Frans Reisema en die Evangelie Lied

image

Frans is ‘n ‘hummer’.

Altyd aan die neurie.

Een of ander wysie sonder woorde.

Wat later woorde kry.

Soms is die melodie die van ‘n ou Afrikaanse Volksliedjie.

Ander kere betrek die klanke van Kerkorrel of Koos du Plessis sy hart.

Party keer is dit Brenda Carlysle of Jeniffer Rush wat by hom besoek afle, uit die tagtiger jare van sy tiener dae.

En elke liedjie kom met herhinnering.

Of idee wat maal.

Wat vorm kry op die ritme van vergange dae se klankbaan.

“Nou moet jy regtig vir jouself ‘n ander wysie soek”, se Frans se vrou vir hom toe sy vroegoggend in die kombuis inkom en hom by die tafeltjie met ‘n koppie koffie kry.

En Frans besef die wysie draai nou waarskynlik al ‘n hele paar dae op die draaitafel van sy wese.

En hy wonder hoekom.

Dis nooit ‘n volledige liedjie wat op die ‘playlist’ is nie.

Altyd net so stukkie.

“Kry die lewe sin en vind ek rus in Hom.” speel dit oor-en-oor.

“Toe ek opstaan en nog vermoeid my hand in Syne sit, kry die lewe sin en vind ek rus in Hom.”

Die res van die lied is verlore op die slagveld van die lewe.

Maar hierdie woorde draai.

En Frans weet nienhoekom nie.

Want hy is nie ‘vermoeid’ nie.

En die sogenaamde Teologie van die Evangelie Lied is vir Frans maar redelik bedenklik.

Maar so is dit.

Die goed wat ons oor en oor hoor en weer en weer sing, soos die dae en weke plek maak vir maande en jare en ons groei van kleuter tot tiener, dit steek iewers vas en kom altyd weer by ons op.

‘Sin’.

Dat die lewe ‘sin’ kan he en ons siele ‘rus’ kan he, dit is miskien die vishoek wat Frans se wese vang?

Want ‘sin’ is vir hom belangrik.

En om met ‘n siel in be-‘rus’-ting te lewe is waarvoor Frans elke dag hoop.

Dalk is dit omdat Frans homself teen soveel ‘vermoeide’ mense vasloop?

Mense wat moeg is.

Moeg vir die lewe.

Moeg vir die stukkend en die seer.

Die teleurstelling.

Dalk is dit hoekom die kinderjare kerklied so vasteek in sy stem?

“Dit is in ons Oorsprong dat ons ‘sin’ en ‘rus’ vind”, verduidelik Frans vir sy vrou, in ‘n poging om dit wat tot vervelens toe en tot irritasie van almal om hom so oor en oor die stilte versteur waar Frans homself bevind.

“Maar dis ‘n bietjie oppervlakkig”, se hy, “die liedjie”.

“Dis nie sommer net vir opstaan en my handjie in Jesus se handjie sit nie.”

Dalk was dit die gesprek om die aandete tafel wat die ding in Frans wakker gemaak het?

By die wees-huis het hulle ‘n Amerikaanse gesin ontmoet.

‘n Man.

Sy vrou.

Hulle dogter van 12 en seuntjie van 9.

Hulle reis.

Die gesin.

En neem foto’s en videos.

Vir ‘humanitarian organizations’.

“Om iets goeds, iets ‘sin’-vol te probeer doen”, verduidelik die man in Frans-hulle se werfie, langs die oop vuur waar stukkies hoender op vlou kole wag om gaar te word.

En dan gesels die vrou oor die Verre Oostelik Land waar hulle is.

En oor Godsdiens.

En hulle eie soeke na ‘n eenvoudiger lewe.

En sy maak die stelling:”It seems, as long as you don’t try to Evangelize anyone, you won’t get in trouble for your religion.”

En Frans se dogter vra heel onskuldig:”Wat is ‘Evangelize’?”

En Frans glimlag verlee, want sy kinders wat gebore is as kinders van ‘n NG Kerk Predikant, blyk heel onbeholpe te wees in die sake van Kerk en Godsdienstigheid.

Onkundig eintlik.

En Frans verduidelik vir haar:”Dis wanneer jy vir iemand vra of hy ‘Jesus’ ken en probeer om hom te ‘bekeer’.”

En dan besef hy die taal wat hy gebruik is onvoldoende, want van ‘bekeer’ en ‘Jesus ken’ weet die kind nie eintlik iets nie.

Sy ken God en Christus.

Sy bid.

En sy leef met ‘n wete dat ons lewens geskenk is.

Geskenk uit die hand van die Een uit Wie ons kom.

Maar sy’t nog nooit nodig gehad om ‘n ‘sondaars-gebed te bid nie.

Sy’t nog nooit behoefte gevoel om weg te draai van ‘n lewe wat gewoon saam met haar Skepper geleef word nie.

“Party mense glo dat God net sommige mense lief het”, probeer Frans verder in sy onbeholpenheid voort strompel.

“Hulle is van die oortuiging dat mense God moet kies, voordat God ‘n verbintenis met hulle maak en hulle red.”

“Maar waarvan moet hulle ge-‘red’ word?” vra sy.

“Nee, dit weet ek nie my Meisiekind.

“Miskien van die verwoesting wat ons almal oorval.

“Miskien van die onbeholpenheid waarmee ons deur die lewe voetter.

“Dalk van onsself.

“Ons stukkend, waarin ons gebore word en waarmee ons omring word, elke dag van ons bestaan, vandat ons aanmekaar geweef word in ons Ma se skoot.

Frans sien die twee Amerikaners en hulle kinders se fronse.

Hy besef hulle is nou ongemaklik.

Hier loop hulle, hulleself vas teen ‘n gesin wat bra stomp is in die dinge van Evangelisasie en heel duidelik buite die ruimte van aanvaarbare godsdienstigheid lewe.

“Dis God wat ons kies”, se Frans vir sy vrou terwyl hy rustig die dompelpompie uitspoel om ‘n vars pot koffie aanmekaar te slaan.

Een pot koffie is nie genoeg vir die twee van hulle in die oggend nie.

Lekker vars moer koffie.

Dis ‘n luukse waaroor Frans dankbaar is.

Toe hulle net in China aangekom het was die kontant min en die koffie kits.

Vir die beste deel van ‘n jaar.

Maar so leef ons deur alles.

En of ons nou kits koffie drink en of ons die voorreg van moer koffie het, in alles is ons dankbaar.

Want ons ontvang.

Elke dag.

Elke oomblik.

Elke bord kos.

Elke stukkie lewe, uit die hand van die Een wat ons almal tot lewe gebring het, en tot lewe bring en tot lewe behou.

“Daar is nie ‘n manier dat ons God kan kies nie,” hou Frans sy noot of nood, terwyl die twee leppeltjies moer in die vlekvrye staal potjie val.

“God maak ons.

“En God draai nie Sy rug op dit wat Hy gemaaknhet nie.

“Nie op een deel of een stukkie of een iemand van dit wat Hy geskepnhet nie.”

“Dis alles goed en wel, my man,” staan Frans se vrou hom teen, terwyl amper kookwater die moer tot geur roep in die sagte vloei van stoom en skuim.

“Wat van almal wat so stoei?

“Almal wat so sukkel?

“Wat leef, aan hulleself uitgelewer?”

“Yip”, stem Frans in.

“Dit is so.

“Beslis.

“Daar is ‘n verdomde oorweldigende massa vermoeides.

“En verkragtes.

“En vernietigdes.

“Bedruktes.

“En beswaardes.

“En befoeterdes.

“Daar is ‘n ontelbare skare wat voort strompel deur die lewe.

“Hulle lewens regeer deur die stukkend, van alles wat hulle beleef het, en alles wat hulle is.

“Alles wat ons is.

“En ek weet nie hoekom nie.

“Want ek het geen twyfel dat God die mensdom is ons totaliteit lief het nie.

“Selfs dit is ‘n argaiese idee.

“Dit weet ek ook.

“Dat daar ‘n God is Wie ons Oorsprong is en in Wie ons lewe vind.

“Dat ons almal heel toevallig uit ‘n een sel blob ontwikkel het

“Dis meer intelektueel.

“Maar waar daai blob vandaan kom of hoe daai blob totstand gekom het kan die slim ouens ook nie se nie.

“So iewers glo ons almal iets.

“Of vat ons ‘n raam wat ons om ons lewens hang.

“I can’t accept your frame”, se die meisietjie nou die aand in moegheid en moedeloosheid vir Frans.  “I’m not you.  I can’t look at life the way you do.  Sometimes I’m tired and fed up and life is crappy and I don’t like myself and everything is shit.  I don’t want your fucking frame.  It is a load of bull.”

Hy was so bietjie uit die veld geslaan.

Frans.

So vir ‘n oomblik.

Want dis nie asof hy mense loop en ‘Evangeliseer’ met sy raampie nie.

Hy lewe maar net.

En as mense hom vra, dan vertel hy hoe dit vir hom lyk.

Deur sy oe.

Op daardie oomblik.

En dit lyk vir hom mooi.

In al die wins en verlies.

In alles wat soveel minder is as die perfekte foutloosheid van sukses en wit hout heinings en uitgekamde lang haar honde wat vrolik bons op netjies gemanikuurde groen grasperke.

Maar hy besef, sy ‘happiness’, wat die teenoorgestelde van ‘vermoeidheid’ en ‘verslaenheid’ is, kan waarskynlyk netso irriterend wees soos sy ‘incessant humming’ vir die mense wat dit die heeltyd moet aanhoor.

Maar netsoos die wysies wat oor en oor op sy stembande kom sit, is die ‘happiness’ nie iets wat hy met moeite kies nie.

Dit is net daar.

Sonder dat hy dit besef.

En dit maak die spasie vol, waar hy homself bevind.

Meeste van die tyd.

Netsoos ‘crappy’ en ‘shitty’ en ‘disappointment’ die spasie in sy vriendinnetjie se hart die meeste van die tyd sonder moeite vol maak.

En hy wonder, Frans, hoe’t dit gekom?

Hierdie ‘sin’ en ‘rus’ en ‘general sense of well-being’ wat in sy hart leef, wat mense so af ‘piss’?

Miskien is dit Waarheid?

‘Truth’?

Miskien is dit dat hy die moed ontvang het om die Waarheid te sien?

Of iets van die Waarheid, nie as ‘n objek nie, maar as ‘n Iemand.

Miskien is dit dat die Waarheid hom oorweldig het.

“Maar God is nie ‘n boelie nie”, spring sy gedagtes tot woorde wat arm aan ‘n gedagtegang is en wat vir sy vrou redelik uit die bloute kom, terwyl hulle drink aan donker swart koffie.

“God dwing ons nie om Hom of Hulle te sien nie.

“Paulus se ‘self-beheersing’ is deel van die vrug, die resultaat van God se Gees in ons”, onthou Frans na-lees werk wat hy dekades gelede vir ‘n preek in die Kalahari gedoen het.

In ‘n tyd toe hy nie eens gedroom het dat hy en sy gesin ooit in hierdie vreemde wereld sou wees nie.

“Self-beheersing.   As ek reg onthou, verduidelik die een ou die Griekse woord so:’the ability to make free choices, because of a truthful knowledge of self and God’.

“Ek dink dis die Waarheid.

“Die Waarheid wat ons oorval.

“En ons die vermoe gee om ‘op te staan’ en ons ‘vermoeide hand’ na God uit te strek.

“En dis nie iets wat ons voor kan vra nie.

“Nie sonder dat ons dit ontvang nie.

“Maar as ons dit ontvang, dan is dit anders.

“As ons die Waarheid kan sien.

“Oor waar ons vandaan kom.

“In ‘n groot Oorsprong-sin en in ‘n klein tyd en plek gebonde sin, dan verander dit ons.

“Dan maak dit ons ‘vry’.

“Of ‘red’ ons.

“Miskien het ons nodig om gered te word van die teleurstelling en die hartser en die stukkend en die misplaaste verwagtinge en die verwronge idees waarmee ons volgemaak word van die oomblik wat ons tot bestaan kom?

“Miskien is dit waarvan ons ge-‘red’ moet word?”, dink Frans nou, vanoggend, moes hy dalk vir sy dogter verduidelik het.

“Ek weet net dit”, se hy jou vir sy vrou, “in alles is dit ons Oorsprong,  die Een uit Wie ons kom, Wie ‘sin’ en ‘rus’ in ons lewens bring.

“Maar dit moet ge-‘bring’ word, dit kan nie ge-‘haal’ word nie.”

Die kombuis is stil.

Behalwe vir ‘n paar vuurwerke wat ver in die afstand skiet.

Vuurwerke.

Daar’s altyd iemand wat iewers hier in die wereld ‘n bleddie vuurwerk aansteek.

“Ons kan nie onsself bekeer nie.

“Ons kan nie regtig ons ‘hand’ in ‘Syne’ sit nie.

“Maar o, donner, ons het nodig om oorweldig te word deur die genade van Waarheid.

“Om te sien wie ons is en was.

“En te sien wie ons geskep is om te wees.

“En te sien dat ons nodig het om inge-ent te word op Hulle.

“Dat ons nodig het om ge-ent te word op die Bron van alle lewe.

“Dis die Evangelie, my meisiekind,” se Frans dit te laat, terwyl sy dogter nog slaap, dae na die Amerikaners klaar gesmul het aan die stukkies hoender wat ook uiteindelik gaar gekom het.

“Dat daar Een Oorsprong is van alles wat is en was en sal wees.

“Dat Hulle skep, in liefde.

“Dat Hulle nie tot niet laat gaan of vernietig enige van dit wat Hulle tot stand gebring het nie.

“En dat ons die beste af is, wanneer ons inge-ent saam met Hulle lewe.

“Dat ons dan, dan eers, loskom van die stukkend wat in hierdie werklikheid gekom het.

“En lewe.

“In rus.

“En met sin.

“Gelukkig.

“Te midde van die wins en verlies wat noodwendig deelmis van die orde waarbinne ons onsself bevind.

“Die stukkend.

“Dis baie.

“Dis te veel.

“Nie net in kinders wat sonder sig gebore word en deur ouers weggegooi word nie.

“In oorlog.

“In moord in stad en op plaas.

“In honger.

“So honger dat ek steel.

“In Ma’s wat so koeg is dat hulle nie omgee om hulle dogters te offer nie.

“En Pa’s wat die offers verslind, sonder gedagte aan kore, en sonder herhinnering as more kom.

“In trek arbeid.

“In Politieke sisteme.

“In vernietigende ekonomie.

“In onversadigbare honger wat gekweek word deur bottels en ‘daycare’ en afwesige ouers.

“Fokkit!

“Die stukkend is om ons en by ons en in ons.

“Ek wonder hoeveel my stukkend my kinders vernietig?

Dis die een gebed wat Frans oor-en-oor bid.

“Verlos my kinders van jy Boosheid.  Maak dit vir hulle, asof niks daarvan is nie.  Sodat hulle ten minste kan lewe, nie met ‘n agterstand nie, maar met ‘n skoon vel.  Waarop geteken kan word, sonder die vuil uitvee merke wat die meeste van ons eers moet maak.”

En die dag begin.

En die liedjie is weg.

Maar die wete dwaal.

En die hoop.

Dat Hulle uit Wie ons kom, in al Hul Goedheid en Guns, Wasrheid sal skyn.

Op Frans.

En in Frans.

En op sy huis.

Sy kinders.

En sy vriende.

En die paar blinde kindertjies met wie hy van tyd tot tyd speel.

En die mense wat gekies het om hulle te versorg.

Want Waarheid is onveranderlik.

Maar dit is nie ons nie.

En ons het altyd weer nodig om die lig daarvan op ons siel te voel.

Soos die son op die groen blare van die Wilger Boom.

Sodat ons kan groei en meer word.

En so kry Frans se lewe sin en vind hy rus in Hom.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s