig, vriendelike man wat kruisbene sit, is daar bordjies met vrugte en gebak.

Helder kleurige lappe hang van die ongelooflike mooi geverfde plafon tot omtrent ‘n meter bo die grond.

Die geel en groen en rooi en blou soos verf wat drup uit gedetaileerde krulletjies en versiering.

Nee, meer soos toue waarmee opgeklim kan word in ‘n skool saal wat dubbel diens doen as Gymnasium vir die Standerd 2 klas se LO periode.

Mooier.

Maar net so ‘daunting’ soos daai toue.

Want niemand kan klim nie.

Op teen die trappe, by die volgende bid plek is daar ‘n beeld waar gebid word vir gesondheid.

Terwyl Frans en sy dogtertjie se twee maal drie wierook stokkies die koue vroee winter lug geur, dink hy daaraan dat ons almal tog op ‘n manier dieselfde is.

In wat ons hoop.

En wat ons besef.

Ons almal hoop om genoeg te he.

Genoeg om van te lewe.

Om vir ons gesin te kan sorg.

Skuiling teen hitte en koue.

Klere.

Kos.

En ons almal hoop om gesond te wees.

Niemamd van ons, of ons nou deur beskikking in die Weste van Europa gebore is, of die Verre vreemde Ooste of die wilde onbekende Suidpunt van Afrika, ons wil nie leef onder die las van siekte nie.

En op ‘n manier weet ons almal dat, op die ou einde, na al ons pogings, die uitkomste van hierdie dinge nie regtig in ons eie hande vasgehou word nie.

Dat daar ‘n Ander is.

Uit Wie ons lewe tot ons kom.

‘n Entjie verder op, by die volgende bid-plek, word daar gesmag na krag.

Vermoe.

Om te kan.

Want hierdie lewe vra van ons almal deursettingsvermoe.

Om te kan aanhou.

Want dit is meedoenloos.

In die ritme van verloor en wen en weer verloor.

Frans en sy dogtertjie steek elkeen weer 3 wierook stokkies aan.

Hulle bid nie.

Of miskien bid hulle tog?

Want in hulle elkeen se harte is daar hoop.

“I made a wish, Daddy”, se sy dogtertjie vir hom in Afrikaans en Engels en Chinees gemeng.

Want dis haar taal.

Hierdie dogtertjie wat ook deur beskikking tot lewe gekom het.

En deur beskikking so anders lewe as haar twee ouer Sussies en Ouboet.

So anders groot word.

“Wat het jy gewens, my Poppie?” vra Frans, nuuskierig om te weet wat lewe in haar hartjie.

“I wished that we will be happy. Dat ek die Kindergarten ding sal regkry. En ha-ou Ren sal wees.”

Haar wereld.

Haar hart.

En dan as hulle binne kom, in die saaltjie waar die groot beeld van ‘n sterk man met ‘n swaard in die hand en ‘n voet op die kop van ‘n roofdier, die spasie domineer, dan vra sy:”Ta shu shy?”

“Wie is hy?”

En Frans verduidelik dat hy ‘n voorstelling van vermoe is.

Frans weet ook nie regtig nie.

Hy ken nie Bhudisme nie.

Hy’t nog net fragmente daaroor gelees en by homself gedink dis heeltemal te ‘n ingewikkelde sisteem van denke om mee sin te maak van die lewe.

“Hy’s sterk”, verklaar sy dogtertjie.

“Hy lyk so”, stem Frans saam.

En dan mik hulle weer boontoe.

Nog ‘n stel trappe op teen die berg, deur die Tempel Kompleks met sy ongelooflike tuine en verstommende argitektuur wat skuins teen die berghange opklim, boontoe.

Die volgende bid plek is vir Wysheid.

Kos, klere, skuiling.

Gesondheid.

Vermoe.

Wysheid.

“Sonder wysheid maak ons dit nie, my Pop”, verduidelik Frans, meer vir homself, as vir sy 4 en ‘n halfjarige dogtertjie wat styf teen hom staan.

“Wat is wysheid, Daddy?”

“Miskien om te weet?

“Om te weet hoe om ‘n Pappa vir jou dogtertjie te wees?

“Om te weet, as jy ‘n Pappa is, hoe om Man vir daai dogtertjie se Mamma te wees?

“Om te weet wat is goed en reg?

“Wat is belangrik.

“Wat is die beste om te doen en die beste redes om dit te doen.

“Miskien is wysheid om te weet hoe om te lewe, midde in die verloor en wen en weer verloor, op so ‘n manier dat jy nie ander seermaak nie, maar help?”

“Wa sijangjou wysheid, Daddy.”

“Ek wil he, wysheid, Pappa.”

“Dan het jy dit al, my Pops, want om dit te wil he, en te weet dat jy dit nodig het, dit is miskien die grootste wysheid.”

“En jy, Daddy. Nie jou hou. Jy’t dit ook”, verklaar sy.

En hulle steek elkeen hulle 3 wierook stokkies aan.

Staan ‘n oomblik in die skoon berg lug.

Steek die stokkies, langs mekaar sin, in die wierook bak, by baie ander wierook stokkies wat die lug versier.

Hulle harte hoopvol.

Saam.

Vol verlange.

Dat wysheid hulle sin sal wees.

Dat hulle sal weet.

Hoe.

Om te lewe.

Nou stap hulle Suid en Noord.

Kante toe.

‘n Onderbreking in hulle boontoe mik van wierook bak tot wierook bak.

Hier, op hierdie vlak van die Tempel is daar ‘Pagodas’.

Een aan die Noorde kant.

Opgerig in die 1600’s.

Om belangrike dokumente en instrumente te bewaar.

13 meter hoog.

Uit klip en teels gebou.

Ook, om te onthou.

‘n Man wat voor daardie jare baie beteken het vir die mense wat hier geleef het en gekom het.

Aan die suidekant staan die ouer ‘Pagodas’.

Wat nooit verwoes was deur oorloe teen Japanese of tyd of weer nie.

‘n Grote wat hoog die hemel in toring.

Omring deur vier kleintjies.

En dan ‘n entjie verder Suid, 3 soortgelyke ‘Pagodas’ wat bekend staan as ‘The Three Abots’, waar 3 manne begrawe is.

3 manne wat kort op mekaar se hakke hard gewerk het om hierdie Tempel te vestig.

En die werk te doen, wat hulle gedoen het.

Die Tempel, ‘Yunju Tempel’, soos dit in Chinees bekend is, was ‘n plek waar tekste geskep en bewaar is.

Vir die 1ste 6 of 700 jaar van die Tempel se geskiedenis is ure en ure en dae en maande gewy daaraan om Sutras in Chinees te vertaal en op klip tafels en hout tablette en papier te verewig.

Iewers langs die stroom van tyd het almal vergeet van die werk wat gedoen is en eers weer in die laat 1940’s is die klippe en tablette in grotte, hoer op teen berg, ontdek.

En uitgehaal.

En skoongemaak.

En is nie net antieke Sutras gevind nie, maar geskiedenis van hierdie mense en wat hulle gesien het en gedink het en beleef het.

Frans wonder of die drie ‘Abbots’ ooit gedroom het dat wat hulle doen, nog ‘n duisend jaar later daar sal wees?

En of hulle van mekaar geweet het?

Of hulle beplan het om een na die ander die werk te doen en diep spore te trap wat nie deur die wind toegewaai sal word nie.

En hy wonder oor sy eie lewe, terwyl sy dogtertjie in haar bloedrooi winter baadjie tussen torings hardloop.

Hy wonder nie of hy diep spore getrap het nie.

Want om spore te trap is nie deel van die begeertes van sy hart nie.

Lig loop.

Dis eerder waarvoor hy hoop.

So, dat selfs al sou sy voete vir ‘n oomblik in druk op die sand waar hy tree, die Wind spoedig sal kom sodat tekens van sy teenwoordigheid spoedig spoorloos sal verdwyn.

Hy weet sy vinger merke sit.

Op sy kinders.

En hier, vandag, so tussen die torings wat die ‘Abbots’ onthou, bid hy weer: “bewaar hulle van my bose, sodat hulle ongeskonde kom by groot mens wees en kan wees, sonder huiwering, alles wat hulle geskep is om te wees, en kan leef, sonder vrees, uit alles wat in hulle geplant is van nog voor ek en sy kon hoop of droom om Pa en Ma vir hulle te wees.”

En Wind ritsel deur die herfsblare.

En die strome van water vloei verby in die voor.

Berg af.

Rivier toe.

En sy dogtertjie vat sy hand.

En saam klim hulle die laaste trappies van hierdie Tempel.

Tot by die wierook bak wat staan en wag voor die beeld van die vrou met ontelbare hande.

In elke hand hou sy iets vas.

‘n Vis in hierdie een.

‘n Borsel in daardie een.

Iets wat lyk soos wind of donderweer in ‘n ander een.

‘n Mandjie in nog een.

‘n Gerf koring are.

‘n Swaard.

‘n Sirkeltjie met ‘n vierkantige gaatjie in die middel.

Wolke.

Reis.

‘n Wa.

‘n Dak.

‘n Boek.

‘n Boekrol.

‘n Hemp of rok of kledingstuk.

Kruie.

Te veel hande met te veel dinge.

Alles.

So verduidelik die brons plaatjie in ongemaklike Engels die betekenis van die beeld.

Sy hou in haar ontelbare hande alles vas.

En sy wil vir ons gee, alles wat ons nodig sou he.

Die enigste vrou tussen al hierdie beelde.

Die enigste een by wie daar spesifiek verduidelik word dat sy angstig is, ywerig om te gee.

Alles.

En Frans wonder oor die dowwe spieel.

Of hier, in hierdie uitbeelding, nie miskien weergegee word, ‘n oogwink nie?

Van wat uit die hoek van die oog gesien is, terwyl met opregte bedoeling gekyk en gekyk is in die dowwe spieel wat vir hierdie mense beskik is nie?

‘n “Glimpse”?

Van Hulle van Wie ons kom?

Die Een Wie gretig is om te gee, al die goeie gawes, ingeweef in verlies en wen en weer verloor?

“Ons almal sien, soos in ‘n dowwe spieel, in ‘n raaisel”, verduidelik Frans vir sy dogtertjie. “En hier, miskien, as hulle hierdie beeld gemaak het, het hulle iets gesien van ons Bron en Lewe? Van Hulle Liefde vir ons wat deur Hulle hand en Woord en Wind tot lewe kom en gekom het en sal kom? Miskien het hulle iets gesien van ons Oorsprong se Gewer-wees, van Self en Wees en Lewe? En dit vertaal in hierdie kunswerk van ‘n vrou met ontelbare hande, waarin sy nie net vashou ‘alles’ wat ons sou mag nodig he om te lewe nie, maar ‘Alles’ wat is en was en sal wees, omdat uit ons Oorsprong alles is en tot ons Oorsprong alles weer kom?”

Miskien.

Soos daardie beeld wat die ou op die plein gesien het, waarvan die Handelinge van die Apostels vertel, wat gemaak is van die ‘Onbekende God’ van Wie hy hulle vertel het?

Hulle steek hulle twee stelle van drie stokkies wierook aan.

Plant dit in die wierook bak.

Nie omdat hulle dink dit het betekenis nie, enigsins, verder as om net die oomblik hier saam te merk nie.

Frans se hart merk ook die oomblik.

Met dankbaarheid.

Want al is die spieel dof, is daar tog genoeg te sien.

Nie net in tekste en boeke en briewe en geskrifte of beelde nie, maar in lewe.

In ‘n Sussie gebore, tot ‘n onskuldige klein seuntjie.

In ‘n groot word, met min vinger merke en nie eens die stank van rook op klere nie.

In ‘n maat wat gekies het om die lewe te deel, ongeag van die verlies en wins en weer verloor wat so noodwendig meedoenloos oor ons spoel.

In 4 kinders, geskenk in ‘n skoot wat, al is sy reip en vrugbaar, nie hierdie skeppende wonder sou kon ken nie, bloot omdat sy gekies het om die lewe te deel, ongeag van die verlies en wins en weer verloor.

En tog die wen daarvan beleef het.

En nou die verlies van kinders wat groot word, om spasie te maak vir ‘n ander wen, van lewe deel met vier uitsonderlike wesens wie self sal wees, soveel meer as wat Frans ooit was, omdat daar ontelbare genade hande is wat keer en dra en onderneem.

In ‘n betowerde lewe.

Vol.

Selfs miskien betekenis vol, ten spyte van die onbeholpenheid en onbelangrikheid waarmee gestrompel is van een verjaarsdag na die volgende.

In Die Weg van die Geskenk wat gee, sonder voorbehoud, Lewe in Oorvloed.

Die volgende oggend staan Frans en wag vir bus 835.

Hy’s oppad Ambasade toe.

Hy sukkel om sy kinders se ‘unabridged’ geboorte sertifikate te kry.

Al lank.

3 jaar.

Hy’t dit nodig.

Hulle wil reis.

En visas moet hernu word.

En beedigde verklarings werk net so lank.

Dis koud.

Hy steek sy hande in sy swart leer baadjie se sakke.

Hy voel iets.

Vat vas en haal uit.

Dis ‘n gevlegde rooi toutjie.

Hulle het dit gister vir hom gegee by die Tempel.

Toe hy die wierook gekoop het.

‘n Armbandjie van soorte.

Miskien om te wys jy was by die Tempel.

Of om te herhinner.

En soos hy opklim.

En sit.

En begin vertel, alles wat maal in sy hart, terwyl die bus sy pad vind na die middestad, weet hy nogsteeds, hy’t nie nodig om ‘n Tempel te besoek om sy God te sien nie.

Hy’t nie nodig om wierook te brand of ‘n pelgrims tog te onderneem nie.

Ons Oorsprong is.

En was.

En sal wees.

1000 jaar gelede en verder, by daardie 3 ‘Abbots’ teen die hange van die berg.

En 45 jaar gelede in die hospitaaltjie op George in Afrika.

En elke oomblik, wat ons beleef, in ons stomp kronologie.

Met ons.

Of ons selfs eens weet of daar ‘n dowwe spieel is om in te kyk, of nie.

En Frans se nog ‘n keer dankie.

Hierdie keer tussen ‘n skare oppad.

Want om te lewe is geskenk en om te Leef.

En alles is, soos dit moet wees, want ons is nie aan onsself oorgelewer nie en ons is nie uitgelewer aan tyd en omstandighede nie.

En iewers, diep in sy hart, waar hy selde kom of kyk, weerkaats ‘n hoop, vaal onder die stof, dat tog, op ‘n manier, in sy wees en leef, die spieel vir ‘n ander dalk net effe minder dof sal wees.

Miskien.

Tog.

Uit die Hand van Hulle wat nie laat vaar die werke van Hulle hande nie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s