‘n diepe behoefte

Zuko lees my vorige bydra & se: ‘Dis jammer & baie hartseer. Ek mis ‘n dood goeie, eeu oue, ordentlike tradisie. dis stupid, ek weet, maar ek het ‘n diepe behoedte daaraan.’

Tradisie gee die lewe ritme.

Tradisie laat ons voel ons is deel van iets groter.

Tradisie skep die indruk dat ons waarde het, weier as onsself en ons eie stukkie lewe.

Tradisie onderwerp.

Die Afrikaner se lewe was altyd volgemaak met tradisie.

Daar was die weeklikse ritueel van Sondag.

Opstaan.

Formeel aantrek.

Kerk toe gaan.

Huis toe kom.

Sondag middagete saam met die uitgebreide familie.

Oupa en Ouma.

Ooms en Tannies

Niggies en Nefies.

Skaapboud, gebraaide hoender.

Tafels wat kreun.

Die mans in die sitkamer.

Die vrouens in die kombuis.

Die kinders op die grasperk.

Stories wat vertel word. Gebeurtenisse wat bespreek word.

Teen vier uur vanmiddag word koffie bedien.

Miskien met ‘n koeksister of hertzoggie.

En dan gaan ons die week tegemoet.

Volgende week is ons by Oupa se huis.

Die week daarna by Oom Willem.

Ritme.

Waarde.

Ek is deel van iets groter.

Ek is nie alleen nie.

Geloftedag.

Kersfees.

Paasfees.

Vrydagaand se vuur aansteek.

‘Oom’ en ‘Tannie’ se.

Tok-tokkie speel.

Baie van hierdie tradisie het verdwyn.

Op ‘n Sondagoggend sien ek karre ry, maar die insittendes is in demins en t-hemde.

Die bestemming is ‘n ‘movie’ en daarna ‘lunch’ by die Spur of die Wimpy.

Teen twee uur is hulle byd ie huis, die kinders doen huiswerk, Ma die laaste stukkie werk wat sy huistoe gebring het en Pa kyk bietjie sport op TV.

Dis net die gesin.

Pa, Ma en twee kinders.

Vrydagaand het die ‘baby-sitter’ die kinders opgepas terwyl Pa en Ma ‘n bietjie gaan jol het. Hulle het gedans soos ‘teenagers’ op Ray & Kurt se ritme. Saterdagoggend was die hoofpyn daar. Pa is met sy stokke na sy vriende. Boetie is na ‘n maatjie, hy slaap oor. Sus speel Wii of sims.

Paasfees is kans om St Francis toe te gaan.

Kersfees is ‘n pyn. Drie gesinne wat ongemaklik bymekaar kom. Geskenke deel. Eet. En dan laat spaander.

Tradisie.

Die groter geheel.

Ek is deel van iets.

Dit is ons wat ons kinders tradisie leer.

Ons ouers wat ons dit leer.

Hulle ouers wat hulle dit leer.

Miskien het ‘tradisie’ weggespoel omdat ons ouers of hulle ouers nie regtig waarde daaraan geheg het nie?

Omdat dit hulle herhinner het aan ‘n eenvoudiger tyd.

‘n Armer tyd.

Van min he en baie deel.

En toe die kunsmatige welvaart van Koning-wees die gedagte skoonvee van die arm-blanke tyd, toe beweeg hulle aan.

En hier sit ons.

Die produkte van westerse individualisme.

Van welvaart onbeskryflik groot.

Van bymekaar maak en oes.

En weer verloor.

En niks he nie.

Daar is baie wat Afrikaans praat.

In die myne het hulle ook ‘n taal aanmekaar geflans om oor die weg te kom met ‘n dosyn verskillende tale.

Fanagalo, dink ek noem hulle dit.

Ek het nog nooit ‘n Fanagalo ontmoet nie.

Daar is nie so iets nie.

Skies my Zuko – as jy begeerte het aan ‘tradisie’, dan sal ons dit self moet skep.

Daai ritme.

Kersfees op die plaas in die Winterberge.

Paasfees op die Kromme.

Sondag om ons ou kombuis tafel, gesprek oor lewe en God en vryheid.

Vrydagaand pasta-maak saam met vriende.

Backgammon op ‘n reenerige dag.

Perdry as die son weer skyn.

Ek weet nie of ons deel is van iets groter nie.

Dit lyk maar baie na elke man vir homself.

Maar ons is gesin.

En ons gesin kan dalk familie word.

En ons familie, teen die tyd wanneer ek en jy lankal onder die kluite is, weer stam, met Theunsie aan die hoof en gesinne wat saam-kom en mekaar bemoedig en die lewe deel.

Dink net Theunsie en sy 4 kinders met hulle gesinne. En so ook Pippa en Soffie en Little Lump.

17 gesinne met ‘n swerm kinders.

Sondag bymekaar.

34 groot mense.

60 kinders.

‘Ons is deel van iets groter as onsself.’

‘Ons is omring deur andere wat ons liefhet en by ons in-haak.’

Hoekom ken ons dit nie.

Wie was hoof van hierdie stam?

Dit sal wees.

Weer.

Iewers.

As ons nou in hierdie tyd genade leer.

En liefde.

Vryheid.

En onvoorwaardelikheid.

One response

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s