gebrekkig

Ek gesels vanmore met ‘n groep mans oor ontbyt.

As jy die spreker by ‘n geleentheid is impliseer dit dat jy iets het om te se.

Ek het baie om te se.

Ek is nie so seker dat wat ek het om te se noodwendig vir almal waardevol sal wees nie.

My gehoor vanmore is getroude mans. Ouens van so 30 of 40, met vrouens & kinders & werk.

Seker die helfte van hulle is Afrikaans soos ek.

My praatjie is in Engels.

Oor die naweek, toe ek bietjie kans kry om te dink oor wat ek het om te se vir ‘n groep mans wat so omtrent my ouderdom is, besluit ek om terug te gryp na my boek.

seven CITIES.

Die boek het in my engelse blog begin. Gegroei. En uit eindelik op amazon te voorskyn gekom.

Hoofstuk 5 praat oor ‘pauCITY’.

‘n Gebrek aan iets.

Of ‘n gebrekkigheid.

Ek het die eerste keer kennis gemaak met die woord ‘pauCITY’ toe ek lees van Sir Ernest Shackleton wat gekla het oor die ‘paucity’ van skeeps biblioteke.

Klaarblyklik was Shackleton ‘n kranige leser. Hy was ook ‘n ontdekker en met die otndek saam het hy heelwat tyd op skepe deurgebring. En heelwat tyd geahd om te lees. En dit klink vir my die biblioteke op die skepe het maar ‘n gebrekkige hoeveelheid boeke gehad.

‘pauCITY’

Die eerste keer toe ek my vasgeloop het teen ‘pauCITY’ was toe ek die dag met my stowwerige Venture stilhou voor ons Kalahari-huis.

Ons het van Bloemfontein af die ses ure reis aangepak. Zuko was daar om ons eersteling te kraam. Ons het ‘n week in die rosestad deurgebring en toe dokters te vrede is dat sy en karnallie gesond genoeg is om die pad huistoe aan te pak, toe maak ons so.

Die laat-middag gaan le Zuko.

En ek sit met Karnallie op my skoot.

16 Februarie 2000.

En ek besef, ek is nie genoeg om die mannetjie se Pa te wees nie.

Ek moes daai gevoel oorkom het.

In tussen het Wilhelmiena en Sophia ook hulle opwagting gemaak en op veertig is Zuko twintig weke swanger met ‘n laatlam.

Miskien het ek nie die gevoel oorkom nie.

Miskien het ek die besef omarm.

En wat ek vanmore wonder, terwyl ek regmaak om met die manne oor ontbyt te gaan praat, is iets wat wyer betrekking het.

Met die manne gaan ek gesels oor ons persoonlikke gebrekkigheid.

En dat dit nie saak maak nie.

Dat dit beter is om dit te sien.

En dit te omarm.

Want dit maak die deur oop.

Die deur na ‘compliCITY’ (hoofstuk 6 in seven CITIES).

Dit stel ons instaat om oop genoeg te wees om ‘saam’ iets te doen.

Om ander in te nooi in ons lewe.

Dis ‘n eerliker manier.

Eerliker oor wie ek is.

Eerliker oor my te kort kominge.

Eerliker oor my beperkinge.

Eerliker oor wat ek kan.

Eerliker, ook, oor wat ek het.

Gedoen het.

Gemaak het.

Gerealiseer het.

Eerliker oor waarvan ek deel was.

En eerlikheid bring altyd intimiteit.

Dit bring nader.

En ek wonder of dit nie deel van die Afrikaner-psige is nie?

Dat ons dalk nie eerlik is oor ons eie gebrekkigheid nie?

Dat ons dalk, soos ek groot gemaak is in my eie Afrikaner huis, dink ons moet sterk wees om aanvaarbaar te wees.

Dis mos die stewige fondament wat bly staan in die storm.

Die gewortelde boom wat die wind weerstaan.

En erkenning van gebrekkigheid spreek van swakkeling wees.

Miskien …

Miskien het ons nodig om te erken dat ons meegesleur was in die geskiedenis?

Dat ons net soveel slagoffers is van Britse Kolonialisme?

Dat as ons kon teruggaan en oor doen, dat ons dalk anders sou doen?

Maar dit vat baie.

Om my gebrekkigheid te sien.

En te erken.

In my eie lewe was dit medisyne.

Want ek is in al my gebrekkigheid om arm deur Zuko en Karnallie en ons dogtertjies.

En ek kon hulle om arm in hulle gebrekkigheid.

Met die verwagting van volmaaktheid by die venster uit, is die lewe gemakliker.

Miskien sal ons gemakliker wees, as ons en-masse hierdie gebrekkigheid kan om arm.

Eerder as die engelse aartappel boer se oproep tot bekering.

Om beter te doen.

Om reg te doen.

Om moreel te wees.

Miskien is ons nie ‘magtige mans’ nie.

Interesant dat die aartappel boer se oproep soveel aanklank vind by afrikaanse mans.

Dalk het dit te doen met ons dryf om ‘magtig’ te wees.

Ek is nie ‘n ‘magtige man’ nie.

Ek is gebrekkig.

En die DNA waaruit ek kom is gebrekkig.

En die geskiedenis van my erfenis is gebrekkig.

En my vermoe, om man te wees vir Zuko en Pa te wees vir die Pienaar-stam, dit is uiters gebrekkig.

En in my erken hiervan kom my nuwe vermoe.

Want nou kan ek om verskoning vra.

En weer probeer.

En vergewe.

Sonder skroom.

En saam kan ons opweg wees.

En saam kan ons ons pad vind.

Ek kan nie namens jou praat nie.

Net namens myself.

Vir my is daar vryheid en genesing in raak sien dat ek gebrekkig is.

En ons.

4 responses

  1. Ja, ons eie gebrekkigheid maak ons des te meer uniek, ne?! Meet ouderdom raak gebrekkigheid ‘n eina wat mens oral voorgooi!! Foute, keuses, reaksies …….. Afterall, ons moet seker die mensliheid ook konsidireer!!!! Nie ‘n goeie dag/oggend om te contemplate nie ………… liewer renosterjassie aantrek en voorstrompel!!!!!!! Mooi, mooi, mooi!!!!

  2. DANKIE dat jy so gewillig is om dit met ons te deel en jy is reg as Afrikaners is ons geleer jy huil nie, gesien mar nie gehoor nie, wees sterk….maar ons almal weet tog dat God ons gemaak het om mens te wees…awesome om te weet dis ok om nie perfek te wees nie wanneer die wereld se dinge te verwag. Groetnes A

  3. Ja, Theunis, as ons maar net kan erken dat ons nie volmaak is nie…dan gaan daar heelwat minder seerkry in hierdie ou wereldjie van ons wees??…Dankie vir hierdie besondere stuk skryfwerk! Dis eg – sonder gekompliseerde intellektualisering…!

  4. Ons is almal gebrekkig, Sommige van ons fisies, ander weer geestelik, Geheim is om dit raak te sien en te omarm en ten spyte van ons gebrek kan ons steeds volheid leef, volheid wees en volheid groei. Alles hang af van Keuse.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s