Frans Reisema en Rooi Kappie

image

Vanoggend is Frans die nare Wolf.

Sy kleinste is Rooi Kappie.

Hulle speel in ‘n woudjie so 5 minute per fiets uit die ‘village’ wat sy ken as huis.

Die kind.

Sy was skaars 18 maande oud toe Frans en Kie opgepak het daar in Afrika, en net met ‘n tas in die hand geklim het, om ver op reis te gaan.

Sy’t nou al meer verjaarsdae in Ooste gehad, as wat sy gegun was onder Afrika se son.

Oppad woud toe staan sy agter Frans op die driewiel fiets bakkie ding se raam en die onderwerp van bespreking is Renosters.

“Ek sal graag ‘n Renoster wil he”, se sy.  “Hoekom is hier nie Renosters nie?”

Aai, die vrae.  Frans weet selde hoe om antwoorde te gee op al haar naspeur werk en wonderry.

“Ek hou ook van Renosters”, antwoord Frans, sonder om te antwoord.

“Ek wil een he”, dring sy aan.

“Maar Renosters het baie plek nodig”, verduidelik Frans.

“Dan net ‘n baba Renostertjie”, hou sy vol.

En Frans glimlag, want sy Poppertjie het baie planne.  Laas week wou sy ‘n baba olifantjie gehad het.  ‘n “Siaoda Dasiing” het sy van gepraat, want op 4 weet sy nie lekker van 3 tale wat haar omring nie, en is sy salig onbewus dat daar mense is, soos haar Pa en Ma, wat nie ‘n idee het waarvan sy praat as sy sonder besef oorslaan na Chinees nie.  “Wa siangjo-ou siado dasiing.  Wa ai ta.”   En nog meer, wat Frans nie seker is of dit Chinees is, of Engels of Afrikaans of AfrEngChees nie.

Nous hulle in die woud.

Sy Poppertjie het ‘n mandjie in die hand met twee appels, twee koekies en ‘n botteltjie Pepsi daarin.

Frans staan non challant teen ‘n boom, terwyl sy al singende in die smal woud paaidjie afgestap kom.

En dan se hy:”Hallo daar”, in die slinkste Wolferigge stem wat hy kan uitkry.

En sy is verras, asof sy onbewus was van sy teenwoordigheid.

“Hallo”, antwoord sy vriendelik.

“Wat is jou naam?” vra die Wolf.

“Ek is Rooi Kappie”, bied sy maklik die inligting aan, “ek is oppad na my Ouma, sy is siek, ek het vir haar appels en koekies en medisyne”.

Sy ken die draaiboek van die storie.

“Jitte, maar jy’s ‘n gawe klein dogtertjie”, maak die Wolf praatjies.  En dan die na-vraag:”Waar bly jou Ouma?”

En sy Poppertjie lag.  “Ek gaan nie vir jou se nie!  Jy’s ‘n nare Wolf en as ek jou se waar my Ouma bly dan gaan jy vinnig soontoe hardloop, haar op-eet en probeer om my ook op te eet!”

En sy spring om, gooi haar mandjie neer en storm die woud in, die Wolf kort op haar hakke, met ‘n woeste grom.

“O, so!  Jy probeer wegkom ne!  Dan sal ek JOU maar moet op eet!”

En Frans gryp haar.

En sy se:”Pappa!  Kom ons hou piekniek.”

En Frans is nie meer Wolf nie, maar die blou kombersie word op die woud blare vloer oopgegooi en die appels en die koeikies en Pepsi word bedien.  Die grootste ‘breakfast’-feesmaal wat Frans in ‘n lang tyd gehad het.

“Jy’s ‘n goeie Wolf, Pappa.  Ek was bang vir jou”, se sy terwyl sy aan haar appel kou.

En dan gaan haal sy takke onder die bome, want sy wil ‘n huis bou.

En Frans help haar.

Die pratery is eers op ‘n einde.

Sy Poppertjie konsentreer op die beste langste takke vind, om ‘n goeie huis te bou.

“Geen Wolf gaan my huis omblaas nie”, verklaar sy met die optel en soek saam.

En Frans dink aan die Wolwe van die lewe.

Daars altyd ‘n verdomde Wolf wat alles wil opfok.

As hy nie vir Rooi Kappie en haar Ouma wil verskeur nie, dan wil hy die 3 klein varkies se huise omblaas en die 3 boeties vir aandete eet.

Of jou eers in die strik van skuld vang, en dan met die galgtou om die nek jou wurg en wurg tot jy nie meer kan nie.

Of jou woonbuurt bitter gallig maak met ‘n konstante gesanik oor heinings en honde en opritte en geraas.

Of jou uitmergel by die kantoor, met ‘petty competitiveness’.

Of iets.

Miskien is dit hoekom ons die stories vir ons kinders vertel en Rooi Kappie in die woud speel?

Sodat hulle weet van die Wolwe.

En soos sy Poppertjie ten minste die ‘savvy’ het om om te spring en op die vlug te slaan met die eerste kans wat sy kry.

Al help die vlug nie altyd nie.

Dalk is daar ‘vindication’ in nie jouself offer as ‘n slagskaap nie?

En dan bou hulle huis.

Leuen die takke wat sy bymekaar gemaak het sorgvuldig teen ‘n boom, tot daar iets staan wat soos ‘n bos skuiling lyk.

Sy Poppertjie vat ‘n bossie en vee haar huis se vloer.  “Die gaste gaan nou-nou hier wees.”

Dis vir Frans ongelooflik om tyd saam met hierdie mens te he.

Elke oomblik is ‘n les en ‘n stukkie lewens kommentaar, in-een-gerol met liefde en onskuld.

Iemand vra hom nou die dag:”Wat maak jy in elk geval daar in China?”

En hy sou baie antwoorde kon gee.

“Ek probeer studeer.”

“Ek reis maar ‘n bietjie.”

“Ek staan ‘n bietjie terug.  Na 20 jaar se aspirasie en woeker.  Ander ouens het die luukse van ‘sabaticals’.  Eknhet skoolgee in China.”

Die waarste antwoord, op hierdie oomblik, is egter:”Ek speel Rooi Kappie en die Wolf, met my Poppertjie, op ‘n Lente oggend, in ‘n semi-verlate woudjie.”

Hierdie oomblik.

Dit is …

Wat is dit?

Frans weet nie.

Betekenisvol?

Miskien.

Miskien is betekenisvol die verkeerde woord.

Miskien is dit eg.

More, netsoos alles waaraan Frans die afgelope 20 jaar gewy het, sal die hout huisie nie meer staan nie.

Maar dit sal nie saak maak nie.

Want dit gaan nie oor die huisie nie.

Dit gaan oor die oomblik.

Die wees.

Saam.

Hier op ‘n plek wat niemand anders ken nie.

Besig met iets wat nie regtig saak maak nie.

Wat nie bedoel is om ‘n verskil te maak of wins te skep of toekoms, of wat ookal nie.

Wat sommer net is.

Vir die lekker daarvan.

Nie deel van ‘n groot plan nie, alhoewel dit deel was van sy Poppertjie se planne.

En dis ‘okay’.

Miskien is dit hoe God ook met ons omgaan.

Help ons bymekaar maak aan stokkies en help ons bou aan ons huisies, wat vir ons so geweldig belangrik is, al sal dit nie staan nie?

“Ek weet nie.” se Frans hardop.

“Wat weet jy nie, Pappa?” Vang sy Poppertjie hom in sy gedagte dwaal.

“Ek weet nie of hierdie huis sal bly staan teen die Wolf se ge-‘huff’ en ge-‘puff’ nie?” antwoord Frans te vinnig.

“Maar gaan roep hom”, se sy.

En Frans stap ‘n paar tree weg die woud in.

En die Wolf kom baie naar en kwaai aangestap na die huisie.

“Kom uit klein varkie.  Ek wil joumop-eet.”

“O, nee jou nare Wolf!  Vir my gaan jy nie eet nie.  Ek en jy Pappa het ‘n stewige huisie gebou.”

“Dan sal ek maar hyg en blaas en blaas, tot ek jou huisie onderstebo blaas”, se die Wolf.

En hy hyg en blaas en hyg en blaas, maar die huisie staan.

“Sien jy Pappa!” se sy met n bree glimlag.  “Jy’s verniet bekommerd.  Die Wolf sal ons nooit kan vang nie.”

Verniet.

Bekommerd.

Want miskien is die Wolf wat ons so dreig maar net ‘n storie?

“So what, as ek nie orals kan by-kom nie en nie ‘n baba Renoster of Olifantjie kan aanhou nie?  So what as ek nie die rykdom van Bransons en Zumas kan vergaar nie en nie die aanstellerige faam van ryk  hoer middelklas mense met hulle klein townships in duur woonbuurte kan bekostig nie?  Wat maak dit alles saak?  Wat van dit staan tog op die ou einde?”

Nou die aand bak Frans se vrou koek vir hulle Poppertjie se verjaarsdag.

Nie uit ‘n resepte boek nie.

Sommer so uit haar kop en hart, met al die ondervinding van 33 ander koeke wat te vore gebak is.

En Frans dink daaraan, dat al is ons tasse in die hand lig en leeg, is ons tasse vol.

Met kennis.

En ervaring.

Met belewenis.

En ontdek.

Met ondervindinge van ‘n klomp goed wat aangepak is en geleer is op ‘n interesante lewenspad.

En geen doane en aksyns offisier kan mens dwing om die tas uit te pak nie.

Wat ingepak is, is in.

En altyd weer reg om uitgehaal te word op die tyd wat dit nodig is.

Asof iemand gehelp pak het.

Iemand anders.

Iemand Wie geweet het wat in die tas moet kom, vir volgende bestemmings wat altyd raaisels bly in hierdie oomblik.

Oppad huistoe se Frans se Poppertjie vir hom:”Dit was lekker, Pappa.  Ek hou daarvan om by jou te wees.”

En Frans wonder oor wat alles in haar tassie gepak word.

En of hy kans gaan kry om te sien wat sy eendag uithaal.

En hy wonder oor die ander ‘privilege’ wat ons almal het.

Om gelukkig te lewe.

In ‘n wereld wat moeg gestoei is.

En hy glimlag terwyl sy Poppertjie bloeisels pluk van appelkoos en peer en perske bome, soos die lendelam drie wiel fiets bakkie ding die kronkel paadjie huistoe vind.

Want sy lewe is vol.

En die geskenke wat hy elke dag oopmaak is ‘beautiful’.

Raar en kosbaar.

2 responses

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s