sleutels

Sondag staan ek in Fernwood Park, duskant Bethelsdorp hier in Port Elizabeth.

Hierdie is een van die oudste dele van ons stad.

In 1803 het Johannes van der Kemp, gestuur deur die Londonse Sending Vereniging, hier ‘n gemeenskap gevestig. Hy’t begin met die bou van ‘n Kerk. In 1815 is ‘n markplein gevestig en ‘n paar huise.

Vandag word ‘n sooi weer gespit.

Vir nog ‘n Kerk.

Net so ‘n entjie in Nicholson Straat is ‘n ander Kerk.

Oppad hierheen is ek by ‘n paar van hulle verby.

Die gemneenskap is nie meer die handjie vol mense van 1803 nie.

In meer as 200 jaar het hier ‘n stad gegroei, terwyl geskiedenis afgespeel het op die gras en grond en kloof.

Die pastoor praat oor die gebou wat uit die grond sal opkom: dit sal nie net nog ‘n Kerk wees nie. Dit sal ‘n sentrum van hoop wees.

Hy sê: ‘Ons is bevooregte mense. Ons het nie te kort nie.’

En ek kyk om my.

Na die huise.

Na die motors.

Na die verwaarloosde sy-paadjies en die gate in die teer.

Ek kyk na die horison en sien sink-huisies styf teen mekaar ingepas.

Dit moes seker iets te doen gehad het daarmee dat hier ‘n gebou gaan opkom, en geboue het gewoonlik slotte en slotte sleutels, en in my gemoed kom woorde van Iemand op – iets van sleutels wat gegee word en wat met daai sleutels oopgesluit word sal oop wees & wat toegesluit word sal toe wees.

En ek dink oor ons land.

Oor ons geskiedenis.

En ek wonder oor wat ons alles toegesluit het?

En ek wonder oor of ons al besef het dat ons daai sleutels in ons hand het?

Vandag het ek ‘n afspraak op ons Universiteit se kampus.

Taxies vol studente staan voor die hoofgebou – hulle kom punte kyk.

In die parkeer terein trek nuwe motors met jong gesiggies netjies in. Die outjies wat uit die motors klim is min gepla oor wat die punt is. Nog ‘n jaar se speel. Nog ‘n jaar se pret. Pappa sal betaal.

Miskien het ons nie net materiëel ites toegesluit vir ander nie?

Miskien het ons in die harte van ons kinders iets toegesluit?

Miskien is daai toegesluite harte hartseerder as om ‘n taksie te moet vat van Bethelsdorp na die groot kampus om te studeer op geld wat my Pa nie het nie, in die hoop dat ek dalk vir my kinders iets sal kan oop-sluit?

Hierdie Krismis hoop ek dat jy sal dink oor sleutels.

Dat hulle ook bedoel is om oop te sluit.

En miskien, iewers in jou kan iets ontlsuit, en kan ons begin om oop te sluit wat oor 200 jaar en meer toegesluit is?

‘Merry Krismis’.

One response

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s