we need a dream

Elke land het sy geskiedenis.

Suid Afrika is nie anders nie.

Lande se geskiedenisse kan nie in issolasie gesien word nie. En as dit by Afrika kom, en Suider Afrika, dan is hierdie land se geskiedenis vervleg met en beinvloed deur die geskiedenis van ‘n Industriele Rewolusie in Europa.

‘n Rewolusie met diep wortels in die Renaisance, die Reformasie en die Franse Rewolusie.

Alles dinge wat gebeur het in Europa.

Natuurlik het Afrika en Suid Afrika ‘n geskiedenis wat dateer na ‘n tyd voor die Industriele Rewolusie en Westerse Uitbreiding.

En hierdie geskiedenis het sy eie oorloe, sy eie kulturele opbloei, sy eie mooi en hartseer, verwoesting en genade.

Miskien is dit die geskiedenis van die mens – een van veg en verwoes, met oomblikke van opbou en genade wat ‘n klein stukkie hoop laat oplewe.

Die hoop dat daar iets moois versteek le in die wese van die mens.

In Suid Afrika bly onlangse geskiedenis op die voorgrond.

‘Onlangs’ in die sin van die laaste 5 tot 7 dekades.

Die Nasionale Party.

Aparthied.

En die val daarvan.

Vandag is dit alles weer in die nuus en aan alle kante is daar ontsteltenis en woede.

Oud-president FW de Klerk is by ‘n samekoms van Nobel-prys wenners in Chicago.

Hy word op TV verwelkom vir ‘n onderhoud.

En dan se hy: ‘… the concept of giving, as the Czechs have it now, and the Slovaks have it, of saying that ethnic unity with one culture with one language [everyone] can be happy and can fulfil their democratic aspirations in an own state, that is not repugnant.’

Hy praat natuurlik van die ‘buurstaat-idee’ wat deel was van Apartheid.

Dat Xhosa’s hulle eie ‘lande’ het in Transkei en Ciskei.

Dat Tswana’s ekonomies en demokraties uitdrukking gee aan hulle mens-wees in ‘n onafhanklike Bophutatswana.

En Venda’s.

En Peddi’s

En

En

In die hele sosiale-ingeneurswerk was daar natuurlik destyds geen beplanning vir ‘n Afrikaner-staat, in die huidige sin van die voorstanders van Afrikane-self-beskikking nie.

Daar was nie ‘n oog op ‘onafhanklike state’ wat werklik mekaar se gelyke sou wees nie.

Marionet is meer die woord wat in my gedagtes opkom.

Suid Afrika, met die paar stukkies afgesny sou die land van blankes, Afrikaans en Engels en Jood en Griek, wees.

‘n Ekonomiese reus met verwante afhanklike state wat stoei om te oorleef en te groei, maar waar ‘demokrasie’ darem in orde is.

Dis hoe dit vir my lyk, van waar ek sit, en ek is nie ‘n kenner op die gebied van Suid Afrikaanse geskiedenis nie en ek bedoel nie om ‘n finale opinie te formuleer wat breed aanvaar moet word nie.

Hierdie is sommer my gedagtes.

My ‘sin maak’ van iets waaraan ons eintlik nog te naby is om sin te maak, maar dringend nodig het om sin te maak.

As jy die artikels oor oud-president FW de Klerk se uitlatings wil sien, HIER is ‘n video-greep van die TV-onderhoud en HIER is ‘n artikel wat agterna daaroor geskryf is.

Wat vir my interesant is, is die openbare ontsteltenis.

Ek dink nie dat FW de Klerk al ooit on-eerlik was oor sy standpunt nie.

En sy standpunt is nie net sy standpunt nie.

Dis ‘n standpunt wat diep-gewortel is in die wese van Afrikaners.

Prof Jonathan Jansen beskryf iets hiervan in sy boek ‘Knowledge in the Blood‘.

Ek het die boek aan die einde van 2011 gelees en vroeg in 2012 ‘n boek-oorsig daarop gedoen (kyk gerus HIER as jy belangstel).

Jansen praat van hierdie ding dat Afrikaners glo dat ‘in sy wese’, die beginsel van apartheid geregverdig was, en is.

Dat die ‘probleem’ nie le in die ‘idee’ van aparthied nie, maar in die manier waarop dit tot uitvoering gebring is.

Dit is ‘n ‘geloof’.

Soos meeste van die ‘idees’ waarmee ons binne in ons loop en van waaruit ons lewe.

Nie ‘geloof’ in die Godsdienstige sin nie.

‘Geloof’ in die sin dat ons onwrikbaar daaraan vashou en vanuit dit leef.

Wat beteken – wanneer FW de Klerk se, in sy opinie was en is daar niks fout met die ‘idee’ nie – eintlik sou hy verkies om ‘n homogene samelewing te skep waarin almal Afrikaans praat, almal van Europese afkoms is en almal dieselfde God aanbid en almal dieselfde waardes verkies.

Miskien is dit ‘n heimwee na iets wat laas was, voordat die Industriele Rewolusie hierdie planeet en sy mense meegesleur het.

Of wat ons inbeelding ons laat dink daar was, iewers in ‘n beter verlede.

Of ‘n verlede wat ons dink beter was.

Die pre-industriele Europa was nie so ‘n wonderlike plek nie.

Nie vir die meeste mense nie.

Dit was ‘n arm wereld.

Waar lewensverwagting kort was.

En dood by geboorte algemeen.

Waar mense nie dikwels ver gereis het nie en grootliks ‘n oorlewings bestaan gevoer het.

Lewens uitgelewer aan vet Konings wat in oorvloed lewe.

As ek dink daaraan, het daar heelwat verander, maar die stukkie van lewens uitgelewer aan vet Konings bly konstant.

Maak nie saak wie jy is nie.

Maak nie saak wat jou ras of etnisiteit nie.

Miskien is die mislukking van die industriele-era en modernisme die opkoms van ‘n grootskaalse demokrasie wat groot hompe mense onderwerp?

FW de Klerk glo dat die Suid Afrikaanse regering, tussen 1948 en 1994, ‘n wettige demokratiese regering was.

Hy glo dat die Nelson Mandela wat deel was van die samesweringe om daardie republiek om ver te werp, iemand was wat verraad gepleeg het en in enige ander land met ‘n soortgelyke wettige demokrasie, ook veroordeel sou word, miskien selfs tot die dood.

Hy glo dat Nelson Mandela verdien het om tronk toe te gaan – miskien net nie lewenslank nie.

Ek wonder of dit wat verstrengel geraak het, ooit weer ontkoek kan word.

Ek dink Nelson Mandela het ‘n geheim geken.

‘n Geheim wat ontkoek moontlik maak.

Miskien was daai geheim diep-gewortel in sy eie geloof.

Die Ubuntu beginsel wat hy as seun geleer het in die onaangetaste Oos-Kaapse platteland.

Vergiffenis.

Gemeenskap.

Nie net ‘gun vir ‘n ander wat jy wil he nie’, maar ‘moontlik maak vir ‘n ander wat jy reeds het’.

Mededeelsaamheid.

Empatie.

Natuurlik word dit nie beskryf in hierdie gebrekkige westerse woorde en konsepte nie.

Eerder word dit beskryf in ‘lewe’.

In ‘wees’.

In hierdie opsig was en is Nelson Mandela ‘n man van integriteit.

Iemand wat soomloos leef vanuit sy wereldbeskouing.

Ten spyte van omstandighede.

En dit is hoe dit gekom het dat bykans twee dekades in die pad af, Suid Afrika ‘n relatiewe vreedsame land is, met groot vryhede.

As FW de Klerk die proses moes ‘lei’,dink ek, sou dit ‘n ander uitkoms gehad het.

Daarmee hemel ek nie Suid Afrika se huidige ‘leiers’ op nie.

Ek dink hulle en FW sou mekaar maklik vind en met gerief kon saamwerk, as hulle na dieselfde uitkoms gemik het.

Miskien het Suid Afrika ‘n nuwe droom nodig?

Een wat nie losstaan van ons geskiedenis nie – dis onmoontlik.

Een wat eerlik is oor die gebrokenheid van dit alles.

En eerlik is oor die onvermoe van demokrasie.

En die risiko van gesentraliseerde mag.

En die onvolkomenheid van ‘n politieke stelsel.

Miskien het Suid Afrika ‘n droom nodig wat nes kan skop in ons wese.

‘n Droom wat groter is as ons geskiedenis en ons seer, ons onlangse en nie so onlangse verlede.

‘n Droom wat lewe vind in ‘n nuwe soort samelewing.

‘n Droom wat opkom uit die harte van ‘n massa enkelinge wat hoop op dieselfde.

Daai droom sal nie van FW de Klerk af kom nie.

En Nelson Mandela het sy tyd gehad.

Miskien, iewers is daar ‘n iemand wat integroteit het.

Miskien moet ons hoop op ‘n groot genoeg krisis wat hierdie iemand die geleentheid kan gee om na vore te tree.

Want solank die krisis afgeweer word, sal die skape in die kraal staan, al is die krip leeg en die water bitter.

2 responses

  1. Pingback: my dream of hope « Sevencitys' Blog

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s