moet my asseblief nie in die bootjie laai nie

Op 28 Februarie stel Afriforum hier in Suid Afrika ‘n video-produksie vry – hulle is ontsteld oor ‘geskiedenis wat verdraai word’. Hulle het, na die oordeel van spesialiste in die veld, honderde duisende rande spandeer op die vervaardig van die video & deelname van bekende Afrikaner sangers, soos Steve Hofmeyer & Adam Tas, bevestig die waarskynlikheid.

Hulle sê: ‘ons was daar’.

Hulle praat van ‘n oorlog in Angola.

Miskien praat hulle van meer?

Miskien praat hulle van ‘n stuk geskiedenis?

Alles wat verloop het sedert 1948.

Alles wat verloop het sedert 1910.

Alles wat verloop het sedert 1652.

Ek weet nie.

Ek was nie daar nie.

Ek het maar in hierdie lewe ingekom in die lente van 1971.

Toe skoliere in 1976 uitmekaar geskiet is en ‘n grensoorlog begin is – ek was ‘n kleuter.

Hulle is reg – ek was daar.

In die rustige blanke woonbuurt, Westering, in Port Elizabeth.

Ek het modder koekies gebak en duiwe met my kettie bygekom.

Op Sondae het ek Sondagskool toe gegaan, nadat ek vir ‘n hele uur geluister het hoe my Pa preek, met my Ma se haakspeld meer in my been as daar uit.

Ek was nie in Angola nie.

Maar dit maak nie saak nie – Afriforum klaar die saak vir ons op.

In ‘n engelse artiekel op hulle webwerf, se hulle: “AfriForum and AfriForum Youth will also address the following political misrepresentations, among others:The political misrepresentation that all white landowners stole their land … that everyone who supported the ANC during the struggle is irreproachable … that Afrikaners’ history is evil in all respects … that South Africa is not Afrikaner’s native land … that the various black tribes have always lived in South Africa.’

‘n Mond vol.

En ek dag toe, maar jitte, as die politieke wanvoorstelling ‘n opsetlike werklikheid is, dan is ek seker in die moeilikheid.

Dan moet ek seker gemarginaliseer wees in hierdie samelewing.

Selfs sonder dat ek dit besef het.

Want ek is grootendeels Afrikaans, en ek betaal elke maand pligsgetrou aan my verband en niemand het my nog vasgetrap oor slagtersnek of selfs die slag van bloedrivier nie.

Nou het ek al geleer – aannames is baie keer die moeder van moeilikheid.

En in plaas daarvan om aannames te maak (of sommer net te glo), nooi ek toe vir Zandisile Qupe, Streeks Sekretaris van die ANC om by my aan te sluit in die ateljee by Kingfisher FM, dat ons openlik en in die openbaar oor die ding kan gesels.

Ek wonder of hy gaan opdaag.

07h30 is dalk ‘n bietjie vroeg.

Hy het 4 seuns wat by die Universiteit en skool moet kom.

En as ek in die moeilikheid was, as ek onseker was oor wat om te antwoord of dalk ‘n moeilike kwessie wou ontduik, dan sou ek net dalk moontlik ‘n verskoning gehad het.

Maar hy kom.

Hy is 20 oor al hier.

En ons gesels.

Vrymoedig.

‘As die ANC geglo het alle wit grond eienaars het hulle grond gesteel, dan sou die regering mos grootskaals kriminele sake aanhangig gemaak het en nie ‘n gebalanseerde proses van konsultasie en kompensasie gevolg het nie?’

Dit maak sin.

‘As die ANC geglo het dat almal wat die ANC in die vryheidsstryd ondersteun het onkreukbaar is, dan sou daar mos nie soveel dissiplinere optrede gewees het nie?’

Ek kan dit sien.

‘As die ANC Afrikaners se geskiedenis as boos beskou het en geoordeel het Afrikkaners het geen deel aan die land nie, wat maak Derek Hanekom as gerespekteerde leier in die ANC. Wat maak Marthinus van Schalkwyjk as Minister van Toerisme en waarom is Pieter Mulder, verteenwoordiger van ‘n klein getal stemmers, onder-minister van Landbou en Bosbou? Wat soek Andries Nel in die Ministerie vir Justisie en Konstitusionele Ontwikkeling? Wat maak Gert Oosthuizen in die ministerie van Sport?’

Ek sien sy punt.

Dit klink nie na Afrikaners wat uitgesluit is nie.

En ek wonder – wat is die probleem dan?

Hoekom het Steve en Adam en hulle span nodig om honderde duisende op daai video te spandeer?

Is die probleem dalk dat Afrikaners vies is omdat hulle nie meer koning kraai nie?

Of is dit soos Anton van Niekerk se, dat daar talle soorte Afrikaners is, ook “‘n groot stil meerderheid Afrikaners wat verstandige, deugsame en moreel sensitiewe mense is”?

Ek hoop so.

Want daardie bootjie wat verdeel en trots is op oorlog en ‘bloedgekoopte grond’ – in hom wil ek nie wees nie.

Eintlik kan ek nie in hom wees nie.

Nie met dit, of liewer Hom, wat in my hart kom woon het nie.

En as ek Zandisile afsien by die ateljee, dan bid my gees, ‘Ag, Here, help hierdie mense, om verby hulself te sien. Om miskien liefde te ontmoet en lewe gewers te word.’

5 responses

  1. Uhm…hoekom wil jy so graag MEER in die video lees as wat daar is?? Rerig, dis nie suur druiwe oor “ons nie meer koning kan kraai nie”, maar ek weet jy wil dit tog so graag glo.
    En as jou gees bid ‘Ag, Here, help hierdie mense, om verby hulself te sien. Om miskien liefde te ontmoet en lewe gewers te word.’ – dink jy nie jy matig jouself aan om te suggereer dat almal wat die video gemaak het/ondersteun, liefdeloos en bloeddorstig is nie? Erens het ek gelees dat dit nie mooi is om ander mense te oordeel nie, veral as jy nie ‘n pad in hul skoene gestap het nie…ek wonder waar dit was?

  2. Baie oppervlakkige artikel, jy skep ‘n strooiman en val dit aan. Ek was ook nie daar nie, maar ek is trots op my Afrikaner geskiendenis en heenkoms, dit is hoekom ek die ‘Ons was Daar’ veldtog ondersteun.

  3. Ek stem saam met jou Theunis. Ek sit nie in daai booikie nie. Daai ” groot stil meerderheid Afrikaners “, dié wat Zandisile Qupe van praat, sal uiteindelik die Afrikaner se voortbestaan verseker, nie die wat so hard skreeu nie. Want daar is die wat werk, en die wat net praat.

  4. totdat ons as nasie swart, wit pienk groen nie leer om meer liefde en meegevoel met mekaar uit te leef nie verby velkleur en ras begin kyk nie sal ons pragtige SA nooit werklik vooruitgaan. Kom ons begin liefde leef in elke opsig en ek glo ons sal waarlik verstom staan met di resultate.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s