Probeer is die Beste Geweer

So het my ma altyd gesê.

Toe ek nog klein was.

Om my aan te spoor.

Sodat ek sal ontdek wie ek is.

En wie ek nie is nie.

En waarskynlik was sy reg.

Want as ek nie probeer nie, het ek nie eens ‘n halwe kans nie.

En dis net in die probeer, dat ek myself leer ken.

My kan.

En nie kan nie.

En so word my misluk nie meer mislik nie.

Maar ontdek.

En leer.

Vir volgende keer.

Want die saad van probeer is hoop.

Dat ek tog iewers op een of ander manier kan.

Iets.

Dis soos proe.

As rum & raisin roomys nie vir my lekker smaak nie, is dit tog oraait.

Want fudge of chocolate fudge is ook nog daar.

En sal dalk net die ding doen.

En so hou ek aan probeer.

Hoopvol.

Dat iewers die hoop nie sal beskaam nie en die geweer se skoot die teiken sal tref.

Want sonder hoop is daar niks.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s