aan die ander kant

Vandag het die wiel gedraai.

Die Nasionale Vergadering van die Suid Afrikaanse regering het met ‘n oorweldigende meerderheid die ‘Protection of Information Bill’ in gestem.

Wat beteken dit?

Eenvoudig gestel: enige regerings orgaan kan enige stukkie inligting as ‘geheim’ klasifiseer en die een wat peuter aan die geheim kan gearesteer word en tot vyf-en-twintig jaar lank tronk toe gaan.

Enige regerings orgaan.

Van die Presidensie tot die kleinste munisipaliteit.

Enige stukkie inligting.

Nou maak een van my vriende die opmerking: ‘Did we REALLY expect the ANC to act democratically + not pass a bill which aids + abets their corruption + graft…..?’

Ja, hy is ‘n Engelsman.

Hy verwoord ‘n gevoel wat vanaand leef in baie wit Suid Afrikaners se harte.

Want dit was wit Suid Afrikaners wat die room-kant van ‘n apartheids-era ge-eet het.

In 1977, met die hoogbloei van Apartheid was dit geensins anders nie. Op 19 Oktober verklaar die Nasionale Party regering ‘n aantal publikasies verban. En saam met die publikasies word ‘n klomp ouens gearesteer en begin ‘n totale aanslag op die ‘Black Consciousness Movement’.

Ouens gaan tronk toe.

Ouens gaan dood.

‘Ja, maar’, protesteer my vriend, ‘ten minste in daardie dae was daar kwaliteit onderwys en hospitale wat mense gesond gemaak het en ‘n polisiediens wat misdaad bekamp het.’

Vir wie?

Vir ‘n handjievol wit mense?

En ten koste van wie?

En volgens wie?

Soos die waarheids en versoeings kommissie later aan die lig gebring het – die prys was duur.

Die moeilikheid is nie ‘swart’, soos baie wit Suid Afrikaners verontwaardig wil dink nie.

Nie in velkleur nie.

Miskien in hart?

Die Congress of South African Trade Unions, ‘n oorwegend swart organisasie maak so beswaar: ‘In its present form, this new Bill is a threat to South Africans’ democratic right to be fully informed on matters of public interest. It could be abused to cover up information on corruption and misuse of public resources and to criminalise whistle-blowers who try to expose crime and corruption.’

Miskien is die regering se oorweldigende in-stem van hierdie ‘bill’ ‘n bedekte seen?

Miskien sal dit die laaste strooi wees wat ons almal sal laat sien, verby die geykte wit/swart-verdelings wat nog in baie opsigte in ons land die bo-toon voer.

Is, ja!

Die ANC is swart.

Die DA en AWB is wit.

Die oud model C skool is wit.

Die township skool is swart.

Die privaat hospitaal is wit.

Dora Nginza en Livingstone is swart.

Greenacres is swart.

Walmer Park is wit.

Sjoe!

Hoe arm is ons vanuit ons geskiedenis.

In Amerika ‘occupy’ wit en swart en geleerd en ongeskoold en werkoos en werkend saam die strate van hulle stede.

Op grond van waardes.

Op grond van dit wat hulle gemeenskaplik waardeer.

Ek hoop die ‘swart’ van hierdie dag dra in hom hierdie goue rant.

Dat ek en jy en almal soos en almal met wie ons hierdie land deel ‘n tree verder sal gee. ‘n Tree verby ons belaglike rasigheid en aandrang op ras-gedefinieerde identiteit na identiteit in dit waaraan ons waarde heg.

Ek hoop dat ons soos Walter Sisulu en Nelson Mandela en Govan Mbeki en Steve Biko die moed sal he om na vore te tree en in hierdie nuwe gemeenskaplikheid ‘n nuwe manier sal vind.

‘n Manier wat werklik anders is.

Anders as die tiranie van demokrasie waaraan ons vandag weer onderwerp is.

Weer.

Van ‘n ander kant.

Ek hoop dat ons ons eie manier sal vind.

‘n Manier wat dalk ook aan die okkuperende Amerikaners en die bankrot Grieke ‘n stukkie hoop sal bring.

Of dalk is ek maar net ‘n dromer.

Wat netsoos Nelson Mandela, vandag, eendag teleurgesteld in my rolstoel sal sit en wonder.

2 responses

  1. Grootendeels – hierdie skrywe laat trane in my oe verskyn en is ek ook eerder ‘n dromer as ‘n ontnugterde siel wat sit met pessimisme in my hart – die dat ons besluit het om terug te kom en deel te wees van die verandering – beslis en doelgerig kan ons ‘n verskil maak – so hou aan droom en leef die droom uit.

  2. in my opinie probeer die regering hier ons as nasie se vryheid inperk omdat hulle nie werklik weet wat vryheid is nie, ‘n mens ken nie waarlik vryheid as jy nie in verhouding met hom is., maar dan word ek weer herinner met ‘n wrang smakk in my mond, baie kerke is ook nie vry nie, Vir hulle is Christenskap reels en regulasies. moets en moenies en weet jy wat, ek glo hoe vryer ons kerke word hoe vryer gaan ons volk en nasie word

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s