Frans en die Furnace

image

Party goed in die lewe is maklik.

Meeste is moeilik.

Soos die verdomde ‘furnace’ waarmee Frans vanaand bedrywig is.

Dis n bleddie gesukkel.

Maar dis koud in die ‘village’ en die huisie waarin Frans en sy gesin nes geskop het, hier in China,het dringend hitte nodig.

Die silwer pype sit in elke kamer, netjies agter hout panele weggesteek.

Koue pype wat nutteloos spasie opneem, as die ‘furnace’ vlamloos wag om gestook te word.

Die ‘weather app’ het koue voorspel.

Vroee koue vir ‘n omgewing wat gewoonlik eers in Desember na enkel syfer ºC toe mik.

Frans het besef, as hulle dit gerieflik wil maak, dan sal hy die verhitting aan die gang moet kry.

Sy kinders het soos ‘super heroes’ met kombers klede deur die huis begin dwaal.

Sy vrou, soos daai ou van die Matrix, met ‘n lang swart jas van kamer tot kombuis, tot sitkamer.

Dit sou seker gehelp het as daar warm water was.

Maar die word stadig maar seker op die gas stoof gemaak.

Ketel vir ketel.

Want die son-geyser het 3 weke laas son gesien en die deurvloei-water-verhitter wat hulle bestel het, het nog nie gekom nie.

Terwyl Frans noukeurig ‘n vuurtjie stook met hout wat hy op verskillende hope rondom die ‘village’ ge-‘scavange’ het, neurie hy.

Onbewus van woorde.

Om die steenkool aan die brand te kry, moet jy vuur maak.

Genoeg vuur om die steenkool tot rooi lewe te roep.

En die steenkool wat Frans gekoop het is onwillig.

Eers fyn houtjies.

Met kerswas en ‘n kersie brand gemaak.

Dan bietjie dikker houtjies.

Met elke stukkie boom en bas is die ritme van  ‘n Ou-ou liedjie die tempo.

Van ‘n land wat baie ver hiervandaan is.

” weerlose, weerlose mense
op reis van perron na perron
in ‘n middernagland
sonder grense of tyd
en ‘n ewigheid ver van die son,
van die son
en ‘n ewigheid ver van die son …”

As die fyn houtjies rooi begin vlam, terwyl hy effe dikker houtjies bo-op le maak, vind die wysie woorde.

Maar nog onbewustelik.

Soos ‘n gedagtelose mantra wat maal.

Oor.

En oor.

En dan, asof die liedjie Frans se diepste gedagtes vorentoe roep, so met die vuurstook saam en die rooi van vlamme, is die prentjie voor hom.

Van weerloosheid.

‘n Ou op die stasie, met sy verslete tas.

‘ n Dowwe lig wat middernag se donker probeer wegstoot.

‘n Kondukteur wat nader staan.

Seker omdat ‘n trein oppad is.

‘n Groot ronde horlosie, sonder arms, teen die stasie muur, sonder tyd, sonder aanduiding.

Kyk.

Sonder uitdrukking.

Uit ‘n vaal wit gesig, geraam met ‘n stowwerige swart sirkel.

En Frans sien sy eie weerloosheid.

In ‘n wereld vol weerloses.

Hyself, op reis van perron na perron.

Die middernag lank.

Sonder grens of tyd of klank.

‘n Ewighied.

Ver.

Van die warmte van die son.

Dis nie bedrukte gedagtes wat in Frans se hart maal nie.

Dalk is dit eerlike gedagtes?

Van ‘n besef.

Wat ‘n mens seker dalk kan bang maak.

Of, miskien, kan dit ‘n mens iets laat sien?

Die vuurtjie brand en Frans sit ‘n kleinerig stompie of twee bo-op.

Die vuurtjie is net die begin.

As dit brand, dan moet hy steenkool laai.

Eergister is hy met sy vrou se bakkie-fiets in die ‘village’ in, op soek na steenkool.

In sy gebroke Chinees het hy die bure gevra waar om te koop en hulle het verduidelik, of eerder beduie, so goed soos hulle kon, sonder Engels, en hy’t gemik na die mark se kant toe, waar hy al trokkies sien staan het.

Hy’t nie ‘n idee wat dit gaan kos nie.

En of daar gaan wees nie.

Hy’t nie ‘n idee van steenkool nie.

Is daar goeies en slegtes?

Is daar steenkool wat beter is as ander steenkool?

Maar terwyl hy die verslete furnissie, wat jare laas gebruik is, skoon gemaak het, het hy verstaan dat hierdie ‘n proses sal wees.

En hy was opgewonde.

Want dis iets nuuts die.

Hy’t groot geword met kaggels en buite vure waarop choppies braai.

Van furnisse en verhitting weet hy nie veel meer as om die olie-heater in te prop nie.

Hy’t ‘n vaal grys trokkie, swaar gelaai met swart klippe, opgespoor.

Met die man gepraat en onderhandel.

Hy’t 500 ¥ in sy sak.

Net 500 ¥ .

As dit meer kos, dan sal hy in die kosgeld moet in rysmier om hitte vir die huis te skep.

Die man beduie met sy hande 700 ¥.

Frans protesteer.

Hy dring aan op 500.

Dis al wat hy het.

Op die ou einde kom hulle ooreen op 600.

En met sy vrou se 3-wiel-bakkie-fiets ry hy voor die vaal-grys trokkie, die 2 kilometer huis se kant toe, wys die pad.

Help die man by die smal gangetjie in  tot voor die gat onder die stoep, waar die steenkool sal moet in na die Furnace kamer toe.

Nou haal die man ‘n blaai uit.

Begin nommers skryf.

600 x 2.2 = 1320

Eers verstaan Frans nie.

En toe snap hy.

Die prys waarop hy orreengekom het, is nie 600 ¥ vir die trokkie nie, dis 600 ¥ per ton en die trokkie, so beweer die man, het 2.2 ton op.

Frans skud kop.

Se, in sy beste Chinees:”nee-nee, dit kan nie. Ek het 600.  Wa jou-hou leeu-baai.  Ek kan nie 2.2 ton koop nie.  Ek kan jou nie betaal nie. Wa boe-maai liang gwar.”

Die man is ontsteld.

Praat ernstig.

Beduie na die trokke en die vrag en verduidelik hoe dit werk.

Frans leer.

Die huis sal moet koud bly.

Betaal dag is 7 dae ver.

Dan sal daar weer nog ietsie wees om by te sit.

“Doi boetsie”, se hy.  ” Skiestog.  Ek het nie besef nie.  Dis okay.  Meisher.  Gaan maar.  Zola.  Ek verstaan.  Wa chirtao.”

Die man skud kop.

Krap voor in die trokkie.

Kom met ‘n maatband uit.

Begin meet op die bak.

Kap ‘n pen in so net diskant die middel van die bak.

“Leeu-baai”, se hy.

En met die halwe woord verstaan Frans.

Om ‘n goeie begryper te wees, is handig in die ge-Ooste.

“Leeu-baai”, herhaal Frans.  “Hao.  See-see-a”.

Eerder as om met sy hele vrag terug te mik mark toe, laai die man, wat hy dink ‘n ton is af.

Frans betaal.

Bedank.

En begin om die ton steenkool in die furnis-kamer in te werk.

Een graaf, een kruiwa, op ‘n slag.

Ure later is dit binne.

‘n Week later verstaan Frans hoekom die man so gretig was om maar liewer ‘n ton af te laai.

Want die verdomde swart klippe wil nie brand nie.

En as dit uiteindelik brand, dan brand dit net ‘n rukkie.

En deur die nag, verloor dit hitte.

En more oggend is dit van voor af stook en van vooraf vuurmaak, dat Frans vir sy gesin se:”Nee, hel, so kan ons nie volhou nie.  Dis ‘n dag se werk om die stofie aan die gang te hou.”

En hulle bedank hom hartlik.

En hulle vra mooi en belowe om te help.

Want dis koud.

Dit het al gesneeu.

Dan een oggend, as Frans vroeg-vroeg kombuis toe skuifel, en voel aan die silwer pype of daar nog hitte is, brand hy sy hand.

Sovveel so dat ‘n freeslike woord by sy mond uitglip.

Gelukkig slaap die kinders nog.

Wel die kleinste ene.

Op 3 en ‘n 1/2 is sy soos ‘n band opnemer.

Praat alles na.

En doen alles na.

Stap so ewe kordaat die kombuis in, een middag, kondig aan:”dit fokken sneeu!”

Nie asof Frans en sy span met Fok en Donder deur die lewe gaan nie.

Hulle is sagte mense.

Maar nou ja, iewers skuur die vernis altyd af en dan kan almal sien watse hout onder die blink weggesteek word.

Die oggend slaap sy nog en sy hoor nie wat Frans alles oor die pyp te se het nie.

Maar hy is eintlik beindruk.

Want dis mos hoe verwarming moet wees.

Freeslik warm.

Hy dink by homself, ‘eindelik het ek die stofie baas geraak’, trek sy Alaska Bootse aan en wikkel af onder die huis in om te gaan kyk wat aangaan, dat hy ‘n nota kan maak en onthou om dit so aan te hou doen.

Maar sy teleurstelling is groot.

Die furnace-kamertjiemis onder water.

Die ‘presure gauge’ op die verslete stofie het geblaas en die laadte druppel water wat in die silwer pype ingetap is het uitgeloop.

In die kombuis, teen die muur, is daar so vierkantige plastiek bak.

Dis waar jy die pype volmaak.

Emmertjie vir emmertjie.

Frans gaan kyk.

Die bak is leeg.

Die ‘landlord’ kom.

Maak reg.

En Frans stook weer van vooraf.

Nog hout geroof op hope wat versigtig bymekaar gemaak is vir die winter, deur goeie mense wat geweet het winter kom.

En dan een Sondag besef Frans die steenkool raak op.

“Ons sal nou moet besluit of ons aanhou karring en of ons moed opgee”, kondig Frans oor aandete aan.

“Hierdie vraggie kole sal more of oormore op wees, en dan moet ons weer koop, of ons moet sien en kom klaar daarsonder.”

Die span gesels saam.

Niemand weet nie.

Maar almal is koud sonder die hitte en hoe se mens nou “ja” virmiets wat jy weet moeite is.

Miskien net as jy weet dis die moeite werd?

Maandag skrop Frans die furnis-kamertjie skoon.

Hy dra die as van baie nagte se vuur, sak vir sak uit na buite.

Laai op die kruiwa en stoot dit ashoop toe.

Kruiwa op kruiwa op kruiwa.

Dan vee hy.

En as die furnis-kamertjie opgeruim is, vat hy diemdrie-wiel-bakkie-fiets en mik markmse kant toe, waar daar nie meer trokkies met steenkool staan nie.

Dan mik hy anderkant van die dorp toe.

Na die stoor waar jy jou gas bottel kan omruil.

Niks.

Nie een bleddie stukkie steenkool nie.

Met lee hande kom hy bymdie huis aan.

Sy vrou maak koffie.

“Miskien moet ons vir Man-Man se mense vra of hulle weet waar om steenkool te kry?”, stel sy voor.

Man-man is ‘n dogtertjie.

Sy is so amper twee.

Haar Pa en Ma het die ‘pasta-shoppe’.

Dis wat Frans-hulle dit noem.

Dis eintlik ‘n ‘noodle’ winkel.

Hulle maak heerlike vars noodles en sulke groot pannekoeke wat amper soos ‘n Rhoutie is en sulke gestoomde mielie broodjies.

Hulle bly in ‘n kamertjie langs die winkel.

Dis hulle huis en wereld.

En elke middag laai Man-man se mamma haar op so elektriese weergawe van die drie-wiel- fiets en gaan lewer noodles en pannekoeke en broodjies af by al die winkeltjies in die naby ‘villages’.

Frans-hulle koop gedurig daar noodles.

3 ¥ koop genoeg vir 7 mense.

En sy dogter hou van die gestoomde mielie broodjies.

En sy hou van Man-man.

Gaan speel elke nou en dan daar, op besige tye as die mamma en pappa die laaste bestellings moet klaar kry en die dorp se mense kom noodles soek om op te kook vir aandete.

“Dzaainar wammen mai meitan?” vra Frans nadat gegroet is en Man-man begin speel en al die besoekers se vrae geantwoord is.

“Waar koop ons steenkool?”

Daar is altyd mense wat vra.

En jy moet maar geduldig antwoord.

Want jy is gas.

En jy is maar dankbaar as iemand jou vreemdelingskap met belangstelling ontvang.

Man-man se Pa en Ma help mooi.

Hulle bel.

Verduidelik dat iemand sal bring.

Dalk laat middag.

En Frans is verlig.

En dankbaar.

En laat middag lui die foon en Man-man se Ma verduidelik die aflewering sal eers more gedoen word.

En die nag is koud.

En die volhende oggend hang daar sulke wolkies voor almal se monde.

En die super hero klede wapper van kamer tot kamer.

En Frans weet hoe daar ookal gestoei word, dit is die moeite werd, want die winter het skaars begin en mens kan nie vir 3 maande sonder einde koud wees nie.

En dan kom die trokkie.

So bloue.

Met net 3 wiele.

Amper ‘n trekker, want die ding word met ‘n sleutel opgewen om fonk te kry wat sulke swart pof wolke uitblaas met duidelike ontploffings wat stadig spoed optel en oorverdowend in Frans-hulle se klein werfie weerklank teen al wat ‘n muur en venster is.

2.2 ton steenkool agterop.

Wat afgelaai word.

En dan graaf vir graaf en kruiwa vir kruiwa na die furnis-kamettjie geskuif word.

Hy’t skaars begin, dan val daar weer sneeu, en die donker swart steenkool word gesprinkel met versier suiker.

En Frans werk so al wat hy kan, tussen sy kleinste se sneuubal gooiery deur, want die steenkool moet binne kom.

En dan stook hy weer.

En diekeer het hy skaars ‘n plankie op die fyn houtjies en die steenkool gloei.

En die huis word weer warm.

En die furnissie brand, met baie minder moeite.

Nog moeite, want dis nie kinderspelletjies om 2.2 ton se steenkool heen en weer te skuif met ‘n graaf en kruiwa nie, maar baie minder, want die kole brand.

En dit brand lank.

En dit hou lewe.

En Frans besef sommige steenkool is beter as ander.

Soos dit maar met mense ook soms is.

En Frans hoor die liedjie.

Van weerlose mense.

Terwyl hy vol genoegdoening sy stofie bewonder.

En hy weet dit is so.

Ons is fokken weerloos.

Maar, in ons gemeenskaplikheid, in eenvoudige mense se omgee, is ons so bietjie minder weerloos.

En as hy weer gaan sit, op ‘n wit-gesneeude stoepie, onder ‘n kaal neut-boom, dan se hy dankie vir Man-man se mense, en mense soos hulle, wat is soos ‘n boom langs diepmvars water, met koelte en vrugte, sonder moeite.

En hy vra:mag ek ook so wees, soos hulle, in al my eenvoud, so bietjie koelte in ‘n middernag wat net te warm en lank kan word.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s