want dit is hoe dit is

Dis al ‘n tydjie gelede dat ons besluit het, ‘dis hoe dit is’ is nie goed genoeg nie.

Nie wat hierdie saak betref nie.

Toe Sondag se koerante berig dat die moontlikheid bestaan dat daar wette hieroor gemaak word, vat ek my kans en skryf ‘n bydrae daaroor op my Engelse Blog.

Ek skryf vanuit my eie perspektief.

Ek deel my hart.

Oor waar ek was.

En waar ek nou is.

Ek vertel my storie.

Van hoe my hart verander het.

Hoe ek toe my kinders kom, gemaak het soos my Pa en Ma, die lat ingele het en my kinders gejaag het van een pak slae na die volgende.

Nie omdat ek ‘n geweldadige ou is nie.

Nie omdat ek uit woede optree nie.

Of myself verlekker daarin nie.

Soos my Pa dink ek, dit maak my seerder as julle, met elke hou wat val.

En na die loesing, terwyl die trane loop, troos ek.

En die kinders doen wat ek se.

Soos ek gedoen het wat my Pa en ma gese het.

Want, jitte, dis net te vrek seer.

En wie is nou so dom dat hy homself willens en wetens aan sulke pyn bloot stel.

En toe konfronteer my dogtertjie my.

Sy was vier jaar oud.

En iets gaan oop in my hart.

En ek begin om anders te doen.

In my Engelse Blog vertel ek hoe die nuwe plek waar ek my bevind nie so hartlik verwelkom word deur die Evangeliese Christene deur wie ek omring is nie.

Hoe ‘n Krishna vriendin eerder my hart hoor.

Hoe dit my verras.

En daar kom die lesers en van hulle hoor my hart.

Vertel hoe hulle Pa hulle fisies mishandel het.

Hulle en hulle Ma.

Met die vuis.

Iemand anders is verontwaardig.

Voel ek probeer nou Universele Liefde teenoor Christelike waardes stel, asof daar ‘n kontras is.

Is moetswillig.

Dit is hoe dit is.

Ons sukkel om mekaar te hoor.

Net te hoor.

Te luister.

Sonder waarde oordeel.

Natuurlik as ek vertel van my pelgrimstog weg van lyfstraf na liefde en om-arming, bedoel ek om jou aan te spoor om ‘n nuwe manier te oorweeg.

Maar ek oordeel jou nie.

Want as ek jou oordeel, dan oordeel ek myself.

En my dogtertjie het my nie ge-oordeel nie.

Sy het my, ten spyte van die fisiese geweld wat ek op haar klein vierjarige lyfie besoek het, nader getrek.

Vir my verduidelik.

My vasgehou.

En my die geleentheid gegee om weer te dink.

Sy het my die grootste komplement gegee.

Dat ek, al is ek ouer en gevestig in my wee, tog die potensiaal het om nuut te dink en nuut te word.

En hiervoor is ek dankbaar, want in die volgende ses jaar van haar en haar boetie en haar sussie se lewens kon ek oor doen.

En sien hoe geweld in ons huis tot bedaring kom.

En hoe ‘n sagter ritme vestig.

En hoe vrees verdwyn.

Want die ‘Bybel’ se nie net ‘spare the rod and spoil the child’ nie (en ek is nie so seker of die Bybel dit se nie).

Miskien se die Bybel eerder ‘buig die boompie terwyl hy jonk is’.

En miskien moet ons in gedagte hou dat as ons ons kinders leer dat geweld ‘n oplossing is, ‘n manier om ander te kry om te doen wat ons gedoen wil he, dan is ons ook besig om die boompie te buig.

Miskien moet ons eerder hoor: ‘waar daar liefde is, is daar geen vrees nie’.

En:’die liefde dryf die vrees uit.’

En daarom aanvaar ek ook wat hierdie ding betref, nie dat dit is hoe dit is nie.

Soos my dogtertjie sal ek bly glo, dat ons meer is.

Dat ons nuut kan dink.

Dat ons kan heroorweeg.

En ‘n nuwe manier kan vind.

‘n Manier deurdrenk met die liefde van een wat gese het Hy het ook skape in ‘n ander kraal.

Een wat sy lewe gegee het vir ‘n wereld wat nie eens geweet het dat hy gekom het nie.

En as jy my pak gee …

Soos my Pippin sal ek skree: Nee! Dit help nie! Dit verander niks nie! Jy maak my net bang! Dis al! Jy leer my niks!

En soos my Pippin sal ek hoop, dat jy iets hoor.

Want te lank het ons mekaar met geweld gesnoer en gedwing om te maak soos ons gemaak wil he.

2 responses

  1. Ek is altyd so bly as ek hoor van nog mense wat tot beter insigte gekom het oor hierdie saak. Dit is so hartseer dat dit nog so aanvaarbaar en algemeen is onder mense wat regtig baie lief is vir hulle kinders en dink hulle doen die beste ding vir die kind. Om te slaan aan n kind is barbaars. Al wat jy vir n kind deur lyfstraf leer is dat dit OK is om te slaan aan iemand anders, veral as die iemand anders kleiner is as jy.
    Die ‘spare the rod’ verskoning maak my sommer moedeloos. Die Bybel kan op so baie verskillende maniere geinterpreteer word dat dit nie regtig die basis kan wees vir enige argument nie. Ek, byvoorbeeld, glo glad nie dat die ‘rod’ n lat is vir slaan nie. Dit verwys eerder na die skaapwagter se staaf (wat gebruik is om skape op die regte pad te sit, beslis nie te slaan nie) of na n simbool van gesag.

  2. weet jy Theunis, ek stem heelhartig saam et jou Geweld is geen oplossing vir niks ons moet ons kinders eerder liefhe en omarm vir hulle probeer verduidelik hoekom ons oor sommige dinge in di lewe waarsku en leer. Net omdat ons hulle probeer beskerm teen onnodige seerkry uit liefde vir hulle.

    en in my mening is die regte manier van disiplineer as kinders nie wil luister nie deur lyffstraf, maar deur voorregte soos tv en rekenaar weg te neem vi ‘n ruk.
    ek weet nie, dalk stem jy saam, dalk nie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s