evil is the absence of empathy

Ja, ‘n engelse titel vir vandag se Afrikaanse bydrae.

Dis eintlik ‘n aanhaling.

My Engelse vriend, die ‘Faithful Sceptic‘ het dit onder my aandag gebring.

‘Evil is the absence of empathy’.

‘Meegevoel’ – dis miskien ‘n goeie Afrikaanse vertaling?

‘Boosheid’ is die afwesigheid van ‘meegevoel’.

Ek kou al ‘n rukkie hieraan.

Ek vat my swanger vrou na ‘n private hospitaal, sonder ‘n tweede gedagte aan die hordes swanger vroue wat ure wag om ‘n dokter te sien by ‘n staats hospitaal wat nie kan byhou met die aantal pasiënte nie.

Ek hoor hoe ego die woorde van daai ou by die braaivleis: ‘laat hulle ‘suffer’, hulle kan eet wat hulle opdis, ons sal vir onsself sorg.’

Meegevoel.

Om mee te leef.

Om jouself in iemand anders se omstandighede of situasie te sit en begrip te hê.

Ek kyk hoe blom my kinders onder die hand van eksklusiewe private onderwys.

Ek dink nie aan die honderde duisende kinders wat verdwyn in ‘n oorlaaide onderwys-stelsel met stakende onderwysers nie.

Ek wil nie my gesin blootstel aan staats mediese sorg nie.

Of staats onderwys.

Of staats behuising.

Of selfs staats sekruiteit nie.

Ek koop ‘n sekuriteitswag met ‘armed response’ en gereelde patrolies.

Dis nie verkeerd nie.

Ek dink nie so nie.

Ek is ook nie so vreeslik opgeklits met ‘reg’ en ‘verkeerd’ nie.

Ek wonder net oor die ’empatie’ of ‘meegevoel’ ding.

Oor die ‘evil’ ding.

Want ek wil nie ‘evil’ wees nie.

Dan kom Afriforum die week met hulle Sosiale Media Optog oor ‘verdraaide geskiedenis’.

Ek hoor ‘n noodroep.

‘Dit voel vir ons asof niemand met ons meegevoel het nie.’

‘Asof ons helde lafhaarts is – en julle helde, helde.’

Ek hoor daai woorde uit ‘n ou-ou boek, ‘moet op prinse nie vertrou nie’.

Is daar helde?

In my geskiedenis.

Is die ‘held’ die 18-jarige seun wat in ‘n ander man se oorlog gesterf het?

Hy het gesterf.

Sy ouers, sy gesin – hulle het by sy graf gestaan.

Sy predikant het hulle aan ‘sin’ probeer help.

‘Hy het sy lewe gegee in die stryd teen boosheid en kommunisme.’

‘Dis danksy hom dat ons in vrede kan lewe.’

Watter vrede.

Ek hoor die Immam dit ook sê vir die tiener met die bom aan sy bors vasgebind.

‘Jy gee jou lewe in die stryd teen boosheid.’

Ek wil nie my lewe gee nie.

Ek was ook daar.

Amper.

Ek het groot geword op my Pa se skoot, met die name van gestorwe soldate wat afrol na die nuus.

Dit was in my hart nie ‘n vraag ‘of’ ek diensplig sal doen nie.

In 1989 skryf ek matriek.

In 1990 meld ek aan.

Ek sien nie ‘n Angola nie.

Die slag van Cuito Cuanavale het verbygegaan sonder dat ek eens besef het.

En Afriforum is reg – daar was nie regtig ‘n slag nie.

Net ‘n ‘stand-off’.

Myne is die grootste.

En President Zuma is reg, dit het alles verander.

Maar niemand onthou dat hierdie nooit ‘ons’ oorlog was nie.

Dat ons maar net meegesleur is deur ‘n Amerika en sy koue oorlog.

Soos Iraq.

En Iran.

En nou herbou China vir Luanda.

En wen.

Al die pad.

Want terwyl ander oorlog gemaak het, het China paaie gebou.

En fabrieke.

En kragsentrales.

Of so lyk dit vir my.

Van waar ek staan.

Ek kan verkeerd wees.

Want ek het ook maar net my perspektief.

Miskien sien iemand wat in China bly, of in Amerika, die geskiedenis heeltemal anders.

Waarskynlik.

Niemand twyfel oor die ‘goed’ in wat Moeder Teresa gedoen het nie.

Maar sy is nie my ‘hero’ nie.

Ook nie Ghandi nie.

Met sy vreedsame verset.

Of Mandela met sy vasberade vergiffenis.

Ek was nie daar nie.

Ek is hier.

Nou.

Ek is hier.

Ek kan in môre wees.

Met boosheid.

Of goedheid.

Ek skiestog.

Ek kies my helde.

En al was die prys hoog, en al het hulle gesterf, dit kan nie hulle wees nie.

My held is Mamma Gladys wat 30 hooplose kinders onder haar sorg neem, sonder enige belofte, net omdat hulle nêrens heen het om te gaan nie.

My held is Eugene Coetzee wat, al kry hy nie bevordering nie, polisie man is, soos ‘n Afrikaner seun lanklaas polisieman was.

My held is die bruin verpleegsters wat die swart en bruin en wit babatjies by Dora Nginza Hospitaal gered het toe die brand in die saal vir prematuur gebore babatjies uitgebreek het.

En as ek na die geskiedenis kyk, deur die dowwe venster wat ek het, dan is my held die boere generaal wat nie wou oorlog toe gaan nie.

Die een wat vrede wou kies.

Helen Suzmann.

Harry Schwarz.

Breyten Breytenbach.

Beyers Naude.

Hulle het meegevoel betoon.

En ‘n stukkie boosheid het verdwyn.

Natuurlik bied elke nuwe tyd sy eie boosheid aan.

Daarom hoop ek om verby Afriforum se verdelende marginalisering te kom.

Eerder myself in ander se skoene te sit as om bekommerd te wees of ander hulle in my skoene kan sit.

En te doen wat ek kan.

Hier.

Nou.

As bedrog en gulsigheid arm mense se sorg verteer.

Miskien kan môre anders wees.

Waar my spore geval het.

Ek weet nie.

3 responses

  1. Ek like jou perspektief Theunis. It is very sobering in this crazy world that we live in. Many people who call themselves Christian have become evil, very evil therefore the world says, ‘If that is what religion has made of you then I will have no part of it! NEVER! Thank you once again for this post! God bless you, Bro!

  2. weet jy wat glo ek wat sal hierdie stukkie wereld van ons stukkie vir stukkie verbeter en ek het dit vanoggend op Facebook ook vir iemand genoem. Meer liefde en minder haat

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s