profetiese kuns

(foto: Rapport, 26-11-2011)

Ek wonder wat het die mense te se gehad oor die profeet wat met die hoer getrou het?

In opdrag van God.

Of van die een wat kaal rondgeloop het?

Of die profeet wat uit menslike affal ‘n kinderlike fort gebou het?

Gister, terwyl ek die plaaslike koerant deurblaai, kom ek af op ontsteltenis oor ‘n kuns uitstalling by die Grande Provence-wynlandgoed in Franschhoek.

Eintlik is die ontsteltenis nie oor die uitstalling nie. Dis meer oor ‘n enkele ellement van die uitstalling. Jong Celeste Coetzee se werk ‘Bruid’.

Ek gaan soek die oorspronklike artikel aanlyn. Leandri Claasen se pen het die storie vertel. (hier is ‘n skakel: Sy Trek Klere uit teen Angus)

Die naam van Celeste se kunswerk is opmerklik.

Die ontsteltenis is blykbaar nie soseer oor die kunstenaar se naaktheid nie, maar oor sy iewers, van tyd-tot-tyd, ‘n blaai uit die Bybel skeur.

‘Hoe kan jy die Woord van God so aantas?’

Ek wonder of Celeste kommentaar lewer op God of op Angus?

Ek dink die aartappel knolle waar tussen sy sit en die enigste kledingstuk wat sy dra (Voortrekker Kappie) en die letters teen die muur agter haar, verwys na die prediker Angus Buchan en nie na God.

Miskien probeer sy se: Angus haal blaaie uit die Bybel?

Miskien probeer sy aandag vestig op ‘n eensydige, goedkoop en sentimentele boodskap wat teruggryp na ‘n vergange era?

Miskien probeer sy op Franschoek, mense wakker skok vir die moontlikheid dat die Buchan-boodskap dalk nie die Bybel-boodskap is nie?

Is dit ‘n moontlikheid wat jy kan oorweeg?

Is jy oop daarvoor dat, dalk net, Angus en sy aartappels ‘n god voorstel wat nie God is nie?

Ek weet ek is nie ‘n ‘Mighty Men’ nie.

En ek verbeel my, iewers, terwyl Hy op die rug van ‘n donkie gesit het, het Hy iets gese van Hy wat klippe opdrag sal gee om Hom te loof.

Skies, Celeste, ek dink nie jy is ‘n klip nie.

Inteendeel.

Dit was kort voor Hy gekruisig is.

Miskien is die ontsteldes in die goeie geselskap van die godsdienstige leiers van die Nuwe Testament-tyd?

En die massa ‘mighty men’ mislei met mistastings?

Immers, Jesus het hulle gestroop van die houvas wat hulle gehad het op mense se lewens.

Want die voorhangsel het mos geskeur?

En die wet en profete is mos vervul?

5 responses

  1. Pingback: Bruid « Eelt

  2. eK VOEL dat vroue wel gehoorsaam aan hul mans moet wees maar dat ons as mans moet begin om vrouens met meer respek en agting te behandel. Vrouens is immers uniek en spesiaal en behoort juis daarom nie as minderwaardig behandel te word nie. ‘n vrou is die Kroon Van God se Skepping en moet dus sodanig behandel in my opinie. ‘n vrou is net waardevol soos enige man en daarom behoort sy as sy gelyke behandel te word, God het vrou op aarde geplaas as maat vir man en nie as sy vloerlap of slaansak nie. ‘n Vrou is ook die kroon van enige man

    • dankie vir die lees & terugvoer, Lafras. Ek dink waaroor Celeste dit het is Buchan se Boodskap. Die Nuwe Testament praat van ‘n ander soortige ‘onderdanigheid’. Een wat wedersyds is & waarin die man, soos Christus, homself offer, wat waarskynlik meer inlyn met jou oortuiging is?

  3. Aanvanklik het ek gedink die ‘stunt’ is onnodig. As dit net gaan oor die onderdrukking van die vrou, dan is dit ‘n afgesaagde manier om dit uit te beeld, maar as mens dit lees as ‘n baie persoonlike werk, dan verstaan ek wat sy probeer doen. Ek dink egter dat die gallery ner soveel reg het om standpunt in te neem as wat enige kunstenaar het.

  4. Pingback: pandora se doos | grootendeels

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s