Frans Reisema en die ‘Spin’

image

“You believe the spin, Frans!”

Hierdie woorde, van Frans se vriend, maal die laaste week of wat in sy kop.

Soos ‘n kopseer wat nie eens deur drie Myprodols gestil kan word nie.

Frans het lanklaas hoofpyn gehad.

Op ‘n stadium het hy elke week sy pakkie Myprodols by die apteek opgetel, soos ander ouens bloedrukpille of cholesterol pille slaafs gaan haal, want kopseer was deel van sy lewe.

“You spin your life and now you believe it and you want me to believe it too.”

Sy vriend is ‘n sielkundige.

Hulle loop al ‘n entjie pad.

En die gesprek, daar in die effe beknopte Direksie Kamer, is ongemaklik.

Frans is besig om los te maak.

Wat nie maklik is nie.

As mens ‘n rukkie met iets besig is, dan het knope ‘n manier om styf vas te trek en losknoop is moeite.

Sy vriend, die een wat nou so kwaad vir hom is omdat hy die ‘spin’ glo, het hom baie geleer.

Van vrede maak met jou persoonlikheid.

Van die raam wat ‘n mens om jou werklikheid sit.

Of wat om jou werklikheid gesit word, deur andere, as jy nie self, met bedoeling daai raam aanmekaar kap en ophang nie.

Frans is ‘n bietjie uit die veld geslaan.

As hy terug dink aan daai dag, is dit die een ding wat hy mooi onthou en wat nou saam met die woorde oor en oor deur sy herhinnering dawer.

Sy uit die veld geslaan gevoel.

“What do you mean ‘spin’?” vra hy sy vriend in die Board Roompie, en hy hoor hoe styg die irritasie en ontsteltenis in sy eie stem en hy weet hierdie is nie ‘n gesprek waarin hy ontsteld moet raak nie, maar dis asof hy homself nie kan help nie.

“You’re spinning this thing, this leaving and all the reasons why you are leaving and that’s okay for the public and the face of the company, but you can’t believe your own bullshit.” verduidelik sy vriend in sy eie Engelse stem wat self al hoe driftiger raak.

En Frans wonder hoekom sy vriend so ontsteld is?

Wat maak dit saak of Frans losknoop, omdat hy wil studeer en reis en verbreed en of hy losknoop omdat daar nie ‘n ander keuse is nie?

Wat maak dit saak aan hierdie vriend van hom?

Dis sy lewe.

Sy en sy gesin se lewe, en watter ‘spin’ (soos sy vriend dit vandag so ‘eloquently’ noem) hy ookal op sy lewe wil sit, is mos sy saak?

Dit het mos niks te doen met sy vriend nie?

“Bullshit!?”

Jou verdomde bliksem, dink Frans in die hitte van die oomblik, en vandag, amper twee jaar later.

Wie de donner is jy om hoe ek my lewe sien “bullshit” te noem?

Frans haal diep asem.

Dis ‘n taai tyd.

Hy was sewe jaar by hierdie nie-wins-organisasie.

Vyf van die sewe jare in ‘n bestuurs-posisie.

Hy’t ‘n stuk van sy lewe hier bele.

En ‘n stuk van sy ‘word’ hier beleef.

Hy begeer met sy hele hart om met vrede hier klaar te maak.

Om die sewe jaar af te handel op ‘n goeie manier.

Hy werk die laaste drie maande daaraan, terwyl hy huurders vir sy huis soek, paspoorte reel en alles wat verkoop kan word verkoop, om genoeg geld bymekaar te skraap vir vliegtuig kaartjies om hom en sy gesin se nuwe avontuur ‘n begin te gee.

Hy’t darem al ‘n bestemming.

Twee weke gelede was dit nie waar nie.

Hy’t ‘n werk gekry wat hom ruimte sal gee om vir sy gesin blyplek te maak en kos te gee, terwyl hy ‘n paar ure los het om te studeer.

Filosofie.

Dis wat hy gaan studeer.

En hy’s opgewonde.

Dis iets wat hy geniet het.

Om te studeer.

Op ‘n manier het hy nog altyd studeer.

Maar altyd tussen deur die werk en ter wille van die werk, om te weet en te bemeester, dit wat sy hand gevind het om te doen.

En hy’t geleer.

Baie.

In die 15 jaar vandat hy sy laaste graad in die hand geneem het.

Maar dit was leer en doen en nog leer en doen, so alles inmekaar gemeng, sonder baie tyd om te verwerk of te verteer.

En skielik het die geleentheid gekom, en Frans het ‘n kans gekry om ‘n bietjie terug te staan, om asem te skep van al die probeer en doen, en te leer en te dink en te proseseer.

Doen sal weer kom.

Dit het Frans daai dag geweet.

Dit weet hy amper twee jaar later nog beter.

Doen kom altyd weer.

Maar hier het hy by die deur van ‘n geleentheid gestaan, wat vir hom die grootste verassing en geskenk was, en om deur die deur te gaan het beteken hy moes neersit en klaarmaak met die gedoente.

En daar was en is geen waarborge nie.

In sy agterkop het Frans geloop met spanning.

Sal my gesin dit maak deur die radikale verandering?

Sal die joppie wat ek gekry het vir ons kan sorg?

Sal die Defender en die paar stukkies erf-meubels se geldjie genoeg wees om ons daar te kry en aan die lewe te hou tot die joppie se eerste ‘paycheck’ in die bank is?

Sal die paspoorte betyds klaar wees?

Sal hulle ‘n huurder vir die huis kry?

Baie wonder oor baie goed wat maklik vir mens ‘n rowwe kopseer kan gee.

Miskien was dit al die wonder oor al die onsekerhede, wat Frans daai dag driftig gemaak het?

Dis ‘n ding om op te pak en oppad te wees na more en volgende maand, sonder ‘n idee van wat volgende maand is.

Dis nog ‘n groter ding, as jy ‘n vrou en vier kinders het.

Want wat jy kies affekteer nie net vir jou nie.

Dit het ‘n invloed op vyf ander mense se lewens.

En as dit skeef loop, dan is dit nie net een ou in Tamatie Straat nie.

“You’re a fucking asshole!” bars dit by Frans se mond uit en weergalm teen die kaal mure van die kamer, voor dit nesskop langs die trofee wat die ‘non-profit’ gewen het vir ‘promoting family and family values in Southern Africa’.

Die oomblik te groot.

Die woorde van sy vriend net te swaar vir sy gemoed.

Sy gemoed te wyd en styf gerek.

“I’ve been doing everything I possibly can to make this as easy as possible for the company, for you, for everyone involved & you have the gaul to call my life & how I see my life bullshit!?”

“Who the fuck do you think you are!?”

En as een ou bars, dan bars die bom gewoonlik, en so sit die goed daai dag, rigtingloos gespat, teen die ligblou mure van die Direksie Kamertjie.

“You’re a fucking failure, man!  You’re running away ’cause you can’t cope.  You’ve tried for seven years & what have you accomplished?  Doing whatever you can to make it easier?  Who the fuck do you think, YOU are!? You’re the asshole in this room!  Leave already!  You’re just standing in my way.  You’re obstructing me from doing what needs to be done.”

En Frans is stil.

Stom.

“Spin”.

Die raam wat sy vriend om sy lewe sit.

Effe anders as die raam wat hy aanmekaar gekap het, uit die ‘scrappies’ hout wat hy in die hande kon kry.

Miskien is dit die omwenteling van die afgelope 3 maande wat hierdie insident en sy vriend se woorde, die afgelope weke in sy kop laat maal?

“You believe the spin, Frans!  You spin your life and now you believe it and you want me to believe it too.  You’re spinning this thing, this leaving and all the reasons why you are leaving and that’s okay for the public and the face of the company, but you can’t believe your own bullshit.  You’re a fucking failure, man!  You’re running away ’cause you can’t cope.  You’ve tried for seven years & what have you accomplished?  Doing whatever you can to make it easier?  Who the fuck do you think, YOU are!? You’re the asshole in this room!  Leave already!  You’re just standing in my way.  You’re obstructing me from doing what needs to be done.”

Frans het toe.

Ge-‘leave’.

Uiteindelik.

Nie heeltemal soos hy wou nie, want hy was nie heeltemal genoeg nie.

Op oujaarsaand het hulle in ‘n toegesneeude stadjie aangekom en leplek gekry.

Alles het uitgewerk.

Vir hom en sy gesin.

Die geld van die opgeryde Defender en die lendelam erfgoed was genoeg.

Vir vliegtuigkaartjies.

En die eerste ses weke se leef.

En dik warm klere om die Siberiese koue te trotseer.

En hulle het ongelooflike goed beleef.

Geleer.

Verstommend baie.

En na 18 maande in die Noorde van China het hulle geskuif.

Na ‘n nuwe plek.

En die ontknoop was makliker.

Mooier.

Sy hoof het ‘n ete gereel in die stad se beste restaurant.

Hy’t maar net klas gegee.

Hy was niks belangrik by die instansie nie.

Hy’t nie ‘n bestuurspos gehad of ‘n geweldige impak op die organisasie gehad nie.

Maar by die ete het kollegas heildronke ingestel en toesprake gemaak.

Na ‘n kort 18 maande gepraat oor wat hulle by hom geleer het en hom bedank vir sy bydra.

Vir hom en sy gesin voorspoed toegewens.

Die hoop uitgespreek dat hulle vriende sal bly.

En Frans en sy gesin het die woonstel op die vyfde vloer met die uitsig oor ander woonstelle veruil vir ‘n huisie met ‘n werfie op die buite-wyke van Beijing.

En netsoos 18 maande te vore het alles glad verloop.

Die oppak.

Die reis.

Die in-burger.

Nie sonder probleme nie, maar glad.

En toe is daar die ding ket sy seun wat verdwaal en deur die polisie opgespoor word.

En die brand in die kombuis.

En die nuwe departements-hoof onder wie hy moet werk.

Die 24-jarige Engelse meisie met die oneerlikheid oor wat sy dink.

En vandag, vir ‘n oomblik, wonder Frans of sy vriend se raam nie dalk ‘n eerliker raam is nie.

“You’re a fucking failure man!”

Of dalk wonder hy dit al ‘n paar weke, terwyl hy raap en skraap om alles te hanteer wat met die skuif saam hanteer moet word.

“You’re running away ’cause you can’t cope.”

Is dit die waarheid?

Die eintlike waarheid?

Is hy eintlik maar ‘n lafhart?

‘n Lafhartige ‘failure’?

Wat sy gesin na die Verre Ooste toe gesleep het met ‘n ton Pinochio-stories van studeer en avontuur, terwyl hy eintlik maar probeer weghardloop het van sy onvermoe om te wees en te doen wat hy gehoop het om te wees en te doen?

Sy vriend was nie die eerste ou wat hierdie raampie vir hom aangegee het nie.

Dis ‘n raam wat lank om sy lewe gehang is.

Deur baie mense.

Destyds toe hy besluit het hy is nie ‘n dominee nie.

En voor dit, toe hy besluit het om nie sy kinders in skole te sit nie.

En nog voor dit, toe sy twee dogters hulle opwagting maak, kort op die hakke van sy seun en iemand naby aan hom vir hom se hy is nie ‘n “fokkin haas” wat net kan teel nie.

En nog voor dit, toe hy op 23 sy vrou afgervry het by ‘n ander klong en ses maande later met haar getrou het, en almal wat almal was met groot smaak gespekuleer het oor hulle soberheid van gewoontes en of dit ‘n seuntjiemof ‘n dogtertjie is wat hulle tot trou gebring het.

En nog voor dit, toe hy op eie stoom probeer studeer het.

Altyd die raam.

“You’re a fucking failure, man!”

Vir so lank as wat Frans kan onthou.

Selfs toe hy vier was en gebid het in sy Pa en Ma se slaapkamer in, sonder dat hy dit eens besef, omdat hy ‘n sussie wou he.

En daar mooi vir hom verduidelik is, God kan baie goed doen, maar God gaan nou nie die ding doen nie.

Nie vir hom nie.

Nie op hierdie stadium nie.

En dis ‘n snaakse ding, as jy daai raam ‘n halwe kans gee, dan hang hy homself naderhand om jou lewe.

Baie kranig.

Gewoonlik kyk Frans met ander oe na al die goed.

Hy’t vrede.

En liefde.

Vir homself en al die mense wat hulle self dit toe-eien om raam-makers in sy lewe te wees.

Maar die laaste paar weke is sy oe dof.

Hulle sien nie wat hy gewoonlik sien nie.

“Jy’s 44 en jy ry met ‘n fiets, soos ‘n bleddie tiener”, praat sy kop saam met al sy vriende en familie van 44 jaar.

“Jy’t geen plan nie.  Jy’s verdomp nerens heen oppad nie.”

“PhD!?  Wie dink jy flous jy? Jy?  Dink jy regtig jy van alle mense kan dit doen?  Wat probeer jy bewys?  En selfs al kry jy dit reg, dink jy regtig dit sal ‘n verskil maak?  Wat dan?  Dokter Frans.  So what!?  Dis nie asof jou filosofie enige bydra maak nie.  Dis net nog ‘n bleddie graad.  Nie eens nie.  Dis “spin”man.  En vir die goedkoop “spin” sleep jy jou gesin soos ‘n vuil lap agter jou aan deur al jou modderspore.  Failure!”

So word ons lewens geraam.

Ge-“spin”.

Deur onsself.

Of deur mense om ons.

En mettertyd bou ons die prentjie van wie ons is en wat ons doen en beleef.

En sit ons waarde daarop.

Of geen waarde nie.

Dis eers as Frans weer een oggend vroeg onder die okkerneut boom sit dat hy sy gedagtes gesorteer kry.

En kan besluit watter raam hy om sy lewe sit.

“Dis nie vir jou om rame om jou lewe te sit nie”, hoor hy dit diep binne in sy wese.

“Nie vir jou, of jou vriend, of jou familie nie.”

“Jou lewe is geraam.”

“Met liefde.”

“En vrede.”

“Dit was nie jou vernuftigheid wat jou en jou gesin dit laat maak het tot hier nie.”

“Dit was nie jy wat die geleentheid om weer te studeer gaan soek het nie.”

“Dit was nie jy wat besluit het dat sewe jaar by die ‘non-profit’ genoeg was nie.”

“Jy word liefgehe.”

“En omdat jy liefgehe word, is jy nie aan jouself uitgelewer nie.”

“Jou lewe is spesiaal.”

“Twintig jaar en julle twee is liewer vir mekaar en nader aan mekaar as wat jy ooit kon droom.”

“Vier beautiful kinders.”

“En julle het elke dag ‘n plek gehad om te bly.  En kos om te eet.  En klere om te dra.”

“Jy’t sewe jaar gestudeer en nie ‘n sent skuld daarop gehad nie.”

” Nou studeer jy weer en dit kos jou nie iets nie.”

“Jy’s 44 en jy’t tyd.”

“Tyd om saam met jou kinders te wees voor hulle die lewe invaar.”

“Tyd om te lees en te dink en te skryf.”

“Jy’s nie vasgepen in ‘n kantoor lewe en 16-uur dae en die spanning van begrotings wat nie klop nie.”

“Jy’s nie opgesuig in kar betaal en petrol ingooi en kaste vol klere opgaar om betaamlik te lyk vir al jou vergaderings en funksies en verantwoordelikhede nie.”

“En jy sien iets.”

“Jy’t oe in jou hart.”

“Om mee te sien, met perspektief, ‘n wereld, van ‘n ander oogpunt af.”

“Jy proe.”

“Jou siel se tong vol smaak.”

“Dink jy Josef het geweet waarheen hy oppad was toe sy broers hom in die put gegooi het?”

“Of Dawid, toe hy daai klippies bymekaar gemaak het?”

“Of Moses, toe hy vir 40 jaar dag-vir-dag ‘n ander man se skape veld toe gevat het?”

“Dink jy Jona of Job of Noag of Mara of Boas of Maria het ‘n 7-punt aksieplan gehad?”

“Hulle het ore gehad.”

“Ore wat die fluister diep in hulle wese kon hoor.”

En Frans se skouers trek op ‘n knop.

Hy skud sy kop.

Dis die soort gedagtes wat hom hier laat beland het.

“Dit is”, fluister dit.

“Want ek is.”

“Jou Oorsprong.”

“Wat!?”

“Lyk daai raam van jou vriende beter ”

“Is dit verteerbaar?”

“Is dit lewe?”

En Frans skud sy kop.

En hy weet nie of dit sommer sy eie gedagtes is, opgemaak uit baie ander gedagtes, wat so in hom fluister nie, want ons elkeen “spin” mos maar ons lewe om dit draaglik te maak.

Maar hy wil dink, dit is nie.

Nie syne nie.

En dan maak hy so oe oop.

Sien die strale van die son wat op die stoep val deur die herfsblare van die Okkerneutboom.

En in die strale sien hy die liefde en die vrede wat om sy lewe hang.

Van toe hy begin het hier, tot nou.

Hy sien in elke wins en elke verlies ‘n teenwoordigheid.

Hy sien dat ‘failure’ nie ‘n woord is met inhoud nie.

En wonder, hoekom dit so skeef in mens se krop kan sit.

In syne.

En wens, net vir ‘n oomblik, dat hy daai oomblik saam met sy vriend weer kon he.

En dalk vanuit die vrede en liefde wat om sy lewe hang kon deel daarin.

“Maar dis, okay”, fluister dit in hom.

“Want dis maklik om terug te kyk en anders te wil doen, maar dis daai oomblik wat jou help om hier te kom, en anders te wil doen.”

En Frans dink aan sy vriend.

En hy se dankie.

Vir daai oomblik.

En hierdie een.

Want daar is ‘n raam, of “spin”, maar dis nie Pinochio-stories nie.

Dis liefde.

Gegee.

In elke oomblik van wees.

Vir elke een van ons.

En soms sien ons dit.

En soms sien ons dit nie.

“Ek is geen sukses nie”  fluister Frans in die wind.

“Ek is geen mislukking nie”.

“Dis lee woorde daai.”

“Ek is.”

“Omvou met liefde en vrede”.

“Soveel so dat iemand my eenkeer ‘The Man of Peace’ genoem het.”

“Dis vrede ontvang.”

“Om my gegooi soos ‘n rooi kombers op ‘n koue wintersaand”.

“Ek is”.

“En my mense is saam met my.”

“En partykeer is dit moeiliker om te sien.”

“Deur die mis”.

“Maar dan ontva g ons weer sig”.

“In ‘n stiller oomblik op ‘n semment stoepie, ver van die grond waaruit jy gehaal is.”

“En geluk vlam op”.

“Want geluk is selde ver”.

“Dit het net suurstof nodig”.

“Asem”.

“Wind”.

Frans klim op sy fiets.

Maak sy pad stad toe.

Om klas te gaan gee.

En hy kom huistoe.

Laat aand.

Want huis is waar sy mense is.

En hulle gesels en drink bier en lag.

Want dis okay om ons Oorsprong se “Spin” op die lewe te glo.

“Nee, dis meer as okay.”

“Dis awesome”.

En met daai woorde op sy tong gaa nle hy met vrede agter sy vrou se blad.

En slaap.

Sonder inderbreking of nagmerrie.

Want hy is.

En Hy is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s