Afro-Optimis

In my vorige bydra het ek begin by die Afro-Pessimis.

Die gevolgtrekking waartoe ek gekom het was dat Afro-Pessimisme moontlik verband kan hou met ‘n kontinent wat nog nie werklik bevry is van kolonialisme nie, maar probeer om te funksioneer binne westerse-idiome, wat vir die weste aanvaarbaar is.

Idiome soos demokrasie, kapitalisme, sosioalisme & kommunisme.

My gevolgtrekking aan die einde van die bydra was: “Ons het ‘n nuwe sisteem nodig.  Of miskien het ons nodig om die moontlikheid te oorweeg dat ons sonder ‘n sisteem in die westerse sin kan funksioneer.  Ek dink hierdie nie-sisteem is ‘verhouding’.  Dit is eie aan wie ons is.”

Waarop ‘Kanwilsal‘ gereageer het met die opmerking: “Afro-pessimisme het van nature sy ontstaan in herhaalde teleurstellende ondervindings, die verskuiwing na optimisme verg nie ʼn verandering in “houding” nie en ʼn emosionele “beroep” tot…wat ook al is nutteloos.”

En ook: “As jy met nie-stelsel bedoel die afskaffing van die staat self en die vervanging daarvan met selfregerende lokalisme – dan stem ek met jou saam. As jy bedoel ʼn eiesoortige gemengde ekonomie dan verskil jy geensins met die modelle wat huidiglik in die Weste gebruik word nie en sukkel ek om te verstaan in watter ekonomiese rigting jy nou eintlik wil inslaan.”

Kanwilsal‘ is ook bekommerd oor my emosionele aanslag.

Nou wil ek nie voorgee dat ek ‘n kenner op die gebied van staatkunde of politieke wetenskap is nie.

Sou ek wees, sou my gedagtes waarskynlik heelwat anders lyk.

Ek is ook nie ‘n ekonoom nie.

Ek is ‘n Afrika-kind.

My hart se wortels lê diep gesink in hierdie kontinent se aarde, my longe voel bedompig wanneer dit ontneem word van Afrika-lug, my gemoed bedruk onder enige ander hemel.

Ek is ‘n Afrika-kind.

Moontlik is dit ‘n emmosionele stelling.

Dis die ding met Afrika – sy wakker in ons aan ‘n onweerstaanbare liefde wat geen ander plek of kontinent kan versadig nie.

Vandag wil ek ‘n bietjie meer deel oor die nuwe sisteem wat ek oordeel ons nodig het en kom by Afro-Optimisme.

Of die nie-sisteem.

Verhouding.

En kom ek waarsku nou maar: wat ek met jou deel is emmosioneel, dit het geen staatkundige, polities-wetenskaplike of ekonomise fondasie nie.

En waarskynlik is dit beïnvloed deur my wese.

My eie geskiedenis.

En ons geskiedenis.

Dalk, so hoop ek, ook deur my geloof.

Nie my godsdiens nie, want daarmee het ek deur Gods genade bande gebreek.

Ter loops, godsdiens word nie net in Kerke be-oefen & beheer deur ouens in toga’s nie.

Godsdiens is dikwels diep gewortel in ons politiek, ons nasionalisme en ons bevrydings(teologie).

Geloof.

Ek is nie ‘n humanis nie.

Ek glo nie in die ‘goedheid’ van die mens nie.

Ek ken my eie hart te goed daarvoor.

My eie donker.

Duister swart.

En vanuit my self-kennis is dit vir my onmoontlik om humanisties te dink in terme van ‘n idealistiese nuwe werklikheid.

Dit sal waarskynlik altyd gebroke wees.

Maar midde in die gebrokenheid is daar hoop.

Hoop vir ‘n samelewing wat blom.

En vir my is hierdie ‘hoop’ gewortel in ons herontdekking van verhouding.

Ek en my Zuko is hierdie jaar 16 jaar getroud.

Ons het vier kinders wat ons deur tuis-onderrig lei na volwassenheid.

Ons het ‘n verhouding wat die grootste krag & vreugde van my lewe is.

‘n Verhouding waarin en waardeur ek gegroei het.

Ge-‘word’ het.

Meer as wat ek of enige iemand ooit kon droom.

Ons ‘huwelik’ is nie ‘n sisteem nie.

Dit het nie reëls nie.

Dis ‘verhouding’.

Twee mense wat gekies het om die lewe te deel & saam te bou aan ‘n bestaan wat gemeenskaplik is.

Ek het niks.

En Zuko het niks.

En tog het ons albei so baie.

Dis organies.

Vloeibaar.

Dinamies.

Soms het ons nodig om ekstra tyd te maak om te gesels.

Mekaar se hart te hoor.

Ander kere storm ons albei voort, vanuit dit wat ons ken van mekaar.

Nog ander kere roep ons mekaar tot halt, of sy vir my, en dan maak ons koers aanpassings.

Altyd teenwoordig is ‘vertroue’ en ‘onwrikbare lojaliteit’.

Aan mekaar.

Niemand is ‘verkies’ nie.

Ons albei is gekies.

Miskien is dit heeltemal te simplisties.

Ek het gewaarsku, jy sal nie westerse teorie in my gedagtes raakloop nie.

Sou ons in Afrika ‘verhouding’ herontdek, in die plek van westerse sisteme, dink ek sal frika se potensiaal ontsluit word.

Ons sien blikke hiervan.

As Nelson Mandela uit die tronk vrygelaat word.

As Suid Afrika in 1994 tot ‘n vreedsame oorgang kom.

Dis alles deur dialoog.

Gesprek.

Wat diep aan die hart van verhouding lê.

Want in gesprek ontdek ons mekaar se waardes.

En vorm ons nuwe waardes.

Nou sou jy kon vra, hoe lyk hierdie droom wêreld, waarvan jy praat?

Niemand weet nie, want dit was nog nie.

Maar as ek kan ekstrapoleer vanuit my persoonlike ondervinding met verhouding, dan dink ek dit sal so lyk:

Mense sal mekaar vind rondom waardes, en nie klas of stand of ekonomiese posisie of selfs kunsmatige opvoedkundige of akademiese verdelings nie.

En gevind in waardes of dit wat waardeer word, sal mense groepeer, nie in groepe wat teenoor mekaar staan nie, maar in ‘tribes’ wat inter-afhanklik is en mekaar komplementeer.

Iets hiervan is sigbaar in die Departement van Kuns & Kultuur se Social Cohesion Summit.

Die ‘Chief Director of Social Cohesion’, DuduNchoba stel dit so: ‘we are an incredibly diverse nation – yet, at the core, united by our citizenship.  Regardless of the fact that South Africans represent a range of cultures, colours, and classes – at heart, we are united by the common fact of our South African-ness.’

En: ‘Social cohesion is not a soft issue. Social cohesion is about the decisions we make in our daily lives and this in turn has a knock-on effect throughout society.  It comes down to recognising our common humanity in meaningful ways which involve meeting basic human needs, amongst them decent shelter, food, meaningful work, tolerance, respect, family and friendship. ‘

Sy praat oor waardes.

Dit wat ons waardeer.

Dit wat vir ons belangrik is.

Nou op die oomblik hardloop die Departement van Kuns & Kultuur se ‘Social Choesion’-projek in tandem met ‘n ander demokratiese proses.

Ek skat, wanneer die demokratiese proses gestaak word en ‘gesprek’ en ‘verhouding’ die hartklop van ons ‘saam-lewing’ word, sal ‘n pragtige blom te voorskyn kom.

En as ‘n projek soos hierdie hardloop, dan is daar hoop dat dit dalk vorentoe kan beur, uit al die westerse konstruksies uit.

En ons kan word.

En Afrika die voorloper in ‘n wêreld, teleurgesteld in sy eie onvermoë om deur enigiets anders as ‘oorweldiging’ vorentoe te beweeg.

Waarom is die VSA gedurig in konflikte betrokke?

Waarom is daar ‘n voortdurende wêreld-spanning in die ooste.

Israel & Palestina?

Christen & Moslem?

Onnodig.

Buite om westerse denke.

Ek sit met ‘n vriendin en koffie drink.

Sy is ‘n Moslem.

Ek ‘n ‘relationist’.

Sy is gebore in die laat sestigs.

Ek in die vroeë sewentigs.

Sy is bruin.

Ek wit.

Sy is ‘n vrou.

Ek ‘n man.

Ons kan heeldag sit en lys-maak van die verskille tussen ons wêrelde.  Waar ons vandaan kom, wat ons geskiedenis is.

Maar ons vind mekaar.

In gesprek.

In dit wat klop in albei van ons se harte.

In ‘verhouding’.

En my optimisme groei.

Want Afrika se toekoms is blink.

Sonder die snyers-pak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s