nutteloos?

Steve_Biko

Hy kom van King William’s Town.

‘n Gewone seun.

Gebore in ‘n tyd.

In ‘n gesin.

Beskikking, sê ons.

Want Hy is mos Heer van ons deel en lot.

Sy Pa ‘n klerk.

Sy Ma ‘n huis-bediende.

Sy omgewing gefragmenteerd.

Die derde kind in ‘n gemidelde huis.

‘Gemideld’.

‘Gewoon’.

Wat beteken dit?

Sy verjaarsdag gevier op 18 Desember, miskien met koek en ballonne?

As hy vier jaar oud is, sterf sy Pa & hy word nog ‘n seun wat vaderloos groot word.

Uiteindelik kom hy by St Francis College in Natal.

Waar hy bewus word.

Van onreg.

In 1968 word hy mede-stigter & die 1ste president van gematigde ‘South African Student’s Organization’.

Hulle probeer bewustheid skep deur lesings & gemeenskaps aktiwiteite.

Hy is oortuig apartheid se grootste impak, is ‘n afdruk op die psige van swart mense.

Minderwaardigheid.

In 1973 word hy verbied om met meer as een persoon op ‘n slag te praat.

Geen meer lesings.

Of vergaderings.

Of groeps gesprekke nie.

Hy steur hom nie aan die verbod nie.

Vier jaar later word hy gearesteer.

En betaal die hoogste prys vir sy oortuigings.

Sterf, in aanhouding,

Die 41ste om so te sterf.

12 September 1977.

Dis 36 jaar later.

1990 sien Nelson Mandela se vrylating.

1994 sien nuwe demokratiese verkiesings.

2012 sien vieringe.

Die ANC is 100 jaar oud.

En in Soweto-on-Sea stoei my vriende met huise wat verwoes is & riool wat in die strate loop.

En in Walmer stoei my broers & susters met emmer-toilette & onhoudbare omstandighede.

En in die Oos-Kaap se skole, smag kinders na kwaliteit onderwys.

En bedrog & verdoeseling is aan die orde van die dag.

En ek wonder oor beskikking.

Oor gebore word in ‘n tyd.

Want Hy is mos Heer van ons deel en lot.

Ek wonder of ons regmaak, of selfs poog om reg te maak, die vinger afdrukke wat gelaat is oor dekades heen op generasies se lewens.

Ek wonder of reggemaak kan word.

Ek wonder wat die verband is tussen daardie vinger afdrukke & bedrog.

En wanbestuur.

En verkrummelende Onderwys.

Op die herdenking van Bantu Stephen Biko se dood, vra die Demokratiese Alliansie om verskoning vir ANC-pamflette wat hulle gemaak het.

President Jacob Zuma erken dat teikens rondom werkskepping nie naastenby gehaal is nie.

Munisipale werkers staak.

En die drie-party alliansie stoei om ‘n alliansie te bly.

En ek wonder of sy offer nutteloos was?

Of is?

Of sal wees?

Ek wonder of Christene hieroor dink?

Of beskikking in ons harte leef?

En of ons dink die ‘stryd’ is verby?

‘n Ander stryd.

Die stryd om die psige van die mense van ons land.

‘Help my, Here, dat my lewe sin sal gee.’

‘Help my, dat my bestaan betekenis sal hê.’

‘Dat wie ek is & wat ek doen, dat dit uit sal vee die vinger merke van vorige generasies se onverskillige vat.’

‘Dat U beskikking oor my deel & lot, dat ek & ons, nou, hier bestaan, in hierdie tyd – dat dit U sal eer.’

En vryheid.

Werklikheid sal word.

In ‘n groter sin.

En lewens prysgegee.

Betekenis sal hê.

In ‘n groter sin.

2 responses

  1. Pingback: Way 3 – 10 Ways to make a Difference at Elukholweni Farm School | Sevencitys' Blog

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s