waarheen?

Waarheen sal die pad ons neem?

‘n Koers ingeslaan, sonder kompas of kaart.

Antieke Kameelhoutbome die bakens.

Getuies.

Van verdwaaldes.

Deur eeue.

Op reis geneem.

Nie soseer deur wil of dwang.

Beskikking.

Berusting.

Elke pad sy eie bestemming.

Die oomblik die enigste werklikheid.

Die son.

Of reen.

Die wind.

Die vrug.

Die sand of klip.

Op berge en in dale.

Ja, oral.

Oral is.

Sonder twyfel.

Dikwels betwyfeld.

Soms by water strome.

Soms in dor woestyn.

Die tree gegee my aandeel.

Die sluk gedeel my genade.

Gegee.

Ontvang.

En altyd kom die skemer.

Die nag belig.

Met sekelmaan.

Of helder ronde sirkel skyn.

En weer die dag.

Met koel die wind.

Of bitter stekend son.

Die pad geloop.

En oral, ja, oral is die wese.

Op berge en in dale.

Bestemming nooit bekend.

Die oomblik.

Net die oomblik.

Ontvang.

Gedeel.

Vergeel.

Beskikking.

Berusting.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s