wortels

wortels

(foto: dreamstime)

Wat is dit wat ons wortel?

In hierdie lewe?

Aan ‘n spesifieke plek?

Die vraag skiet ongemaklik in my gemoed, Vrydag middag, terwyl ek my pad huistoe vind.

Die verkeer is bedrywig.

Baie motors & motorfietse wat vorentoe beur.

‘n Man in ‘n netjiese pak-klere, alleen in ‘n wit SUV.

‘n Ma & haar kinders in ‘n te klein motortjie.

My bromponie wat skuur vir plek.

Lank gelede was daar kerk.

Rapportryers & bonde.

Vasgeknoopte gemeenskappe wat oog gehou het oor mekaar.

Wat belange gedryf het.

Skool.

Die hoof & personeel.

Die dominee & ouderlinge.

Die wereld waarin ek leef het nie wortels nie.

Nie hierdie wortels nie.

Dis wyd & suid.

Vriendskappe met mense wat woon in ander stede & lande.

Familie, versprei oor die ewenaar & anderkant die reenboog.

Ek stop by die verkeerslig.

SPAR se rooi & groen maak aanspraak op gemeenskap.

‘My SPAR’.

Is dit hoe goedkoop dit geword het?

Hoe vlak ons wortels le?

Dat ons koop op dieselfde plek?

Hoop om iemand bekend raak te loop tussen die rakke van Woolworths?

Ek hou verby.

By ‘Cousins DVD‘ groet Theo vriendelik van agter die toonbank.

‘Enjoy the movies.’

‘Thanks, man,’ is my glimlag antwoord.

Het hy ‘n Pa & Ma?

Broers?

Waar was hy op skool?

Waar noem hy huis?

Ek weet nie.

En soos die wielietjies van my bromponie die afdraai huis se kant toe vind, kom ‘n ander gedagte in my op.

‘n Troos gedagte.

‘n Bietjie salf in ‘n wereld wat blyk om sonder wortels te wees.

Miskien.

Miskien is Kerk & Skool & Bond nie die goeie grond om wortels van lewe in te sink nie?

Miskien is vriendskap & verhouding, eerder dit?

Gesinktheid in ‘mekaar’ se lewens?

Gekoppeldheid aan mekaar met liefde & belang?

En as ek my bromponie afskakel – dan dryf die hoop weer weg.

Net tot buite my hand se reik.

Want wat is dit dan wat ons wortel?

As ook vriendskap &verhouding vlietend is?

Wat is dit wat ons behoue hou?

In hierdie ontwortelde wereld?

Miskien.

Miskien le die woud verwoes?

Die bome met wortels in die lug?

Verdroog.

Om opgekap te word.

En hout te wees vir ‘n ander vuur?

Of dalk.

As Zuko my ‘hallo’ se, en Maddi met haar 16 maande oue wankel draf en oop gemoed my bestorm, haar armpies om my vou, as Soffie my ‘n drukkie gee & Pippin opgewonde vertel van haar dag – dalk is die wortels tog in goeie grond?

In vriendskap & verhouding.

In liefde.

En lewe gedeel?

Dalk is ‘wortels’ nooit bedoel om aan ‘plek’ te wees?

Of organisasie & instansie nie?

Dalk is dit goed, die erosie wat die arm grond van hierdie goed, met tyd & verloop verspoel.

Sodat nuwe grond kan kom.

Om ons te anker, nie aan plek of plaas.

Aan mekaar.

En soos die waarheid hiervan oor my spoel, saam daarmee kom ook die besef: as dan my wortels diep gesink is in verhoudinge, om lewe te voed & gee, dan moet ek hierna smag.

Hierin my wortels sink & strek.

Om stewig te staan.

Teen die wind.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s