Frans Reisema en die Spieel

​

Dis ‘n ou storie wat in Frans se kop maal vanaand.

Hy staan hy Liuliqiao Oos Stasie.

Hy wag vir die bus.

Dit reen saggies.

Almal soek skuiling onder die effense dakkie van die lang silwer bus stop.

Hier en daar staan ‘n haastige een, sambreel in die hand, in die pad.

Kyk links of die bus nie al aankom nie.

Dis nie in hierdie oomblik dat die verhaal skielik by Frans kom spook nie.

Al heeldag draai dit om en om.

Maar in hierdie oomblik val dit skielik in plek.

Ons vertel ons kinders van ‘n dogtertjie met ‘n bose stiefma.

Daar’s ‘n paar sprokies waarin stiefmas die antagonis speel.

Hansie en Grietjie het mos ook ‘n selfsugtige stiefma wat hulle houtkapper Pa oortuig om die kinders in die woud te los?

In die vertelling wat Frans hier by die bus stop onthou, is die prentjies van ‘n dogtertjie en dwergies.

Sy Ma het die storie vir hom gelees.

Dikwels.

By slaaptyd.

Na gebid en Bybel gelees is.

Maar die prentjies in Frans se kop is die van die Walt Disney Film wat hy saam met sy boetie gaan kyk het by Kine 500 in Newton Park.

Hulle het bus gevat.

50c betaal vir die fliek.

Pouse tyd het hulle ‘n roomys gekry en Wine Gums gekoop.

En toe, na Spieel Internasioneel, kom die hoof vertoning op die skerm, nadat die diep rooi gordyne dramaties oopgetrek is.

Happy.

Dis die dwergie wat op Frans die grootste indruk gemaak het.

Of miskien het hulle hom Dopey genoem in daai film.

Mens onthou nie altyd so mooi nie.

Die stiefma kyk in die spieel en vra met groot gedoente: spieeltjie, spieeltjie aan die hand, wie is die mooiste in die land?

Sy wil natuurlik hoor dat sy die mooiste is.

Ons almal wil dit hoor.

Net mooi.

Maar die spieel jok nie.

Nooit nie.

En die res ken jy.

Want eerder as om tot vrede te kom met wat sy sien, vaar sy uit op ‘n verwoestende veldtog om van Sneeu Witjie ontslae te raak.

Sneeu Witjie is natuurlik nie net fisies mooi nie.

Sy is onskuldig.

En goed.

Terwyl haar stiefma, in kontras, in die spieel haar eie boosheid sien.

Soos Frans.

Die dat die fabel flatter in sy gedagtes.

Want hy kyk in sy eie spieel.

Nie met die vraag “wie’s die mooiste” nie.

Bloot, “wie’s ek”?

En, asof die Lig helderder val, sien Frans iets anders.

Iets wat hy nog nooit te vore opgelet het nie.

Hy sien sy lewe.

Sy wees oor 45 jaar heen.

En in die wees ingeweef, ‘n donker draad.

Gal swart.

Met spatsels gif grys.

En as hy vra, “wat is dit?”, dan kom ‘n antwoord wat vir hom netso swaar is om te hoor as die antwoord van die spieel van die storie van baie lank gelede.

“Al jou ‘liefde’, jou ‘goedheid’ en ‘goed doen’ is besoedel. Jy’t mooi geleef. Maar in jou doen is ingemeng die toksiese hartseer van angstige selfsug. Van hoop, dat in jou doen en late, daar wins sl wees. Van wederkerigheid. En om lief te he, sodat jy liefgehe kan word, is geen liefde nie.”

Frans se spieel is ongenaakbaar.

Wreed.

In al sy eerlikheid.

Want as die waarheid skyn oor 45 jaar, dan is daar niks.

Wat na iets gelyk het, bloot skaduwees, verdryf deur Son wat skyn op wees wat nooit was nie.

En as die skaduwees verdwyn, in twaalf uur Lig, dan is die werklikheid onhoudbaar.

Want wie wil dan na amper 5 dekades kaalgat staan met leed hande?

Lank gelede het Fras geleer dat goed en dinge en goedters sonder betekenis is.

Dat al wat waarde het, liefde is.

En in sy dae en maande het hy probeer.

Om goed te doen.

Goed wat meer is.

Nie groot nie.

Dieper.

Wyer.

Wat raak en help en meer maak.

Maar nou …

Nou wys die spieel ‘n ander storie.

Een wat Frans dompel in ‘n oorweldigende hartseer.

Bedrenk met teleurstelling.

Selfs hierdie lewe, opsetlik gekies, so leeg soos …

Soos ‘n pakkie sigarette op ‘n laat Vrydagaand.

Soos ‘n yskas na weke sonder inkopies.

Soos ‘n botteltjie bier op ‘n warm dag.

Dol leeg.

En lee goed word weggegooi.

Of soms vol gemaak.

‘n Skat in kleipotte.

Iewers het Frans iets daarvan gehoor.

Miskien is daar skatte?

Miskien is daar ‘n ander manier?

Maar op hierdie oomblik, as bus 835 uiteindelik sy opwagting maak en mense die reen in storm om 1ste op te klim om ‘n sitplek in plaas van ‘n staan plek te kry … op hierdie oomblik verblind die Lig.

Dalk het ons nodig om weer gebore te word?

Weer en weer en weer en nog ‘n keer?

Om van nuuts af te begin?

Die swart gif en grys gal van gister dalk die kompos waarin nuwe wees kan word?

Frans weet nie.

Op 45 weet hy min.

Hy wonder net.

En hoop.

Moontlik?

Miskien kan iets blom?

One response

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s