Frans en sy ‘Niks’

image

“Silwer en Goud het ek nie.”

Hierdie woorde maal in Frans se kop, vanmore.

Oor en oor.

Dit was ‘n rowwe nag.

Hulle was gister stad toe.

Met die bus.

Hulle het gaan speel.

Beijing is versmoor in ‘n donker grys wolk.

Spoke wat hang onder straatlampe wat heeltemal te vroeg aanskakel.

Busse met gemaskerde mense.

In die boogskiet-saal, naby Suzhuang se moltrein stasie, is die lug vars.

Meganies gefilter.

Sagte musiek speel.

Antieke, Chinese musiek.

Frans en sy span geniet die ritme van pyl in die boog sit, snaar styf span en skiet.

Oor en oor.

Gaan haal die pyle.

Skiet.

Dis ‘n lekker middag.

Nie ‘n raserige uitbundige middag nie.

Net ‘n lekker saam-wees middag.

Van iets anders deel.

As hulle buite kom is dit laat-aand donker.

Die horlosie in die oorvol bus wys dat dit skaars na vyf is.

Die kondukteur dring aan dat Frans met sy kleinste sit.

Op ‘n stoel wat sy leegmaak deur ‘n jong outjie op te jaag.

In die 20 minute huistoe raak sy in sy arms aan die slaap.

Ten spyte van die oorvol bus en die swaar grys wolk wat om alles hang is daar rustigheid in Frans se hart.

Hy luister na sy dogtertjie se ritmiese asemhaling.

Sy hart vol dankbaarheid met elke in en uit wat sy teen sy bors sug.

Sy is geskenk.

Uit die hand van ‘n onbegryplike Oorsprong.

Sy arms vou stywer om haar klein lyfie en sy sug te vrede.

Vryf haar wang in Frans se nek.

Dan is die bus in die ‘village’.

Frans staan op.

Sy kleintjie in sy arms.

Hulle skuur en stoot tussen al die mense uit, deur toe, uit die bus.

Twee tree.

Frans kyk om, om te sien of sy span almal veilig en betyds van die bus af is.

Draai huis se kant toe.

Tree vorentoe.

Sy dogtertjie vas aan die slaap.

Veilig in sy arms.

Hy tree.

Trap.

En tuimel aarde toe.

Sy regter voet in ‘n ou vuil ly-voor.

Sy dogter op die pad.

Agteroor.

Slap.

‘n Oomblik is hy verdwaas.

Uit die veld geslaan.

Dan sien hy haar.

Pap.

Hy strompel op sy kniee.

Gryp haar op.

Versigtig.

Hy weet nie hoe hard sy geval het nie.

Sy lyf is koud.

Sy dogtertjie reageer nie.

Haar armpies en koppie hang slap.

Sy mompel.

Hy dring aan.

Angstig.

“Vat my vinger!”

“Poppie!”

“Poppie!”

“Kyk vir my!”

“Kan jy my hoor!”

“Kan jy jou arms beweeg.”

Niks.

Frans se hart klop.

Sy asem is kort.

Hulle is in ‘n vreemde land.

Hulle is ver van ‘n dokter of ‘n hospitaal.

Sy maak haar ogies oop.

Flou.

En vir ‘n oomblik wil verligting sy opwagting maak.

Maar daar is niks.

Frans strompel die 500 meter huistoe.

Sy span om hom.

Hy sit sy dogtertjie se pap lyfie op die bed neer.

Sy se “Pappa”.

Lig haar armpie op.

Maak haar ogies oop.

Dan slaan hulle wit.

En terug.

Maar hulle sien nie.

Sy reageer nie.

Dan kom albei armpies op, om sy nek.

Hy tel haar op.

Hoopvol.

As sy haar arms kan beweeg kon haar rug nie seer gekry het nie, dink Frans.

Sy sit haar koppie op sy skouer.

En dan, die volgende oomblik gaan haar lyf slap.

Haar kopie gaan agteroor.

Wit waar oe behoort te wees.

En die warm van piepie loop teen Frans se lyf.

En die gal-brand van ou prente loop af teen Frans se siel.

Van Willie, ver in die ou Kalahari, in sy laaste laaste oomblik, met liggaams-vloeistowwe wat orals uitloop, soos lewe vertrek.

Van ‘n hondjie in die nag op ‘n koue badkamer vloer.

Wit om die mond.

Nat om die lyf.

Leweloos.

“Poppie!”

Sy hande gryp haar vas.

“Poppie!”

Hy druk haar teen hom.

“Poppie!”

En dan is daar weer krag in haar.

En skielik woorde op haar mondjie.

“Ek het gepiepie, Pappa.”

En Frans haal weer asem.

Almal is by.

Hulle trek haar droog aan.

Sy staan wankelrig.

Kyk.

Maar niemand weet of sy sien nie.

“Gaan haal geld”, se Frans vir een van die ander kinders.

“Kry ons baadjies en ons paspoorte”, se hy vir sy vrou.

En hy is uit by die deur.

Hy storm in by die bure.

Sy dogtertjie se lomp lyfie in sy arms.

Daar waar sy veronderstel is om veilig te wees.

“Bang-bang, Wa!” se hy angstig.  “Help my!  Jie-joe-hen.  Hospitaal. Asseblief.”

En dan is hulle in die swart Audi.

‘n Man wat hy nie ken nie agter die stuurwiel.

Sy vrou, hulle buurvrou en buurman agter in.

Die man jaag.

“Hazard-lights” wat oranje flits in swart “smog”.

Verkeersligte wat geignoreer word.

En al is hulle 10 minute later in die Liangxiang hospitaal voel dit soos ‘n ewigheid.

Sy dogtertjie styf teen sy bors.

Haar lyfie nie meer slap nie.

Haar asemhaling vlak.

Hulle bars deur die deure van die hospitaal.

Buurvrou voor.

Buurman en sy vrou op Frans e hakke.

Sy dogtertjie se geel beerdjie kombers wat wapper.

‘n Dokter kyk met ‘n liggie in haar oe.

Voel haar nek.

Haar skedel.

En dan is hulle in ‘n ambulans.

Al 5 van hulle saam met Nood Personeel wat plakkers op sy dogtertjie se lyf sit om haar hartklop te monitor.

Die piep-piep van lewe gemeng met die oorverdowende geloei van sirene, die klankbaan van hierdie vrees aanjaende oomblik.

Sy dogtertjie huil.

Hy troos.

Hy sit sy hand op haar lyf.

Hy bid.

Sonder woorde.

Hulle is oppad na die Beijing Kinder Hospitaal.

In die midde stad.

Niemand verduidelik nie.

Hulle kan nie.

Hulle praat nie genoeg van mekaar se taal nie.

Die buurvrou se hulle moet net vasbyt.

Dan is hulle by die volgende hospitaal.

Nog ‘n dokter.

Nog liggies in die oe.

Nog lomp verduidelik wat gebeur het.

Hoe se jy vir vreemde mense in ‘n vreemde land, in ‘n taal wat jy skaars kan praat, dat jy met jou dogtertjie geval het?  Dat haar lyfie in jou arms pap geword terwyl het terwyl haar piepie teen jou lyf afloop.

Die dokter se hulle moet ‘n CT Scan gaan doen.

Daar staan ‘n tou mense.

Elkeen met ‘n kleintjie in die arms.

Almal wag vir ‘n beurt om gescan te word.

Minute word ure.

En dan word sy dogtertjie wakkerder.

Se sy is dors.

Die buurman bring water.

Die buurvrou stoei met personeel.

Hierdie dogtertjie is goud.

Sy moet nou ge-scan word.

Maar hoe kies mens?

Hoe kry een kindjie prioriteit oor ‘n ander een.

En dan word sy gescan.

En dan wag hulle vir die uitslag.

Die bure by hulle.

Die heeltyd.

Frans verduidelik dat hulle moet huistoe gaan.

Hulle sal nou reg kom.

Dis laat.

Al na 12.

Die bure se nee.

Hulle is hier.

Hulle glo dat Frans hulle sal regkom, maar hulle is saam.

Bymekaar.

En die uitslag kom.

En die dokter se dis kwaai harsingskudding, maar die scan lyk goed.

Hulle moet haar 72 ure dophou.

As sy braak of stuip-trekkings kry, of kla van seer nek of kop, dan moet hulle dadelik kom.

Verligting oorweldig Frans.

En sy vrou.

En die bure.

Sy is okay.

Sy is okay.

Frans byt sy lip.

Sy siel is vol met goed wat hy nie kan se nie.

Hoe weerloos is ons.

Hoe uitgelewer.

Hoe, in een enkele oomblik, skeef kan dit loop.

Hoe ongelooflik is dit dat mense, mense vir wie jy niks kan doen nie, mense wat jou nie een enkele ding skuld nie, dat hulle vir jou kan omgee, vir jou, ‘n vreemdeling, kan help, asof jy familie is.

Sonder om ‘n oomblik te huiwer.

Sonder om twee keer te dink.

Sonder om klaar te wees by die eerste kans om uit te glip.

Sonder perk of gedagte aan ongerief.

En Frans wonder oor die kosbaarheid van sulke mense.

Waar kom hulle vandaan.

Hoe kan dit wees, dat hulle reg langs Frans en sy gesin bly.

Die buurman reel n taxi.

Die swart Audi is terug ‘village’ toe, saam met die man wat Frans nie ken nie.

Dis amper 2 uur.

Die strate is stil.

Die Gholf glip oor die swart strate, 34 kilometer sonder stop.

By die ornamentele ingangshek met sy gedraaide yster en goue blomme en krul dak groet die bure.

Frans en sy vrou se dankie.

En weer dankie.

Maar ‘dankie’ het nie genoeg betekenis nie.

Nie hiervoor nie.

Nie vir sulke mense nie.

“Silwer en goud het ek nie, maar dit wat ek het gee ek jou.”

Dis hoe die woorde loop.

Maar Frans het niks.

Niks om te gee nie.

Niks.

En sy hart huil.

Want in sy arms, sy lomp arms, is niemand veilig nie.

En sy hart juig.

Want, op een of ander manier, deur genade onbeskryflik groot, is hy omring deur mense wat aan liefde en goedhartigheid nuwe betekenis gee.

En sy dogtertjie lewe.

Ongeskonde.

Ten spyte van.

En hulle sit haar in die bed.

By hulle.

En hulle se dankie.

Daai blik dankie wat nie genoeg is nie.

Vir ‘n suster wat ‘n pak note in hulle hand gestop het oppad uit en na hulle kinders se harte omgesien het, terwyl hulle op ‘n jaagtog deur Beijing se besoedelde strate was.

Vir kinders wat bid en wag en lief het.

Vir vreemdelinge wat soos familie lief het.

Sonder skroom.

Vir nog ‘n oomblik.

Saam.

Midde in die weerloosheid in ‘n donker middernag sonder tyd of grens.

3 responses

  1. Is so angstig as ‘n klein Poppie seer is. Iemand het net so per ongeluk by die Skou met sy slaap-kind geloop. Gestruikel. ‘n Besope man struikel teen hulle vas. Bier in die plêstiek bekertjie. Daar breek sy ‘n kinder rib toe hy op haar val. Longetjie bly platval. Polisie drama. Hy word ondersoek vir publieke drank misbruik. Kinderwelsyn pluk die hoender.

    Dit was die laaste keer wat ons ooit Pretoria Skou toe is…

    Dis die enigste beentjie wat ooit in my lyf gebreek het.

    Ek’s nou nader aan vyftig as veertig…🤔

  2. Pingback: Stumbling Upon an Amazing Place of Love | Traveling Tribe

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s