Ons is by die Huis

image

Ons sit in ons woonstel kombuisie.

Zuko maak lekker kos.

Ons drink goedkoop Chinese bier.

Buite is dit koud.

Bitter koud.

Die ‘weather app’ se dis -19 met ‘n ‘real feel’ van -31.

Dit sneeu die afgelope 3 dae.

30cm se sneeu.

Ons is in Noord Siberiese China.

Die plek waarheen ‘Chairman Mao’ mense gestuur het gedurende die ‘cultural revolution’.

Mense wat hy nie regtig in sy sig wou he nie.

Ons is al 11 maande hier.

Ons hele span.

Ons was moeg vir die gewone.

Ons was nuuskierig oor ‘happiness’.

En toe kom die kans om te studeer.

En die kans om die Ooste te ontdek.

En hier is ons.

Vanaand se ek vir Zuko, so tuseen die koue en die sneeu en die bier en die ‘chicken nuggets’ deur: “Sorry, my love.  Ek het jou ver van die huis af weggevat.”

En sy draai om van die kospotte.

En sy glimlag vir my.

En sy se: “Ek verstaan nie.  Ek is by die huis.”

En ek glimlag.

Want dis ons ‘gift’.

Want ons kan nie weg wees van die huis af nie.

Ons kan na die Kalahari se warm son verlang.

Of na Nelson Mandela Baai se see.

Of Bloemfontein se vriende.

Maar waar ons ookal kom, al le die sneeu 30cm buitekant, ons is by die huis.

En alles is ‘okay’.

Dis ‘happiness’.

Jitte.

Dis moerse lekker ‘happiness’.

image

image

image

3 responses

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s