‘n rapsie ootmoed

In die Kaap ontken Helen Zille iemand se belewenis.

In Bloemfontein vier die ANC 100 jaar en Charles Smith wonder oor sommige se apartheids-godsdiens.

In die Winterberge vra ek ‘n onskuldige vraag.

Hoe’t dit gekom dat Oupa Kerneels hier op Wolfkraal boer?

‘Sy Pa het aan die anderkant van die berg op Klipfontein geboer. Daar het hy sy begin gehad. En later het hy Wolfkraal gekoop. En nog later Klipfontein ge-erf.’

En hoe het dit gekom dat sy Pa op Klipfontein boer?

‘Oupa Kerneels se Oupa het hier begin.’

Maar hoe het hy hier gekom? Juis hier in die berge?

‘Die grond is hom gegee. Deur die engelse.

‘Jy moet verstaan, hier was niks. Nie ‘n boorgat of ‘n dam of ‘n huis nie. Nie ‘n meter draad of ‘n enkele kampie nie. Nie ‘n stoor of ‘n kraal nie. Alles wat hier is, is hier opgebou uit niks.’

Later stap ons die pragtige berge in.

Die Karoo omhels ons en veras ons van oomblik tot oomblik met vertseekte blomme en pittige plante wat groei en floreer tussen harde grond en klip.

Zuko wys ons die Boesman tekeninge in ‘n grot nie ver van die opstal nie.

Ek lees dat die tekeninge die Boesmans se manier was om hulle ‘eienaarskap’ aan te dui. Maar nie ‘eienaarskap’ in die moderne westerse of christelik nasionale sin van private besit nie. Eerder ‘eienaarskap’ in die sin van ‘ons is deel hiervan’.

En toe nie verlank nie, want vir ‘n eeu word hulle gejag soos diere en die wat kon vlug eindig in die Kgalagadi woestyn.

Trekboere soek weiding vir skape.

Van die 1850’s af meer-en-meer: ‘From the middle of the eighteenth century the vast, untamed plains of the Karoo drew increasing numbers of adventurous stockmen who chafed at the restrictions of the settled areas, sturdily independent men with hands made to shape frontiers. They had to be sturdy; the Great Karoo is no place for weaklings.’

Oupa Kerneels se Oupa.

Daar was nie ‘n regering wat grond gekoop het, teen ‘n mark verwante koers en dan in ‘n doelgerigte plan die grond verdeel het met die oog op ‘n regverdiger bedeling en voedsel sekuriteit nie.

Daar was gewere.

Genadelose skote.

Daar was dood.

Bloeddorstig.

En ek verwonder my aan die vrede waarmee ons verby ’94 beweeg het.

Ek verwonder my aan staatsdepartemente wat nog honderde duisende Afrikaners in diens het.

En honderde duisende ander se pensioen betaal.

Ek verwonder my aan ‘n regering wat nie plase onteien nie, maar werk op die beginsel van gewillige koper, gewillige verkoper.

En ek verwonder my aan boere wat eeue lank gevestig is en onmeetbare rykdom geskep het op grond waarvoor betaal is met die bloed van mense.

Ek verwonder my aan hulle vergeetagtigheid.

‘Het jy gehoor. Hulle gee nou die plase vir die ouens. Hele plase! Sommer so. Met alles wat hulle nodig het om te boer. Fokkit. Dis darem lekker.’

Ek verwonder my aan onmeetbare genade.

Dat ek en my gesin nog lewe.

Dat ons bestaan kan maak.

Ongehinderd en ongeskonde.

Dat God nog iets met my te doen wil he, ten spyte van my soort se bloed aan die hande.

Onder die Peperboom wat Ouma Martha geplant het, lees ek dankbaar van Dawid en Moses. Wat ook gemoor het. Vir persoonlike wins. Of in onkunde.

En tog kon lewe.

Miskien moet daar by my en my soort ‘n rapsie meer ootmoed wees.

‘n Stukkie meer dankbaarheid.

En ‘n titseltjie begrip.

Miskien dan sal dit anders in die Kaap wees en sal Charles minder he om oor te skryf?

4 responses

  1. Ek word partykeer so kwaad as ek van die Isrealiete lees – hulle het soveel wonderwerke eerstehands ervaar maar hulle het tog so gou weer vergeet . . . maar dan kyk ek nuus (en partykeer in die spieël) en ek sien hoe herhaal dieselfde ou patroon.

    Ons kan doen met ‘n bietjie meer ootmoed, begrip en dankbaarheid.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s