reg

Wat is dit, hierdie ding?

Ek is reg.

Dit is my reg.

My ‘reg’ om in vrede te lewe.

My ‘reg’ om ekonomies ‘n bepaalde lewens-standaard te handhaaf.

Dit is my ‘reg’ om veilig te wees.

My ‘reg’ om ‘n goeie opvoeding vir my kinders aan te gee na die staat.

Dit is my ‘reg’ om twee keer ‘n jaar met vakansie te gaan.

Om Saterdag by die Wimpy te brekfis en Sondag met my Rapport by die swembad te sit, terwyl die kole afkoel sodat ek nie die tjoppies verbrand nie.

Dit is my reg om ‘n nuwe motor te ry.

My reg om ten duurste by Truworths en Edgars klere te koop wat in China met kinderhande aanmekaar gewerk is in die vroee oggendure.

Dit is my reg om DsTV te he.

My reg om buitensporige private mediese sorg te he.

Om ‘n ingevoerde titanium gholfstel te he en ‘n liggewig fiets om vroegoggend deur verlate strate te ry.

Dit is my reg om die ou TV te skuif an die stoor, langs die ‘flat-screen’ en te vervang met die nuutste 3D ene.

Ek is reg.

‘Here, gee my vandag my daaglikse brood.’

Ek is reg.

Ek wonder of ek hom nog sal liefhe as die samelewing in duie stort.

As ek en my gesin verbied word om in sekere restaurante te eet en op sommige banke te sit.

As vroeg een more, met geweld, ons uit ons huisie gesleep word, in ons pajamas in ‘n vangwa gestop word en afgelaai word op ‘n vlakte, voor ‘n huisie wat driekeer in my motorhuis kon pas.

Ek wonder of ek nog sal glo as my daaglikse brood oud is?

As my seun tronk toe gesleep word, omdat hy wit is.

As my dogter in ‘n lang ry by ‘n swak toegeruste hospitaal moet wag, vir ure aaneen, om ‘n dokter te sien, en sieker huistoe kom as wat sy was.

Ek wonder of die Christen se God anders is as die Ibis en die Os en die Aap van Egipte?

‘n God van voorspoed?

Wat gee.

En gee.

En gee.

Vir my gerief.

‘Wat ek is, is net genade. Wat ek het is net geleen.’ sing Koos du Plesis.

Miskien het ons vergeet?

Miskien is ons verblind?

Dit is nie reg nie.

Nie my reg nie.

2 responses

  1. Jy raak my hart vanaand driedubbel meer!!!! Genade net om te leef, sover ek weet is niemand vir my smoorkwaad nie, as bure kom naweek hou, kom groet hulle eers, my kleinkind is ‘n pragtige normale rooikop wonderwerkie en my vreugde, my twee seuns is gelukkig in hulle verhoudings,my sus sien kans om met my huis op te sit – nie uit verdienste nie, alleen in genade!!! DANKIE!!!!! Ek het op die koop toe ‘n gesin van 5 (amper 6) pragtige mense wat vir my omgee. Weer ‘n onverdiende DANKIE!!!!!

  2. Awesome Theunis as ons net op daardie punt in ons lewens kan kom waar ons besef dat ons niks sonder Sy Genade nie sal baie dinge in ons samelewing begin verbeter en hoogmoed stelselmatig begin verdwyn, want in my mening is ons te veel gefokus op die “eie ek En my eie gerief voor ons ‘n ander sal help. Ek weet, want ek is self skuldig daaraan. Alles wat ons het en ooit sal he is immers aan ons geleen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s