Frans Reisema en die Parkie

image

Dis ‘n ou plank, wat Frans teen die muur gekry het, opgehang in ‘n kaal boom wat staan in ‘n klein stukkie grond.

Die tou het 10¥ gekos by die plaaslike mark.

Frans en sy seun het gate in die plank geboor met ‘n boor wat hulle geleen het by die ‘Landlord’.

En omdat die enigste tak wat sterk genoeg gelyk het effe krom en skeef is, swaai die swaai effe krom en skeef.

Vir haar is dit ‘n Parkie.

“Kom ons gaan speel in my Parkie, Pappa!” nooi sy hom.

Elke dag wat die son skyn.

“Dis die lekkerste parkie in die hele wye wereld!” verklaar sy, terwyl hy haar swaai en hulle saam grawe in die grondjie waar die hod vasgeketting gele het toe hulle op die eerste dag by die huisie in die ‘village’ op die buitewyke van Beijing aangekom het.

“Ek ken nie nog ‘n dogtertjie wie se Pappa vir haar, haar eie Parkie gebou het nie.”

En Frans glimlag.

Want sy 3 en ‘n halfjarige dogtertjie, wat hy en sy vrou op hulle ou dag in die lewe in gevry het, se perspektief verstom hom.

En hy bid saggies.

Dat sy altyd hierdie perspektief sal hou.

Styf vas.

Die plank in die boom en die omgedolwe grond waarin ‘n stukkende rooi emmertjie en ‘n plastiek leppeltjie le, is die lekkerste Parkie in die hele wye wereld.

Dis ‘n geskenk, dink Frans, terwyl hy sy feetjie swaai.

Om met die oe, waarmee sy sien, te kan sien.

En daar sal blindes wees wat lag vir haar.

“Parkie?  Jy’t nie ‘n Parkie nie!  Jy’t ‘n verdomde weggooi plank wat in ‘n boom gehang is.”

Daar is altyd blindes.

Vir wie hierdie oomblik van hulle eie lewe onvoldoende is.

En wie daarom oordeel dis hulle reg om die onvoldoendenheid oor te dra op jou lewe ook.

En skielik is Frans ‘n Prins.

Wat saam met sy klein Prinsessie regeer oor die Parkie en die swaai en die ou mop wie nou ‘Geminy’, hulle onderdaan geword het.

En terwyl hulle onderdane hiet-en-gebied en heerlike maaltye, opgetower uit grond en ou herfs-blare, geniet, dink Frans dat dit dalk een van die sleutels is wat hy lankal met hom saamdra en waarmee hy telkens geluk oopsluit, waar die lewe hom ookal bring.

En hy wonder wie hom, en nou sy dogtertjie, hierdie sleutel in die hand gestop het?

En hy dink aan die tye toe hy die sleutel verle het.

En hy besluit om die sleutel met ‘n rooi lint om sy nek vas te maak, sodat hy dit nooit weer sal verloor nie.

En tot laat speel hy en sy Prinses in die lekkerste Parkie in die hele wye wereld, totdat die ‘Queen of Hearts’ hulle roep, omdat ‘the servants have prepared your bath’ en ‘the cook is almost ready with dinner’.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s