vriendskap

Ek wonder oor vriendskap.

Bestaan dit?

In hierdie tyd?

Is daar geleentheid vir dit om getoets te word?

Vir vriendskap om werklik vriendskap te wees?

Meer as ‘n ligte geselsie oor ditjies en datjies oor ‘n koppie koffie of ‘n glas wyn.

Ek is omring deur vriende.

Ek is bevoorreg.

Sal hierdie vriende in ‘n oomblik alles los om my te help as ek in nood is?

Ek weet nie.

Miskien is dit nie die vraag nie.

Miskien is die vraag eerder, as ek dan so baie vriende het, is ek ‘n vriend vir al die vriende?

Sal ek in ‘n oomblik alles los om een van hulle te help?

Enige een van hulle.

Met enige iets?

Vriendskap is iets wat gegee word, voordat dit ontvang kan word.

Vriendskap is iets wat gegee word, sonder dat dit gemeet word.

Vriendskap is prysgee.

Opgee.

Saam stoei.

Dit is ongerief.

Ongemaklik.

Dit skaaf.

En skuur.

Dit kos.

Miskien ken ons nie vriendskap in hierdie tyd nie?

Miskien ontneem ons welvaart en versekerde bestaan ons die geleentheid om vriend te wees en vriendskap te proe?

One response

  1. Ek glo aan vriendskap – dis my sement vir elke dag, elke besluit, elke daad!!!!! En Oppi Koppi is my bloed-vriendskap – deel, peins, gesels, gevoelens, ag, net die wete van die daarwees!!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s