by die poskantoor

Op die klein dorpie Bray was die poskantoor bymekaar kom plek. ‘n ‘Prefab’ geboutjie van seker 60 vierkante meter en dit sluit die hand sentrale in.

Kit was op die lyn, reg om jou deur te skakel en Oom Fanie se dogters agter die toonbank om te help met seels en briewe, rekeninge en lisensies.

In die omgewing was daar seker 350 mense wat die poskantoortjie gebruik het.

Ons het mekaar geken. Ons het met mekaar gesels. Dit was lekker om in te draf, sommer net te hoor of Kit se kind toe deurgekom het en of Oom Fanie al terug op die dorp is.

Elke nou en dan het Kit die lyne warm gele. Sy’t gisteraand ‘curry bunnys’ gemaak. Hoeveel wil ons he? Bray se ‘take away’ en Kit kan weer ‘n stukkie skoolgeld betaal.

Vandag sit ek in ons stad se hoof poskantoor. Die gebou strek die hemele in. Seker duisende vierkante meter se kantore en store. Ek wag in die ry om ‘n voertuig se lisensie papiere uit te sorteer. Daar is 15 mense voor my as ek instap. 40 minute later is hulle 9. Ek ken nie een nie. Ek probeer gesels, maar terug gesels is min. ‘n Ou druk in. Nou’s dit weer 10.

Ek wonder, so in my enigheid, omring deur mense of stadslewe regtig my ding is?

Ek wonder of ons nie dalk in die massa van metropole iets van onsself verloor nie?

Of dit nie dalk bydra tot mense se honger vir erkenning nie.

Op Bray het almal my herken en ek het almal herken.

‘More, Jaap’, as ek by ons water-fiskaal en on-offisiele burgermeester verbystap.

‘More, Awie’, as ek by die skooltjie kom.

‘More, John’, by die sonskyn winkel.

‘Hallo, Pula’, by Molopo Motors.

En by die Poskantoor.

Miskien is daar ander soos ek wat honger na die intimiteit van ‘village’-lewe?

Miskien (se ek hoopvol) is dit waarheen ons mik as regerings beheer verloor en infrastruktuur in duie stort?

Nie hier in Suid Afrika nie.

Oor die wereld.

Van Griekeland tot Meneapolis.

Miskien sal ons kom by 1000de ‘villages’ wat styf teen mekaar leef, simbioties inter-afhanklik, maar klein genoeg dat ons mekaar ken?

Ek wonder wanneer laas het ek by ‘n dokter se spreekkamer ingestap en beleef dat hy my herken.

My tandards kry darem ‘n lig van herkenning in die oog as hy my sien, maar dit het dalk te doen met die skop wat ek hom destyds gegee het toe daai wortel-kanaal bietjie ongemaklik was.

Maar ek sien hom net per afspraak.

Ons loop mekaar nerens raak nie.

Op Bray was ryk en arm, afrikaans en engels en Tswana saam in die poskantoor.

Ons het selfs meer as mekaar se gesigte geken. Ons het mekaas se name geken en mekaar se kinders. Mekaar se Oupa en Niggie.

Miskien, as ons samelewings intiemer was, sou dit moeiliker wees om te roof en steel?

Op Bray, tot hierdie dag, slaap jou bakkie met die sleutels in die ‘starter’.

Miskien, as ons samelewing intiemer was, sou geweld skaarser wees?

Want dis net ons, en as ek my vrou slaan, of my kind, dan sal baie dit sien. Baie wie ek in die oe moet kyk. Wie my herken.

Miskien is die anonimiteit van ons groot onpersoonlike stede deel van ons verlore harte?

Groot stede.

Groot skole.

Groot kerke.

Groot banke.

Groot kruideniers winkels.

Vickus Prins het die sonskyn winkel op Bray gehad.

En die Ellofs vir Molopo Motors.

Miskien is ‘groot’ nie so effektief soos ons gedink het nie?

Daar is nogsteed 10 ouens voor my in die ry.

En ek ken nie een nie, ook nie een agter die toonbank nie.

Nou ‘blog’ ek maar op my BlackBerry, in die hoop dat iemand in die globale see my dalk herken.

10 responses

  1. Theunis, dit is by ons steeds so op Merweville (op ons dorpie naaste aan ons plaas) – handsentrale, lister-enjin vir krag…mense ken mekaar almal…ook hier op Prins Albert…maar iets van die groter land begin deurspoel na ons kleiner dorpies…gemeenskappe neem nie meer volle verantwoordelikheid om die verkeerde dinge aan te spreek nie…gemeenskappe raak ook so gewoond aan die geweld op selfs ons kleiner dorpies…neem vir Nelspoort, Merweville…daar gebeur lelike goed…persoonlik voel dit vir my die woord POLITIEK het baie van ons gemeensaamheid onder mekaar kom vervuil, verdring, verdraai…mag ons weer na die ou waardes van omgee vir mekaar, mekaar op die regte (beter) pad help terugkeer…dis my gebed vir ons land!

    • Hey Ilze – ‘politiek’ en ‘aspirasie’ ook of miskien ‘individuele aspirasie’. Iewers op ‘n manier moet ons kom by ‘n omgee-samelewing waarin lewens vervleg is en ons inter-afhanklikheid oop-en-bloot is. Jy praat van ‘ou waardes’ en op ‘n manier is hulle ‘oud’, maar nie omdat hulle ooit algemeen aanvaar en beleef was nie.

      Dis my gebed ook. En hopelik dra my manier by hiertoe. Hopelik is die metropool nie te groot en oorweldigend nie.

  2. Ai-jai-jai!!!!! En as die rivier afkom, bak Estelle pannekoek en ons vergeet van UGO, vak-adviseurs, leerplanne en skool!!! Dan gaan ons na Marius Barnard se plaas en hardloop voor die water uit – en liewe vriend, gaan kyk die kaliber kind wat ons die wêreld ingestuur het!!!!!!! Nuttige, goeie landsburgers wat sin in die lewe beleef en weet hoe om te leef!!!!!!
    Ai-jai-jai!!!!!

  3. Hoe verlang ek nou na die Italiaanse ‘village’-leefstyl… 200 mense in Passobreve, sorgelose drentel op klipstraatjies, my meisiekind op haar fietsie meters ver weg van my, sonder ‘n angsbeklemming dat iets of iemand haar skade kan doen…dalk net nog ‘n stukkie ‘cioccolato’ wat ‘n Maria of een van die ou tantes haar in die hand sal stop met ‘n vryf van die hare en hande saamslaan ‘bella bambina’ …almal weet waar sy woon, wie se kind sy is, wie haar ‘nonna’ is….en ja as jy by die tandarts of dokter ‘n draai maak, wag jy rustig jou beurt saam jou bure en vele bekende gesigte want die munisipaliteit sorg vir al die dienste in jou area. Ek voel versorgd, die strate en tuinparke is versorgd, ‘n lewe van asemhaal!

  4. weet jy T In ons gejaagde lewens vndag glo ek tye soos daardie is vir ewig verby Hoop ons ondervind so lewe of iets baie soortgelyk in die Hemel. ek glo ons sal

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s