philadelphia

bidEn hul kniel.

En hul bid.

En hul vra.

En hul glo.

Die kinders huil van honger.

Die mamma’s treur, bebloede trane.

En hul kniel.

En hul bid.

En hul vra.

En hul glo.

Die strate is verslete.

Philadelphia verstote.

En hul kniel.

En hul bid.

En hul vra.

En hul glo.

Want god is goed.

En god sal red.

En god sal gee.

En god sal doen.

En ek kan kyk.

En ek kan was.

In onskuld my hande.

Die blaam geskuif.

Dit is sy wil.

Sy weë onverklaarbaar.

My hart gevul met nederige dankbaarheid dat die lot my gespaar is.

En hul kniel.

En hul bid.

En hul vra.

En hul glo.

Die kinders huil van honger.

Die mamma’s treur, bebloede trane.

Strate verslete.

Philadelphia verstote.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s